Sunday, May 6, 2007

Lewendige musiek vir 'n nice verandering


Ek moet erken ek is bietjie uit voeling met wat cool is sover dit die jonger mense aanbetref, hulle is gatvol vir 'n ou wat daar op 'n verhoog kom staan en 'n klomp drek teen 118 beats per minuut kom sing...
Lyk my lewendige musiek met lewendige instrumente en bands is besig om 'n comebact te maak en daarvoor is ek baie dankbaar, toema daar is seker nog 'n mark vir Steve en die backpackers(trackers) maar die nuwe generasie jongmense gaan dit verander.
Die Molbergfees was seker nie finansieel vir die organiseerders 'n klinkende oorwinning nie, maar ek hou daarvan dat die kinders elke liedjie in afrikaans! ken en byna woord vir woord saamsing, en natuurlik die live ding, ban die backtrackers!..
Ek was impressed met Karen Ferreira, baie verhoogpersoonlikheid en sy kan sing, verloor net so 'n paar kilo's hier agter rond en jy behoort in besigheid te wees.
Ek ken vir Rudi Muller goed en weet hoe gatvol hy is vir backtracks en dat hy 'n band soek, DOEN DIT RUDI die beste van jou set was die twee live songs met die band!
DJ Ossewa....wat 'n verassing, hulle is great, nice songs, dis live en hulle is flippen snaaks, dankie manne ek het lekker saam jule gekuier, hulle drummer is baie cool, hy het van my nuwe haarstyl gehou!
Die beste van die aand was sonder twyfel Joe F en sy band....manne julle rock, julle gaan dit nog groot maak hier in ons land as daar enige justice in die wereld is, die talent wat Joe en sy band het en die vrskillende vertolkings van verskillende genres wat hulle regkry is net amazing!!

En dan was daar Snotkop, dat die kiddies hulle like is verseker, dat hulle rock is ook so, hulle is bietjie loud vir my 39 jarige ore, maar great vir hulle mark.
Great fees gewees was nice sien uit na volgende jaar dankie almal wat gereel het ek het dit geniet was nice om MC te wees, Dankie!
Niks om te se oor die rugby nie, niemand gaan die Bulls keer nie, 'n eerste titel wing vir die manne in blou, twee spanne in die halfeind, albei speel tuis, my donner hier kom 'n ding, Pretoria het Saterdagaand soos Smurfland gelyk met al die blou aangetrekte annetjies, well done julle verdien dit, sal later in die week meer te se he oor die Super 14.


So lyk klein Wian van der Sandt, toekomstige motorfiets kampioen....
Sal weer vanaand bietjie skryf
Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

wimpie
ek was vrydagaand by die show wil net vir jou se jou hare lyk supercool, jy is sexy verby!

Anonymous said...

wian rossi like father like like son jy is great dad vir die mense wat anders dink bou n ramp en vlieg in julle moer geskryf nm wian van der sandt

Anonymous said...

Hallo jou sexy ding
dankie vir vrydagaand, dit was great, jy was great.
ekke

Anonymous said...

Hi Wimpie,
Ja die na-week het baie opwinding afgelewer met die Blou Bul Wen!!!!!

Het jy al ooit so mooi wedstreid gesien?

Lekker week vir jou en geniet jou seun hy is net eenkeer so klein!

Groette
Spookie

Anonymous said...

Jou seun is ultra cool... wil net weet hoe lyk dit met n foto van jou ander seun wat so goed rugby speel?