Twee goed het gebeur met hierdie blog wat ek nie verwag en of voorbereid op was nie, een is die geweldige werk wat daarin gaan om dit net eers 'n bietjie suksesvol te maak, en tweedens het ek besef hoe klein die wereld is.
Ek het gisteraand deur julle comments gelees, al 168 van hulle, en die gevoel wat ek kry is dat mense bang is ek kry dalk seer of iets dergliks....
Kom ek julle gerus stel, een van die bloggers het dit die beste gestel deur te se, toe ek hierdie blog begin het moes ek geweet het waarvoor ek my inlaat, en ek het het, so as jy kritiek wil lewer moet ek dit kan vat, net soos wanneer ek dit uitdeel en as ek so na julle luister kan ek die blykbaar lekker uitdeel!
Ek is bly as so baie mense hier kuier, dis vir my lekker, somtyds glimlag ek net, en partykeer kan ek aan die manier wat jy skryf 'n gesig by die comment plaas, julle sal verbaas wees oor hoeveel van julle naamlose postings ek herken!
Anyway, doen so voort, as jy rerig iets oor my persoonlike lewe wil weet, vra, ek sal antwoord, ek belowe!
Op 'n ander noot, vandag is 'n geskiedkundige een vir Oos Rand Stereo, ons saai nou op die Internet uit en jy kan nou lewendig na ons luister, die link is baie maklik, gaan na 939.co.za en kliek op listen of http://ers-939.netdynamix.co.za/ copy net dit in jou browser, ek sit 'n link op aan die linkerkant van my blog net onder die meningspeiling dan hoef jy net daar te kliek.
Hier is die programskedule:
Program / Programme:
Monday / Maandag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Kennith Copeland Morning Devotion
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 09:00 Breakfast Show / Ontbytprogram
09:00 - 12:00 Morning Show
12:00 - 13:00 Music / Musiek
13:00 - 14:00 News Hour
14:00 - 15:00 Vra Vir
15:00 - 16:00 Music / Musiek
16:00 - 18:00 Rendezvous
18:00 - 19:00 Sport Show
19:00 - 21:00 Gospel Gold
21:00 - 23:00 Late Night Music
23:00 - 24:00 Afrikaanse Treffers (Repeat)
Tuesday / Dinsdag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Kennith Copeland Morning Devotion
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 09:00 Breakfast Show / Ontbytprogram
09:00 - 12:00 Morning Show
12:00 - 13:00 Music / Musiek
13:00 - 14:00 News Hour
14:00 - 15:00 Vra Vir
15:00 - 16:00 Music / Musiek
16:00 - 18:00 Rendezvous
18:00 - 19:00 Be An Angel / Wees ‘n Engel
19:00 - 20:00 Bybel Vasvrae
20:00 - 21:00 Tuesday Service
21:00 - 23:00 Teen Latensuur
23:00 - 24:00 Star Of The Week / Ster Van Die Week (Repeat)
Wednesday / Woensdag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Kennith Copeland Morning Devotion
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 09:00 Breakfast Show / Ontbytprogram
09:00 - 12:00 Morning Show
12:00 - 13:00 Music / Musiek
13:00 - 14:00 News Hour
14:00 - 15:00 Vra Vir
15:00 - 16:00 Music / Musiek
16:00 - 18:00 Rendezvous
18:00 - 19:00 Skole Nuus
19:00 - 21:00 Siel Tot Siel
21:00 - 23:00 Farmhouse Inn
23:00 - 24:00 Music / Musiek
Thursday / Donderdag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Kennith Copeland Morning Devotion
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 09:00 Breakfast Show / Ontbytprogram
09:00 - 12:00 Morning Show
12:00 - 13:00 Music / Musiek
13:00 - 14:00 News Hour
14:00 - 15:00 Vra Vir
15:00 - 16:00 Music / Musiek
16:00 - 18:00 Rendezvous
18:00 - 19:00 Star Of The Week / Ster Van Die Week
19:00 - 20:00 Woord en Lewe
20:00 - 21:00 Gospel Music
21:00 - 23:00 Country Bonanza
23:00 - 24:00 Music / Musiek
Friday / Vrydag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Kennith Copeland Morning Devotion
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 09:00 Breakfast Show / Ontbytprogram
09:00 - 12:00 Morning Show
12:00 - 13:00 Music / Musiek
13:00 - 14:00 News Hour
14:00 - 15:00 Vra Vir
15:00 - 16:00 Music / Musiek
16:00 - 18:00 Rendezvous
18:00 - 19:00 Boeremusiek
19:00 - 22:00 Vrydagaandversoeke
22:00 - 24:00 Music / Musiek
Saturday / Saterdag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Gospel Music / Christelike Musiek
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 10:00 Ontbytjolyt
10:00 - 12:00 10 To 12 Show / 10 Tot 12 Program
12:00 - 13:00 Afrikaanse Treffers
13:00 - 17:00 Sport Show / Sport Program
17:00 - 19:00 Top 20
19:00 - 21:00 Wacky Show
21:00 - 23:00 Music / Musiek
23:00 - 24:00 Music / Musiek
Sunday / Sondag
00:00 - 05:00 Music / Musiek
05:00 - 05:30 Gospel Music / Christelike Musiek
05:30 - 06:00 Morning Devotion / Oggend Godsdiens
06:00 - 08:00 Sunday Breakfast Show / Sondag Ontbyt Program
08:00 - 09:00 Collage
09:00 - 10:00 Sunday Morning Service
10:00 - 11:00 Classical Music / Klassieke Musiek
11:00 - 11:30 Jesus Roep die Kindertjies
11:30 - 13:00 Sunday Request / Sondagversoeke
13:00 - 15:00 Music / Musiek
15:00 - 16:00 Golden Oldies / Goue Oues
16:00 - 17:00 Silwer Serenade
17:00 - 18:00 Kruispunt
18:00 - 19:00 Sunday Night Service / Sondag Aand Diens
19:00 - 23:00 Sunday Requests
23:00 – 24:00 Music / Musiek
Jy kan na die uwe luister elke oggend, Maandag tot Vrydag 6-9vm.
