Julle comments laat my lag partykeer...
Kom ek net gou 'n paar antwoord, Sonneblom laat weet ons wat is jou blog se adres sal graag wil gaan loer vir myself, nice om te sien ander bloggers loer ook bietjie in, jammer ek moet Springs in die blogwereld inbring! Daar is 'n ou gesegde jy kan uit Springs gaan maar jy kan nie Springs uit jou laat gaan nie...
Machiel, Mika is verseker gay, maar ek hou van sy musiek, jy sal onthou sy ander groot song is ook 'n oue wat hulle oorgedoen het met die naam van Grace Kelly, nee man hulle het nie vir Grace Kelley oorgedoen nie, hulle het die song oorgedoen :-).
Ons is tans besig met toetsuitsendings op die internet en behoort voor die einde van die maand lewendig op die web te wees dan kan almal na die Big Bad Breakfast Show luister, vir die van julle wat nie weet nie ons is tans op die Oos Rand op 93.9 Fm, ek sal 'n link opsit na ons audiostreaming sodra ons daar is! Dankie vir die belangstelling.
Dan is daar baie wat kom gesels sonder om jou naam te gee, julle sal seker weet wie julle is.
Die 94.7 debat het ek al verskeie kere deeglik deurgedraf op hierdie blog en ek voel dit is onregverdig om van my te verwag om my gewig agter 'n konsert in te gooi van 'n radiostasie vat 0% begedra het tot (in hulle eie woorde), die 'ontploffing van Afrikaanse musiek die afgelope dekade'.
Ek is trots om te se op my show speel ons 70% Suid-Afrikaanse musiek en daarvan is 60% Afrikaanse musiek, kunstenaars soos Juanita du Plessis, Gerhard Steyn en Nicholis Louw is die eerste keer in die wereld by Oos Rand Stereo gehoor, so ja weet jy wat ek dink ons het bygedra tot die ontploffing in afrikaanse musiek en daarom dink ek, ek is gekwalifiseerd om 'n mening te he, en te lug oor hulle gatkruippoging by Afrikaners!
En dan is daar natuurlik my ekse wat lyk my , my blog gebruik om notas uit te ruil oor wie nou eintlik die belangrikste persoon in my lewe is of was, wel sorry julle ek gaan nie in 'n debat oor my persoonlike lewe op my eie blog betrokke raak nie, ek se al lank as ek wil weet wat in my persoonlike lewe aangaan dan koop ek die koerant of bel 'n paar eks girls om op te vang oor die jongste skinderstories, jy kan maar aanhou comments los, ek is mans genoeg om niks af te haal nie en alles te lees wat julle stuur, ek gaan nie betrokke raak nie, weet net ek sit baie maar net met 'n glimlag op my gesig as ek alles lees, die meeste van julle LIEG, en praat van dinge wat ons kwansuis saamgedoen het wat nie eers die koerante van weet nie!
Solank die julle amuse, great, ek lees lekker saam aan die sepie wat my lewe is!
Dan net 'n vinnige een vanoggend in die nuus oor die NG Kerk en die Gays, ek mag nie op die lug oor die gay kwessie praat nie, maar hierdie is my Blog!
Die NG Kerk is slapgat, uit en gedaan, neem standpunt in en kry klaar!
Wat beteken:"NG predikante mag voortaan gay wees, maar hulle mag nie gay leef nie".
Julle is 'n joke, se vir ons, julle lidmate wat se die bybel daarvan!
En terwyl julle besig is se vir ons of julle nog die bybel as die hoeksteen van julle kerk en julle geloof aanvaar!
Dis al vir vandag, oor die naweek verander ek die blog bietjie, bring die top tien musiekvideos vir die maand in en so aan!
Sterkte aan die bokke, ek los die meningspeiling oor die doodstraf nog op want ek wil 'n duidelike prentjie he voor ek Maandag daaroor praat!
Later!
Wimpie
Friday, June 8, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
Hi Neef.
GOOD ON YOU ! !!!!!
Vertel hulle!
Niemand het iets uitewaaie met jou lewe teensy jy hulle die toestemming gee om in jou lewe te wees!!
Geniet jou na-week en wees soet!
Groette Anna Marie
Ja nee. ek en my klas choms moes eksamen aframmel want die nuutste is om skole aan te val! Wie dink hul is hul? Jitte ons het mos n ''reg'' tot onderwys? my vriendin in hugenote kan nie haar eksamen klaar maak nie want hul het daai plek ook geteroriseer. okay wel dis nou van my hart af leker strike-ende dag verder. christi
Ek stem saam met jou ... die kerk is slap. Vir meer info oor die einde van die kerk-era kan jy gerus die boek "The End of the Church Age and After" wat gratis deur www.familyradio.com uitgegee word.
of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
oor AM 1197khz ....oppi draadloos
en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)
johannes coetzee
Family Radio luisteraar in Suid Afrika
My maat, ek het nog altyd net gehoor van die einste "Wimpie vd Sandt" maar nooit ontmoet nie, seker teen my bittere spyt want soos wat die girls oor jou aangaan moet jy n hels nice ou wees of net n great catch!! Dankie vir jou blog, jy gee my n lag n dag... Local is Lekka!
Hi Wimpie
Finally vat jy die ekse aan ek sou reken jy moes dit lankal gedoen het. Hulle gebruik jou blog om mekaar te vermaak en het niks beter te doen met hulle tyd nie. "spoiled brats" as jy my vra.
Ina
Hi Wimpie,
Ek ken jou glad nie, maar het jou gesien op my nefie se begrafnis, en daar kon ek sien die mens wat jy is. Baie dankie vir jou eerlike opinie oor die lewe, en vir al die exxe van jou: Los die man in vrede, het jul enige idee hoe word daar vir jul gelag, dink dis vernederend om soos klein skool dogtertjies aantegaan!!!!
Hou aan met die goeie show
Lekker naweek
Sien uit daarna om na jou op die Net te luister! Laat weet my wanneer jy afskop!
Post a Comment