Nice fees gewees net jammer daar was omtrent geen mense nie, ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit begin vir my lyk of ons Afrikaanse kunstenaars nou besig is om dit reg te kry om hierdie tipe feeste te breek.
Laat my verduidelik, kunstenaars vra belaglike pryse vir tweederangse karaoke vertonings, kom ons vat gisteraand se line-up, Arno Jordaan, Shine 4 en Nicholis Louw, niks onder R55 000, sit die verhoog en die klank by en jy het 'n R80 000 se karaoke konsert, wat almal al tot vervelens toe gesien en gehoor het, jy kan net sowel die CD lekker hard by die huis op jou Hi-Fi speel!
Ek is jammer maar ek vang dit nie, daar was skaars 'n duisend mense teen R50 'n kop maak die organiseerders 'n hengse verlies en dan het ek nog nie die ander kostes uitgewerk nie.
Wanneer 'n kunstenaar begin R40 000 vir 'n show vra moet hy darem wragtig meer as 'n backtrack en 'n windgat klankingenieur saambring!
Dan is daar kunstenaars wat R120 000 vir 'n show vra en wragtig nie 'n band kan huur nie!
As ek weer 'n show doen, huur ek eers die band en laat hulle live speel vir elke kunstenaar....ek wonder watter kunstenaar sal dan nog wil sing, jy sien jy sal nie dan kan mime nie ou swaer!
eK WEET MEESTE VAN HIERDIE SHOWS HET BORGE WAT DIE MEESTE VAN DIE KOSTES DRA MAAR DIE BORGE GAAN OOK EEN VAN DIE DAE GATVOL RAAK om shows te borg waar daar omtrent geen mense na gaan kyk nie.
Ek sal graag 'n Robbie Williams show oorsee wil gaan kyk waar hy met 'n videoskerm en backtrack sy ding doen, en moenie vir my se jy kan dit nie met Suid-Afrika vergelyk nie, natuurlik kan jy wat is die verskil, dis hoekom mense al minder na sulke shows toe gaan, dit raak boring!
Die beste van die show was hierdie fireworks op die einde.

Anyway die show was okay maar dit begin my net irriteer dat daar hierdie moerse mooi massive stage en ligte is en 'n ou wat saamsing met die CD.
Kry dan ten minste 'n kleiner verhoog dan sal dit nie heeltemal so af lyk nie...
Komaan julle Afrikaanse kunstenaars begin die mense waarde vir geld gee dan sal hulle weer kom kyk, as jy jou sout werd is kry 'n band, ek dink dis tyd vir 'n nuwe Afrikaanse Musiek beweging.........en wag vir dit, die res van die wereld doen dit ook....LEWENDIGE MUSIEK! Daar's nou vir jou 'n nuwe ding ne.
Kon darem die tweede helfte van die rugby sien, ek hoor Luke Watson was toe nie die beste eerste blanke BEE speler in die wereld nie, maar ek is bly om te sien die beste losvoorspeler in die wereld is darem weer besig om sy stem dik te maak...welkom terug Bobby Skinstad.

Ek bly ongelukkig in Springs en partykeer moet ek se ongelukkig want mens kry maar snaakse mense hier, jy kry seker snaakse mense op ander plekke ook maar ek dink daar is meer van hulle hier, toe ons hier inry is daar hierdie ou met sy beemer , let op die fur in die venster, en by elke verkeerslig moet hy wegtrek dat die rook so staan, ja soos my pel se, Springs se fast and hillarious!
Julle sal sien ek het die blog so bietjie verander en die verjaarsdag ding afgehaal aangesien ek die naweek besluit het ouderdom is 'n relatiewe begrip en ek nog lank nie so oud voel nie!
Julle sal ook sien ek het so ses musiekvideos gelaai aan die kant, as daar 'n video is waarvan jy hou laat weet my op my comments en dan kan ek dit vir jou laai en dan kan ons miskien elke week so 'n top 10 he waarvoor julle stem?
Die oorweldigende reaksie was toe dat 90% van julle gese het die doodstraf moet terugkom, vandag se peiling, dink jy Afrikaanse karaoke oops sorry, shows raak vervelig?
Dankie vir julle nice comments:
Christi....vas byt ou maat ek hoor wat jy se.
Anne Marie.... Dankie vir die mooi woorde, ek stem ek het niemand die reg gegee om in te meng in my lewe nie.
Johannes_11.... ek het daai boek gaan soek, the end of the church age, maar kon dit nie kry nie, sal maar gaan bestel.
Ina....ja ek moes lankal iets gese het, is bly ek het.
boerinballingskap....sal laat weet wanneer, hopelik binne 'n paar weke, en jy was reg oor die bottel Jack by the way!
Later
Wimpie
31 comments:
Wimpie, thanx jyt n smile op my gesig gesit! hoop nie daars karaoke by die klipdrift show nie... wil graag gaan en se dat dit die show vannie jaar is. geniet jul dag veder, en wat oor is van die naweek. Christi
Wimpie
Dankie vir goeie Afrikaanse luister genot elke oggend en hoewel ek nie altyd met alles saamstem nie is daar baie waarmee ek wel saamstem. Tog mense, opinies ens. verskil en dis wat elk van ons uniek maak. Nou hoor ek die advertensie op ORS van die 15-jarige wat van opvoeding ontneem word a.g.v. 'n werkgewer, wat dan nou van 1000'e kinders wat deur die stakings ontneem word van opvoeding. Dis maar net 'n gedagte/vraag wat ek vra. Hou aan met jou veldtog vir Afrikaans en teen 94.7 en die kunstenaars wat daar optree. Lees die Rapport vandag, en aanvaar nie 94.7 se verduidelikings nie.
Groetnis en dankie.
Marcél
Wimseun,jou blog lyk baie goed en baie geluk met 2 de posisie op S.A top sites.Met verwysing na die posting wat jy geplaas het oor die ou met die beemer,jy kan "grond koop maar nie agtergrond nie"Dis sulke ouens wat ons dorp se naam bad maak.Ek hou van die moerasgras op die dashboard.Keep up the good work seun-mooi bly Gerhard
sjoe, maar jy's venyning teenoor onse nasie se sangertjies...
As ek een van jou ekse was het ek defnitief met my kar oor jou gery.. jy wou die comment ding begin.Vat dit soos dit kom en los die mooie meisies uit.dink hulle comments is noggals pittig. Laat mens lag. Beter as al die ander ou droe comments op jou blog
Walt Verster
WAT DE #@@##$% IS N TOTTER
Wel nou ja as een van jou ekse wat wel een of twee comments al op jou blog gelewer het.Wil ek vir al die ander ekse se los die ou klakous tog uit.Hy kan nie die druk hanteer nie. Vir jou wimpels wil ek net se jy het duidelik dubbel standaarde, een oomlik prys jy ons en die volgende word ons uitgemaak as liegbekke. Ek praat nou namens my en net my.... Ek sal nie eens meer jou blog lees nie. A
jy gaan my beslis nie afskrik ni
Wimpie
As jy belangstel kan ek solank die boek vir jou e-mail ... my e-mail adres is .. johnothetbaptist@yahoo.com
terwyl jy wag op jou kopie wat jy bestel het...?
Laatweet maar...?
OK moet bieg ek is ook een v jou ekse.. een v korte duur meer seker net n one night stand of iets, ek het nou probeer terug gaan sover ek kon en al die comments gelees. Kan nerens optel dat enige van ons iets kwyt geraak het oor dinge wat ons saam jou gedoen het nie.Laaste wat jy v my hoor. SORRY
okay shoe....watse tipe girl erken sy was maar net 'n one night stand, dink in alle geval nie daar was veel van hulle in my lewe nie.....maar helaas so gaan dit maar, dankie vir die comments, ek geniet dit baie.
Walt Verster of Vorster?
Dandie Marcel ek ook nie, 'n totter is iemand met moerasgras op sy dashboard en genoeg geld vir bande elke tweede week.
Johan Swarts...hulle verdien dit, dink jy nie?
Johannes jou email adres werk nie, sal bly wees as jy vir my kan mail
Het die boek vir jou ge-email.. na
wimpie@ors.org.za hoop dis die regte adres..?
Geniet.
Wat gaan aan met vandag se vroumense. Hoe erken jy jy was iemand se eks en is trots daarop. EKS beteken net dit. oor , verby, klaar. Skeur af , plak toe, kry n lewe. Het julle nie n lewe na wimpie nie.ek het.Danksy wimpie. Ek lees so nou en dan wat hier aangaan en wil my doodlag.
Het per abuis in een van die vrouens( glo nie jy hang meer met meisies uit nie ) vasgeloop n paar weke gelede by die Rugby klub. soos ek verstaan het julle ook n paar jaar gelede n verhouding gehad. Ek vra haar toe hoe dit met jou gaan en ons gesprek gaan toe na jou blog toe. Sy se toe ook dat dit n goeie idee is maar dat jy baie diep indrukke op party vrouens (of eerder die jong meisies in jou lewe moes maak) Al waaroor die meisies praat is jy. dit daar gelaat ek dstem volkome met jou saam die kunstenaars is heeltemal belaglik.
GERRIT
W A L T V E R S T E R Lekker met jou gekuier toe mens nog by login kon kuier.
Hi Wimpie
Ek was ook by die fees gewees, het Eugene hulle gesien, jou gemis. Great fees gewees
Gaan daar Woesdag weer probleme by ons skole wees
Wimpie, lyk my jou verlede loop op jou spoor... :)
Wil net vir jou bietjie waarsku om nie vir Johannes aanleiding te gee nie. Gaan lees bietjie sy comments op al die ander blogs...
Binnekort gaan jy sien hoe al die afrikaanse skole se ouers gaan opstaan teen die regering, my klein kinders was in n toestand gewees vrydag by die skool
Hallo Liefieding
Het jy gesien volgens actual weather.com gaan dit by ons sneeu more aand 8uur... dis as dit reg is want volgens hulle is springs in oos kaap.. kyk bietjie
Kan julle nog onthou toe dit die laaste keer in Springs gesneeu het, September 1981.. Sal dit nooit vergeet nie
weet nie waar hierdie hele staak besigheid gaan eindig nie. Kom nou van die hof af het met Mev prinsloo gaan chat. Dis belaglik wat daar aan die gang is, nie een hof sit nie en hulle word gedwing om te staak, bo en behalwe dit hoor ek op die nuus hulle gaan die privaat skole ook dwing om te staak.
Groete en mooi bly
Peter Rademeyer
Mens is half te bang om jou kinders skool toe te stuur.
Jou kind se lewe is immers meer werd as n week se opvoeding
Susan Els
Haai Wimpie
Lyk my almal kry koud en werk nie, die comments hou net aan an aan en aan, dis great. Kan al half nie wag om op die site te kom in die middag en als te lees nie.
Hoveel exe het jy? Wens ek was jy
Donnavan
wimpie - nie juis nie, nee. ek verstaan presies hoekom jy hulle kritiseer, maar dis vir my so half soos om downsindroom kindertjies te kritiseer omdat hulle nie 'n paganini se caprice kan speel nie ;)
ek reken dis 'n geval van live and let live.
vir al die naamlose mense wat saam my giggel oor al my sogenaamde eks girls, ek giggel ook, miskien moet hulle, hulle name bekend maak want ek dink nie een van hulle bestaan regtig nie, so ek daag jou uit maak jou naam bekend, die eerste een wat dit doen wen 'n actual date met my...hoe's daai!
Pieter... ja dis scary ne, ek wonder of hulle 'n refund gaan gee op skoolfonds vir die tyd wat die staking duur?
Donnovan....lees my nuwe inskrywing, soos ek altyd se, ek wens ek het die lewe wat ander mense dink ek het..
Johan Swarts...goed gestel, jy klink vir my soos 'n regte muso....is jy?
Boerinballingskap
Die Bybel verklaar dat die kerke en kerkstrukture tans deur Satan regeer word... en dat die helhond (Satan) homself tans voordoen as God, en dat alle kerkgangers hom tans salig onbewus aanbid, sal jou "voorspraak" om wimpie te keer om die boek "The End of the Church Age and After" te lees op dowe ore val. Jy het geen kans om die werk van God te keer nie.
(2Th 2:3 en 4) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Die groot afvalligheid het plaasgevind deur die feit dat God hierdie kerkstrukture "uitgespuug" het... en die seun van die verderf (Satan) tans in die kerke sit en deur sy gesante die "ministers of righteousness" sy doel probeer bereik... naamlik om te poog om die "ware kerk"(wat hulle nou toenemend buite die kerke bevind) te probeer vernietig...
Maar sy dag is naby... die jaar 2011 lyk na die moontlike jaar...?
sorry ek wou nog my naam tik toe druk ek enter
johannes coetzee
ek is inderdaad :)
Post a Comment