Jammer al die bloggers kon nie gisteraand bymekaar kom nie, die kragstasie in Boksburg het opgeblaas en Firkin was toe...
Ek sal maar wag dat al julle bloggers iets reel en dan sal ek die comments lees en daar wees, so gaan aan reel en ek sal julle daar sien! En nee dit gaan nie vir koffie wees nie, of rooi wyn nie, ons wil nie ou Steve na-aap nie!
Kannie wag vir vandag se comments nie, amper soos 'n chatroom, heeltemal verslawend.
Later
Wimpie
Ps.My diepste en innige meegevoel aan die familie van oom Piet (Jack) Webb wat gister oorlede is sommer net skielik, die tweede keer in minder as twee weke word ek met die dood gekonfronteer....
Wednesday, June 13, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
250 comments:
1 – 200 of 250 Newer› Newest»Goeiemore.
Waar is al die bloggers nou?? Slaap jul nog
So Wimps wie is dan die lucky girl in jou lewe of het jy weer met een van jou ekse opgehook?
Hi daar,
Sommer net bly om te weet ek kan nou na julle luister, want ons werk hier in 'n gat in Witpoort en ons radio vang niks op nie, by die huis luister ek net na julle. Jy moes al lankal daaraan gedink het.
Ek's mal oor jou al se die ander wat. Gelukkig kan ons kies van wie ons hou en nie. Jy's great
lekker om so interaktief te wees... ek is bly die audiostreaming is op en julle kan na ons luister.
nee ek het nie opgehook met een van die ekse nie, sal nooit weer nie dis hoekom hulle ekse is ;-(
Nogal bly om dit te hoor wimps. Veral nie as hul in skoolkinders verander het nie
hi andrea
is monntlik was gisteraand by carnival saam met vriende gou ietsie gaan drink....umm ja was net rooi koeldrank!
Waar is al di egroot bekke van gister?
NEVER SAY NEVER WIMPIE
NEVER!!!
So Wimpie ons almal wag in spanning vir jou antwoorde
ons is almal hier, Ek dink wimpie se blog gaan die grootste chat room word. so gaan ons wimpie dan by firkens sien Donderdag aand - as die krag saamspeel???
ONTHOU DAAI WYSE WOORDE EENDAG AS ONS WEER SAAM IS AS ONS BAAAIEE OUD IS GAAN JY JOU WOORDE SLUK AS EK JOU VAN JOU ROLSTOEL AFSTAMP.
wimpie dalk het hulle grootgeword - mooi grootgeword!! Dalk sal jy verras wees om ons weer 'n 2de kans te gee?
Firkin donderdag klink na n jol.Ons is in
EK SPOT JOU NET IN ELK GEVAL. EK EN JY SAL MEKAAR VERMOOR. DAAR HET TE VEEL GEBEUR IN TUSSEN. HAHAHAH
donderdagaand klink aan, ek hardloop gou in 'n meeting in..
hehehe julle laat my lag, sal weer so 9.30 kom kyk wat julle kwytraak!
Bly o te sien julle is live
Ek ry toe al die pad Firkin toe vir NIKS. Damn ek was sooooo teleurgesteld.Marlise
Marlise, vir wat het jy gegaan, vir 'n date met wimps of om te sien hoe sy ekse lyk... want ek hoor hulle is nie so hot nie...
hahaha
Hi Wimpie,
Ek was seker dit is nie rooi koeldrank nie maar eerder na Whisky...
Shame Wimpie ek dink nie die comments was 'n rekord nie ek dink net dit is een spesifieke ex girl wat se kop nie lekker is nie. Dit kom nou daarvan om jong meisies te kies en nie die ouer meer volwasse nie want lyk my die jonges se koppe is nie reg aangeskroef nie. Jy kan sien hoe herhaal hierdie girl haarself die heeltyd in haar skryf styl maar sy gee darem haarself so elke nou en dan 'n ander naam. WORD WAKKER JOU SIEK EKS WIMPIE WIL JOU NIE Hê NIE. KRY 'N FLIPPEN LEWE.
Ek het gegaan om saam die ander bloggers te kuier. Saam my man.Nie almal van ons is agter wimpie se lyf aan nie. En vir jou informasie ek ken baie van sy ekse en glo my hulle is hot.As jy gister gelees het sou jy sien ons bloggers het MEKAAR genooi om te kuier.WORD GROOT
EK STEM, EK DINK WIMPIE HET AAN BEWEEG AANVAAR DIT NOU!!
Wat van almal klim nou van die eks girl ding af en praat oor dinge wat sin maak.
Coudn't agree with you more
Dit pla wimpie nie erg nie hy so gese vanogged.los die arme girls uit
Wimpie
Fantasies... tegnologie. Niemand sal kan aanspraakmaak dat hulle nie gehoor het nie...?
Ek ry vandag vanaf Nelspruit na die rand... en sal kyk of ek kan intune...
Sal julle dalk belangstel in gratis Audio bybelstudie materiaal van ons radio stasie...? Family Radio... as jy dalk belangstel laat weet my gerus sodat ons kan kyk wat ons kan reel...? As jy dalk belangstel kan jy solank op www.familyradio.com inskakel en luister...? Die Bybelstudies oor die Einde van die Kerk-era en oor die Eindtye is veral baie insiggewend...?
Hierdie studies sal jy natuurlik in geen kerk hoor nie...!
Sterkte vir al die WEBB,ERS
Okay Okay almal het nou gesê wat hulle wou en Wimpie het gereply, en die ekse het weer op die reply gereply ..... Daar kan ook net soveel ekse wees..... So wat bly oor om vandag oor te chat wonder ek?? Eweskielik klink alle ander alledaagse stories so boring, en lyk my hierdie sepie was van korte duur!! C
Goeiedag Mr vd Sandt,
Ek is beslis nie een van jou x'e nie maar ek is die eerste "anonymous" girl wat jou uitgedaag het gister. Ongelukkig was ek om 12:00 na 'n vergadering en het eers laat klaargekry en sou inelkgeval die "date" gemis het! My naam is Andrea', ek woon en werk in Sandton maar ek is seker ek het jou gisteraand in Carnival City gesien...... EK sien jou bloggers het 'n probleem met ons Sandton girls en se ons moet eerder na JM luister, maar jammer girls ons is ook TROTS AFRIKAANS en kan ook nou na jul Radio Stasio luister !
Is daar dalk iemand hier van Boksburg wat ons kan se hoe bad is die Krag onderbrekings?
Nounet op nuus gehoor alles lyk rustig by die skole.
Net gehoor die krag kan dalk tot vrydag oggned af wees.
Niemand het 'n probleem met Sandton nie, ons kry hulle net jammer oor hulle so k.. radiostasie het!
Ja nee kyk lyk vir my as die EKS girls (of hulle nou eg is of nie)ophou "chat" gaan hier niks op die site aan nie. Kon gister nie wag om kort kort te lees wat almal skryf nie nou is dit maaar "boring"
Wat gaan aan! Strike tot Vrydag? Krag af tot vrydag? Ek weet nie hoe cope die mense sonder krag nie, veral nie as dit so koud is nie!
Ja nee, ek stem... Niemand het gese julle mag nie luister nie. Die comment was dat as jy gepla is oor wat JM gaan se en oor en vir ons gaan lag, dan voel vry om nie na ons "common" klomp te luister nie en ook nie ons "common" comments te lees nie. Enige iemand is welkom om saam te gesels en saam te luister.
Ja Nee niemand het veel te spreek vanoggend nie.
Goei More ALMAL
Ai Ai Ai , Wel ek Carlien , praat vir myself en wil net se EK BESTAAN wel. Ek bly self ook nou in Boksburg en dit was NAG gisteraaand. Ons moes al ons kamp goed uitgrou en met gas sukkel.Hoop die situasie klaar gou op.
Wie se dat almal wat hier chat een of ander eks van Wimpie is? Daar is natuurlik n paar "wanna-be's", maar dit tel nie.
Jou SKRYFSTYL verskil nie veel van al die van gister nie. Dalks dit jy
EK STEM SAAM JOU. BAIE GEWONE,VOLWASSE MENSE KOM MAAK N DRAAI HIER EN CHAT SOMMER NET LEKKER.HET IEMAND N LEKKER ERTJIESOP RESEP
Watse skryfstyl kan daar tog nou wees? Nee wat.
Hi Daar,
Gelukkig is hier sommige mense met so bietjie verstand in Sandton ook so nie almal van ons luister na JM nie persoonlik dink ek hy is 'n arrogante "trotter" met 'n ego groter as hy self ! Het gewoonlik na Jacaranda geluister maar dit het beslis teveel verengels en baie vervelig geraak - so nou luister ons graag nu ORS !
sop??? dink hierdie klompie is te jonk om te kook al wat jy moontlik hierso kan kry is n modderkoekkie resep.
Ja, daar is 40 verskillende bloggers en elkeen le sy eier, maar nou wil jy n eks of twee aan die een of ander skryfstyl koppel. Nee wat! Ek persoonlik dink nie eers dat daar EEN van Wimpie se ware ekse, die twee waarna hy verwys het, hier chat nie.
Probeer www.whatsfordinner.co.za
Daar is n paar lekker resepte! Dis gewoonlik die met hulle kak kommentaar wat die "kiddies" onder ons is.
Praat sommer van daai comment oor die skryfstyl van die eks van wimpie wat kamtig al die comments self geskryf het.
ja ek dink sy bestaan nie - dis a wanna be!
By the way...
my skryfstyl gee nou weg dat ek n eks is. Maar ek is al 4 jaar baie gelukkig getroud en bly nie eers in Springs nie. Shit, sorry. Maar jy is verkeerd!
As jy epos het kan ek vir jou n paar resepte epos. Daleen
Ja nee, na Wimpie sy kommentaar gelewer het, dan pop n paar mense op wat nou maak of hulle dit of daai geskryf het of wat ookal, maar regtig... WAAR WAS JY GISTER?
WANNA BE OF NIE SY MAG MAAR
Die een wat die sop resep soek, gee my jou mail address het 'n sop resepteboek op email, wat ek gou vir jou kan forward!
Okay, BAIE welkom Andrea! Ons is bly dat daar Sandton girls ook tussen ons is!
Wimpie waar is jy ?? Sou jy nie reeds 9:30 ingeloer het nie ?
Dankie ! Laar weet waar is die "hot spots" dalk kan ons bietjie daar gaan kuier.
Ek vra maar net:- Wat het dit nou met die prys van eiers uit te waai, wat Wimpie gisteraand by Carnival City gedrink het, of dit nou Rooi koeldrank, whiskey, melk water of wat ook al was, dit is mos sy keuse hy het niks verantwoording te doen aan enige iemand behalwe homself nie. Ai tog!!!! C
Duh, het jy niks beters om te se nie C
Nee jong dis nou weer 'n girl wat aandag soek, wat hom nou gesien het en nou dink sy syt 'n kans...
Andrea het jy nie 'n BOYFRIEND nie?
Dankie my epos adres is sandra020973@yahoo.com DANKIE
Net so so min soos jy Duh! C
Rozelle (hoe jy dit ook al spel) hou op om jou naam gat te maak voor die hele Oos Rand
hallo julle, lekker meeting gehou, wimpie speel netnou golf...
ja die kragonderbrekings is terrible,
kon julle darem luister op die web?
Ag seblief as ek aandag soek gaan ek dit definitief nie hier doen waar mens nie weet met wie jy te doen het nie, in ELK geval ek is baie gelukkig getroud, en soos ek gesê het "ek së maar net"....... Klim terug in julle kassies dit is gn rede om julle toys uit die kot te gooi nie.... C
Hallooooooooo?????????????
Rozelle???????????????????
Is jy nog daar???????????!!!!!!!!!!
Was Rozelle dan ooit hier?
vergeet van haar, stukkie geskiedenis wat ek nie wil oorhe nie
Haha Wimpie! Jou gister gese, dis nie geskiedenis of iets nie, mens noem, dit ondervinding! At least weet jy nou n paar dinge wat jy voor haar nie geweet het nie!
Dis SO SO SO lekker om 93.9 by die werk te kan luister. Ai man!
"boyfiend" nee wat daar is teveel om te doen en te min tyd ! Hier noem ons dit kennisse en wie wil nou graag gebind wees as jy vriende het .... probleme nee dankie !Ek geniet my lewe ten volle.....
het al die bloggers nou iets gereel vir donderdagaand, iemand het my iets gesms...
Dog jy gaan bietjie aandag gee aan gister se comments dink almal wag in spanning
Kan ons nie die jol ierwers anders more aand maak nie, dalks die krag nog af en dan moet ons weer cancell
As jy dan so gelukkig getroud is wat soek jy hier. Lyk of jy maar al te veel belangstel in wimpie se lewe. jy het mos n man sms jou man en lo wimpie uit
ek dink ek het my se gese oor gister se comments, dis nie my styl om sleg te praat van enigeen wat op 'n tyd deel was van my lewe nie en ek aanvaar dat ek myself ooplaat vir sulke comments en dis fine, ek het nog nooit in my lewe bekend gewees as iemand wat sy bek hou nie...
het met firkins gechat vanoggend, hulle adverteer by my en reken die krag sal aanwees more anders kry hulle 'n opwekker.
Wimps, baie nice blog. Altyd lekker gechat en comments gelos, maar hierdie Rozelle girl maak hierdie nou haar stokperdjie. Wil altyd graag die ander mense se kommentaar lees en sien hoe voel hulle oor dinge in die nuus. Nou moet ek deur al hierdie pot snot lees voor ek iets kry wat intelligent is. Sy klink vir my 'n bietjie dom. Is sy siek of iets? Kan dadelik agterkom aan al die comments dat sy ieder en elke een self getik het. Skitsofreen miskien? Hoe lank dink jy gaan hierdie girl nog met haarself chat? Wanneer is jou blog weer jou blog? Daar is natuurlik 'n manier om mail te trace wat min mense van weet. Baie eenvoudig.
WA SPEEL JY GOLF VANDAG KAN EK JOU SAK KOM DRA
solank ek die mense kan vermaak is dit seker maar reg jong....glo in alle geval nie dis een van my ekse nie, ek dink julle lees te veel in die comments...
jy kan altyd met my oor iets intellegent praat, ek kan nogals..
ek speel bietjie golf vandag sal vanaand opvang met julle comments
jong ja kort hoeka 'n caddy, hopelik een wat soos jessica simpson lyk!...Pollak Park vandag, kerkkomp.
Hei BBH,
Waar is jy vanoggend?
Sjoe wimpie, maar jy is omtrent bekend. Pasop die paparazzi van Springs gaan jou begin aanval.
In elk geval, ek geniet dit om almal se komentaar te lees. Dis nogal interesant wat ander mense dink en doen. En jy wat die skryfstyl so uitken: Waar kom jy aan sulke snert??/ Of dalk is ek net stupid, ek sien geen verkil!!!
Ne man, los nou die ekse storie. As Rozelle ook hier chat, then so be it, almal kan tog maar chat. Dis nie n dating service nie en die wat wel getroud is, soos ekself, kan seker ook maar chat en kommentaar lewer en als. Of is dit n singles club?
Ek stem saam ons is moeg vir die hele eks ding. Maar ek glo nie dinge moet so ver gaan as om haar te probeer trace nie. Dis tog hoekem elke persoon die reg het om as anonymous te kan kommentaar lewer. Haar stories raak in elk geval dood en ek sien is darem klomp ander mense op die blog vanoggend wat ander dinge te se het. Sy sal wel die boodskap kry
as jy mooi lees dan sal jy die skryfstyle uitken, almal het maar 'n sekere manier van skryf en praat....
Ek gaan nogals snaaks lyk in n rok so ek los maar die cddy ding. Is daar dalk n Jesica Simpson look a like wat wimpie wil gaan uithelp?
Ek stem die eks storie sal oorwaai, was amusing ma dis raak klaar, dink ek het my punt bewys almal wat so vertel het hoe hulle my ekse was, is ontmasker!
2 ekse in 6 jaar is toggie so sleg nie!
Ek' check weer vanaand op julle bloggertjies...reel die party...EK IS LUS....(nee man sies....lus vir party) ;-)
hehehe ja da is maar ek dink sy werk...
Ek verstaan wat jy bedoel met die Skryfstyl ding, maar ek dink nie al 169 of eers 10 van gister se comments het die selfde skryfstyl gehad nie. dog net ek se
NOU MAAK JY DIE MANNE MOS NUSKURIG WIE IS SY?
Ja ek is bly jy stem saam 'n mens kan "nogals" in die skryfstyl sien LOL
Ek kan ook 'n verskil sien in die skryf stylle, hul probeer dit nogal bietjie verander ook.
Wimpie, wat van 'n irish beauty? Donker hare, blou groen oe?? Natuurlike rooi lippies??
Of is jy net vir blonds
Niemand het gesê hierdie blog is vir singles nie het hulle - gaan lees hoekie vir eensames as jy dan iemand hier wil opchat, ek het my vryheid van spraak jy weet!!! Ek stel hoegenaamd nie in Wimpie belang nie en het nog nooit nie!!!
Geniet die golf.
Yislike, hoe dink julle moet Wimpie se meisie voel oor al hierdie ekse se stories?
Ek is vas oortuig ons donkerkoppe is mooier as blondes. Ons word mooi oud ook, anders as blondes.
Is nogals nou nogals verban van die blog af of is jy maar net nogals sarkasties.
Kalmeer poplap,jy mag dalk net 'n aar bars!!! Hoekom raak jy dan so ontsteld?
Wimpie se miesie behoort te weet dat daar net twee ekse was in ses jaar so eintlik behoort sy heel goed te voel en sy behoort te weet die ander is net sensasie .
Dalk is dit net ek, maar die ekse storie is nou al so afgesaag en uitgeleef! Wie gee om hoeveel daar was en of hulle weet van mekaar. Accept it and move on.
Weet jy wat donkerkop - dis heeltemal debateerbaar!!
Blondes have more fun anyway and we are loved by most men!
ek raak glad nie onsteld nie, dis vir my net snaaks hoe daar elke dag een comment gevat word wat uit verband geruk word en dan die bespreking van die dag word. Ek het gelees van almal se comments vandag oor die skryfsyl ding en dis lyk my vandag se hoof topic.Al agtergekom as jy so deur die comments lees en dalk een antwoord is jy ook geneig om bvan die woorde te gebruik. Is maar net opvallend hoe mense dinge sien
Wat van ons rooikoppe?
Het enigeiemand dalk ,n idee waaroor ons kan chat??/ Wat gebeur deesdae in Springs?/ waarvan nie almal weet nie
Eerstens: Jou spelling suck!!! Ek twyfel of ieder en elke blogger van gister se spelling suck soos joune.
En "nogals" herhaaldelik dieselfde spelfoute. Maak almal dan dieselfde spelfoute? Jy probeer die hele tyd uitvis wie Wimpie se nuutste girl is of in wie hy nou huidiglik belangstel deur te maak of jy nou skielik 'n nuwe blogger is. Jy's kinderagtig Rozelle!! Word groot!! G'n wonder hy het jou gelos nie. Gaan chat op mixit. Dis 'n chatroom. Hierdie is vir kommentaar op die nuus en gebeure in die samelewing. Nie vir jou liefdesteleurstelling nie. Bel die ou en gaan sien hom. Hou op om jou naam gat te maak.
Blondes het seker meer fun want die ouens kyk net vir hulle dan maak hulle hulle bene oop. Ons donker koppe is 'n bietjie meer op ons plek.
Ja Blonds, dis wat hulle se. Maar die groot ding is dat daar 'n mite aan jul vas klou(dom) Verstaan dis net 'n mite, maar kyk bietjie die verskil tussen watse tipe mans die blonds teenoor die donkerkoppe kry. Kompetisie?
Rooikop, julle is ook daar, moenie worry nie, sekere tipe rooi, baie cute!!!
Ja, dis vir my ook snaaks. Dis ek wat vanoggend uitgekryt is oor my skryfstyl en dat ek "die eks" is. Alhoewel ek al n paar dae comments los en skielik word ek "uitgeken" aan my skryfstyl. Dis simpel hoor! Ek is alles behalwe n eks! Dis iemand wat regtig hulle lyf probeer Sherlock hou en probeer slim klink.
Soos ek gese het - DIS DEBATEERBAAR!! Jy hoef nie in 'n mens se karakter in te klim nie, dis nie 'n goeie eienskap nie.....
Elkeen maak sy eie lewe opwindend en interresant! Ek is n donkerkop, my man gaan mal vir blondes en ek hou daarvan om met tye my hare rooi te maak. MAAR daar is nie n ding soos blondes have more fun of iets nie. Snert!
Dit gaan oor meer as looks - dit gaan oor die persoon. Jy kan watse kleur hare he maar dis die binneste wat tel... dis wat belangrik is - ons is almal uniek!
Toe nou ouens, waar is jul kommentaar oor die blondes versus donkerkoppe
ONS WAG
Ja ons verstaan dit, nie nodig om melodramaties te raak nie, probeer net die onderwerp te verander( maar as iemand iets wil se oor die ekse: gaan voort
Weereens gee jy jouself weg. Jy skryf so dom. Dis nie eers nodig om Sherlock te wees om te kan sien wie jy is nie. En van wanneer af is jy getroud Rozelle?
Ek seker daar is iemand wat sit en wag vir n comment en dan kyk watse vieslike dinge hulle daaroor kan kwytraak. Nee man, flippit, dis vieslik! Ek het die donkerkop ding begin en met die blonde daaroor gechat en waar val die "iemand" dan nou uit met blondes maak te gou hulle bene oop!
IDIOOT..... EK IS NIE ROZELLE NIE! FOR F$@K SAKE! KRY N LEWE!
Daarsy dankie uituindelik n nuwe onderwerp om oor te praat. Komjulle manne wat dink julle wie is meer fun blonds , brunette , rooikoppe? En girls wat van die mans? Ek hou van donkerkoppe
Want ons ken jou. Dis hoekom
1 2 3 Blog jouself
Donkerkop mans is vir my ook mooier.
Ek is natuurlik blond maar kleur my hare al 4jaar. My man hou van dit donker, maar binne is ek maar blond. Dis wie ek is. Ek het nog net soveel fun as toe ek b;lond was.
Kyk en as daardie donker hare bietjie grys by het is hulle nog meer yummeeeee
Wat dink julle van ons tienners se nuwe koeigelekde hare?
Ek het n ruk lank die blond ding probeer, maar pas my nie. Sien jou velkleur en als moet in ag geneem word. Sal maar n donkerkop doodgaan.
Ek se altyd as een van daardie outjies met hulle opstaankuiwe en pajama broeke wat bo by hulle denims uitsteek by my dogter kom kuier kry ek n oorval.
Nie alle mans lyk mooi met die paar "grey-lights" nie. Dit hang af. My man kry so af en toe n grys haar en dan moet dit so vinnig as moontlik uitgepluk word, hy is tog net te bang vir oud word en grys wees.
Hoekom wil jy die conversation verander? Raak jy dalk bang? Toemaar, ons is klaar op jou spoor. Hoe meer mail jy stuur hoe vinniger kan ons jou trace. Keep it up blondie!
Moet ook vir jou se niks lyk so commin soos n brunet wat wil blond wees en nie gereeld haar roots doen nie.
Ek is blond, dra nommer 10, spandeer 2 ure per dag in gym, tussen 20 - 30 ouderdomsgroep. Geniet dit om fun te he soos 'n glasie wyn en ek dink my jacuzzi is al deurgesit ....... SO BLONDS ROCK EN HET BESLIS MEER FUN !!!!
Defnitief, dis hoekom donker hare deesdae die in ding is. Vir jul jonges met die nat gelekte hare, vir jul gesiggies is dit baie oulik.
Hul se mos warm kleure is die inding in die winter!!!!
POINT MADE!! Het nie te lank gevat nie. Ek het dit geweet. Ons wil nie jou portefeulje weet nie blondie, ons stel belang in wat die mans as voorkeer beskou. Die wereld draai nie om blonds nie. lol
Jy impress my jy het nog 'n groot verbeelding ook.
Ek stem saam dat die kommentaar oor die oopmaak van die blondes se bene as 'n man na hulle kyk, onvanpas is, maar kan nie anders as om net by te voeg nie, dit gaan nie oor die haarkleur wat jou "cheap" maak nie - ek weet van baie donker koppe wat ook maar lê as jy vir hulle sê SIT!! Ek is BLOND en trots daarop maar donkerhaar manne bly maar sexy veral as hulle soos Michael van Prison Break lyk!!! En voor iemand nou weer 'n ongevraagde eier lê en die kommentare uitlê, ek soek nie 'n man nie het een baie dankie en lewer slegs kommentaar op 'n blogsite wat ek toevallig geniet.
Blondie
Wie impress jou?
Gelukkig is my hare nie natgelek nie !! Ek glo nie lang blonde hare kan gelek word nie .......nog nie probeer nie - ek is ook nie so jonk nie - raak raak so aan 30's.... DIt is nie hoe oud jy is nie maar hoe goed jy na jouself kyk !!
Blonds rock beslis baie begeer om soos ons te wees ...... As jy dit het - het jy dit !!! As jy dit nie het nie is dit maar jou probleem....doen iets daaromtrent - word 'n bottel blond !
As Carmen Electra voldoende is - het jy 'n caddy.......
Waaroor gaan die debat nou eintlik?
Blonds, brunett's of rooi koppe - wie doen dit vir jou ?
O Dankie.
Brunettes met n rooi skynsel met blou of groen oe
of wie wil nou eintlik Wimpie se caddy wees...
Ek kan nie glo dat jy jouself die hele tyd antwoord het. Is jy mal?
Wie antwoord hulself die hele tyd. Ek is nie met jou nie. Stipuleer asb
Ek kan sien op die blog se interactive system dat daar net twee persone aktief is op die blog en dis ek en jy. So, wat probeer jy nou eintlik doen?
Jy is soos n regte miskruier, loop heeltyd en kk soek. Word groot en kry n stokperdjie. Liewe hemel. Wat dink jy is jy, as jy nie aangaan met mense en se hulle is Rozelle nie dan soek jy skoor met iemand anders. Wat wil jy probeer doen, jouself die pos as Webmaster toe eien?
hallo bloggers ja nee ek sien die blog kook alweer...... wel dis nou jammer die krag was af g.aand maar nou ja wat sal ons maak..... nou ja het net gou in geloer om hoesit te se........ enjoy julle klein saterdag tot weer BBH
Hi BBH
Nice dat jy ook hier was!
Wat se jy van die blonds? Wie doen dit vir jou?
Hoor hier Einstein, vir jou informasie is ek nie die een wat myself antwoord nie. En wie ookal jou enigeiets geleer het, moet jy dagvaar.
My naam is Monique, nie bang om dit te noem soos jy nie.
Daar is defnitief nie net twee aktiewe mense op die blog nie,as daar is is jy dalk die een met skitsofrenia.
Ag erken dit Rozelle, jy's uitgevang!!!!! Jy's 'n vet joke. En ja ek weet meer van pc's af as wat jy ooit kan imagine. Dis 'n kwessie van tyd of ons het jou adres van waar jy jou siek mail van af stuur. Gooi daai mail!!! Hoe meer hoe beter. Onthou net een ding. Ons is aangesê om jou op te spoor
O ja terloops ek het eers begin met: Waaroor gaan die debat nou eintlik: Ja ek is 'n vrou. Maar die donkerkop mans doen dit defnitief vir my.
Monique
Ag nou is jy besig om my goed de ---- in te maak.
As jy dan nou so slim is. Gaan kyk na my adres jou imbesiel. My email adres is: monique@saradiology.co.za
So daar. Nou hoef jy verder te soek nie.
Is daar dalk iets fout met jou. Wil jy dalk 'n kontak nommer ook he as bewyse??
Monique
hi daar persoonlik brunet, maar ja blond bly maar mooi ha ha...... yissie lyk my die raak erger as jerry springer........ hey make love not war........ BBH
Monique, dit help nie jy word kwaad en redeneer met die spesifieke Anonymous nie. Maak nie saak wie chat nie, sy/hy het elke keer iets te se. Ek is nou al heeldag Rozelle volgens haar. Maar ek wag dat die simpel sot my "opspoor".
Chat met die res van ons. Die van ons wat wel breins ook het, nie net PC kennis nie.
Hi IT boffin wat gaan jy nou doen as jy vir Monique of Rozelle of wie ook al, opspoor? Vra maar net? Werk jy vir die geheime speurdiens?
Jy is reg. Thanks.
Dit help seker niks om met die sogenaamde Inspector Holmes te redeneer nie, want op feite werk hy/sy defnitief nie.
So, terug na die topic....
wat was dit nou weer?
Monique
Onthou net ietsie, dat dit wat jy kan sien die res van ons ook kan sien! so wat is die gedreig en as "ons" jou opspoor en ons trace jou en ons is aangese en wat wat. Goeie genade, jy laat dit klink soos CSI.
Wys jou hoe stupid jy is. Jou email adres het niks met die storie te doen nie. Hoekom gee jy nie 'n kontak nommer nie dan kan Wimpie jou self bel. Dan weet ons almal mos nou wie die stalker is. Miskien kan hy jou foto op sy blog sit.
Ai BBH, nou hou ek eers van jou. Donkerkoppe trek dalk nie dadelik soveel aandag as blondes nie, maar ons donkerkoppe is net so nice.
CSI - SPRINGS!
Ag weet jy wat. Ek is nie die tipe mens wat in iemand se karakter inklim nie. Jy het met die hele: ek gaan jou kry met jou mail ding begin. Kan jy my asb nou uit los. Vir die laaste keer: Ek is nie die Stalker nie, dalk is dit 'n fantasie van jou, maar ek gaan op die blog om die comments te lees, nie om mense soos jy te vermaak nie.
En nee, ek gee nie my nommer uit nie.
Ken glad nie vir Wimpie nie, nog net een keer gesien op die begrafnis, en het baie respek vir die man. Is jy dalk sy personal assistant?
Dis mense soos jy wat die ander normale bloggers sal maak op nie meer te comment op Wimpie se site nie. Beklemtoning op Wimpie se site, nie joune nie.
So relax nou, en as jy wel die stalker opgespoor het, sherlock, gaan ons almal vir jou lag
Monique
Nee moet asb nie jou kontak nommer opsit of jou EMAIL ADRES nie, ons, die res van die leke wat hier chat, wil graag probeer om jou "op te spoor" - want jy sien, ons is aangese om dit te doen!
Goed gese Monique! Ek hoop nou die pyn in die gat, wat al van vroegdag af die comments dophou en almal gaan trace en sif kommentaar lewer, gaan nou bedaar en ons almal in vrede los.
hallo girls ja nee solank dit jou natuurlike haar kleur is dan rock julle almal kyk ek het weer die naweek wat verby is n paar stunning babes gesien..... ag kom ons hou die site skoon lekka om almal se comments te lees.... ek werk aan die dating club watch this space ta ta BBH
Is jy alweer single?? Dis goed om te weet...
wie wil weet???
W.B
en wie is jy hmmmmmmmmmmmm????? ken jy my of ken ek jou?????
Ek dink daars baie girls wat wil weet - jy is mos 'n handsome donkerkop??
Monique tien uit tien vir jou hoop mnr IT Boffin alias 007 is op sy of haar plek gesit. Ek dink die onderwerp was nog die haarkleur storie maar dit raak ook afgesaag want mens gaan nooit tot 'n punt kan kom met dit nie, elkeen het sy persoonlike smaak!! C
Hello C. Welkom terug!
x!x
Eendag as ek groot is wil ek ook n werk soos Wimpie he :-) Werk so twee ure in die oggend, n paar meetings so af en toe en verder kan ek golf speel. Dis baie beter as 8 to 5 sou ek se.
Baie dankie. Ek hoop so.
Ja ek stem. Kan enige iemand met 'n ander topic begin? Die comments is al meer as gister.
Monique
hmmm nogal interessant ne wonner net hoe weet jy wie ek is.....
So beteken dit dat ons maar 'n date kan reel?
Ag weet jy dan nie. Hier ken almal mos vir almal. Jy word of "opgespoor", "ge-trace" of aan jou spesifieke skryfstyl uitgeken!
ha ha dis cool wou nog altyd opgespoor word ha ha .........
Dankie x!x ek was eintlik nooit weg nie!! Jy stil? Of het jy net vergeet om jou alias in te sit vandag?
C
cool reel dit se net waar en wanneer BBH
Nee kyk, ek het nou deur al hierdie comments gelees, en al wat ek kan se is... Mense hoe weet julle wie is wie? Hoekom gebruik elkeen nie n kode of alias dan weet almal wie is wie. Dit het lekker interssant geword to Monique se wie sy is, en BBH en C identifiseer hulle self. So weet n mense ten minste wie praat. Op die oomblike is dit n absolute deurmekaar spul wat soos n groot katgeveg klink.
Ek wil eintlik maar net vir al die Webb broers se. Sterkte julle, ons voel saam met julle. Ons gaan ou Jack mis...
PD
Die res van ons wil ook weet waar en wanneer?
Ek is stil gemaak vanoggend C :-) Iemand wat my met iemand verwar het en toe los ek maar eerder! Ek het redelik baie gechat, maar soos jy se, vergeet om my x!x in te sit!
PD,
Ek stem saam. Kan ongelukkig nou nie meer 'n skuilnaam gebruik nie. Te laat daarvoor.( of kan ek)?
Ek stel voor dat almal 'n kinkel in hul skuilname gebruik.
Dit maak dit moeliker vir Inspector Holmes.( skies, ek weet ekt gese ons moet ophou, maar kon dit nou help nie)
Monique
Nee goeiste, n date is net n date as dit twee mense is. Anders verander dit in n orgie :-)
x!x
Jip ek was so tussen die lyne uitgetrap vanoggend dat ek ook skoon vergeet het om myself te identifiseer want ek dink die mense raak naderhand deurmekaar en dan trap hulle sommer almal onnodig uit... Ek wou maar net my onskuldige mening lug. Dalk het jy my nog uitgetrap, vir al wat ons weet!! ha ha ha
C
Waaroor was jy uitgetrap C?
x!x
hey ja aan die webb gesin my innige mee gevoel en simpatie met die afsterwe van Oom Jack.. jaco en die res familie ons dink aan julle. BBH
C,
Was jy ook vandag uitgetrap. Toemaar ek is uitgemaak as stupid, deur die Inspector wat homself nie wil identifiseer nie.
x!x,
Het jy dalk enige iemand uitgetrap vandag?
Monique
o jong ek gaan lekka in die trouble sit en chat op die blog in plaas van werk dit raak nou al erger as mxit.... wel waar die girl wat se sy weet wie ek is hmmmmm........ ag dis lekka om net te kan chat op die blog ne..... hierrie dag is net flippen lank ek raak nou moeg sal n lekka koppie hot choc en net om te relax BBH
Nope Monique! Ek het niemand uitgetrap nie! Nie my styl nie! Ek chat maar sommer net vir die lekker en lug my opinie so af en toe!
x!x
Nee ek weet presies wat jy bedoel met chat ipv werk! En as die moeilikheid kom, dan deel ons daarmee :-)
x!x
Het so pas woord gekry dat daar op komende Saterdag klipgooiery en skietery op Gauteng se hoofweg gaan wees op verbygaande voertuie - so almal wees asb versigtig en vermy maar eerder die hoofweg.
"...blykbaar nie iets beters gehad om te sê nie... "
Maar lyk my die performers van vanoggend het ook nie meer iets beters om te sê nie want hulle is nou doodstil! Of moet ek sê gelukkig nou doodstil. Even 007 het verdwyn...
bly dit is nie jou styl om mense uit te trap nie, dit is nie so 'n lekker gevoel nie... veral nie op 'n nugter maag nie.. he he
C
Iemand wat ek van weet het blykbaar met 'n ene Rassie by die polisie gesels en hy weet nie daarvan nie, maar dit kan seker nie skade doen om net TE versigtig te wees nie, Dankie vir die waarskuwing
C
Dis baie beter as mxit. En 'n mens sukkel nie om 'in te logg" nie.
Dis omtrent verslawend. Die blog is geminimize op my screen.
Monique
007 a.k.a Inspector het ons dalk opgespoor, seker oppad na waar ookal hy dink ons ons evil dinge uitvoer. Wees versigtig girls.
Dis dalk hoekom hy so stil is
Ek het nou probeer kyk waar omtrent daardie gedeelte staan en waaroor dit gaan, maar kry dit nie in vandag se comments nie. Anyway!
x!x
Ek het ook die *NOODBERIG* email gekry oor die dat ons Saterdag versigtig moet wees op die paaie! Seker van 10 verskillende mense af. As dit nie regtig is nie, dan wil ek tog eendag die siek persoon in die hande kry wat mense se senuwees so onnodig op hol jaag. Daar is heeltemal genoeg goed waaroor mens als kan stres. Al die shortages en die strikes en als.
Daar is beslis meer as net 2 persone op die web inspector Holmes. Die dames raak nogal bitsig!
x!x (oops, vergeet om by te sit!)
Hier is ek - die persoon wat jou ken... het nie verdwyn nie, wag maar om te hoor waar ek jou kan ontmoet?
Post a Comment