Net 'n kort inskrywing vanoggend so op die vooraand van die naweek, ek gaan al weer 'n dol naweek he, no rest for the restless!
Vanaand is die Molbergfees hier by ons in Springs, as jy nie kaartjies het nie, daar gaan by die hek beskikbaar wees se die organiseerders, ek is seremoniemeester so kom se hallo!
Gisteraand gou na Steve se blog gaan loer, lyk my hy is moerig vir die wereld en nog 'n paar ander wesens ook, wat's fout ou?
Ek kan verstaan dat hy sekerlik nie die beste van tye het op die oomblik nie met sy bestuurder se mannewales nie maar regtig, wat te erg is is te erg, relax bietjie op die Godsdiens issue, ek het lankal vrede gemaak met Steve se Godsdiensoortuigings en slim debatte oor die onderwerp, maar moenie dit in jou aanhangers se kele af forseer nie, nee man!
Genadiglik vir my en die Stormers se ander twee aanhangers is die Super 14 iets van die verlede hierdie naweek, ek hoop volgende jaar is beter....
Nou ja dis al waarvoor daar vanoggend tyd is, sal weer more skryf en foto's van die Molbergfees he.
Cheers
Wimpie
Friday, May 4, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment