Een of ander tyd as jy aanhou om op die publiek se tone te trap gaan jy dit regkry om hulle goed die wetter in te maak en dan gaan jy moeilikheid kry.
Dis die duur les wat 'n klomp dwelmsmouse geleer het in Mitchell's Plein in die Kaap.
Daarmee bedoel ek nou nie elke Jan Rap en sy maat moet ;n krieketbat gryp en die strate invaar op soek na dwelmsmouse nie.
Ons het so 'n rukkie gelede 'n anti-dwelm optog hier aan die Oos Rand gehou, sowat 2 500 mense het opgedaag en daar is 'n duidelike boodskap uitgestuur dat die mense van die gemeenskap is gatvol vir druglords en misdaad.
Die beste manier om misdaad en hierdie tipe dinge die hok te slaan is deur middel van gemeenskapsbetrokkenheid, ons het ontaard in 'n gemeenskap wat te bang is om betrokke te raak by enigiets want dit is nie ons probleem nie!
Wel ek het nuus vir jou dit IS ons probleem, en as ons stil bly gaan die probleem net al hoe groter en erger raak.
Jy wat 'n gesteelde plasma screen tv koop of 'n gesteelde selfoon koop is net so skuldig soos die ou wat die sneller trek om die goed te roof in die eerste plek. Jy kan nie tekere gaan oor hoe die land verval en agteruitgaan elke dag en dan koop jy gesteelde goedere, gecopyde DVD's, CD's en playstation games nie.
Jy is net so deel van die probleem as wat Annanias Mathe en sy pa is, inteendeel jy is 'n groeter probleem want as jy nie hierdie goed koop nie, is daar nie 'n mark daarvoor nie, die beginsel is eenvoudig....vraag en aanbod, in Suid-Afrika is die vraag so groot, elke tweede ou moet 'n krimineel word om in die vraag te voorsien!
Gaan dink bietjie daaroor, daar is nie iets soos klein of groot misdaad nie, misdaad is misdaad uit en gedaan!
Nou ja dit was my gripe vir die dag, op 'n ligter noot, Casper de Vries is by Emperor's Palace nog tot Saterdagaand dink ek, kry kaartjies as jy kan en gaan kyk dit, dit is skreeusnaaks, jy gaan lag dat die trane loop.
Hulle het, soos ek, gevoel Bob Skinstad moet kaptein wees teen die All Blacks Saterdag, Jake het gedink Victor Matfield is die man.....
Vandag se meningspeiling en wees asb. eerlik voor jy stem....sal jy iets koop wat jy weet is gesteel?
Later
Wimpie
Thursday, June 21, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
34 comments:
Dag Wimpie,
Jy het 'n punt beet en 'n "topic" wat aan my hartsnare trek aangesien ek 'n slagoffer is van die "affirmative" besittingloos projek wat tans in aksie is. So 3 weke gelede is my huis amper leeg gedra. Ek woon in 'n veiligheidskompleks in die Noordelike Stede maar dit het hulle nie gestop op my 112cm Rear Projector "een van die goedere" te neem nie ! Op die oomblik is dit die groot geveg om jou goedere terug te kry of 'n gedeelte daarvan met my assuransie en boonop moet jy 'n helse bybetaling gee en jou premie gaan op ! So op die end van die dag is dit nie net die frustrasie van jou geriewe wat ontneem is maar ook jou sak wat geruk word en die kommer of hulle sal terukom nie ? Die vrees is my grootste kommer ....
Hallo Heidi
Jy maak 'n baie goeie punt, dis waar dis 'n lelike sirkel met groot gevolge, versekering is al amper onbekostig duur!
en ek is seker jy het intussen seker dit oorweeg om sekuriteit op te skerp, nog uitgawes!
Hi Wimpie speel asb Die Verloorder van Kurt Darren as jy kan.Wil dit graag vir iemand sesiaal speel
Glo my daar is nie veel meer wat ek kan doen nie ! Alarm, hekke ens is reeds daar so ook die sekuriteits wag maar dit bleik nie of jy hulle kan uithou nie ! Hulle is nou maar eenmaal net oral ! Ek oorweeg lyfwagte maar dit is nie Hollywood nie !
heidi as ek sien wat alles op hierdie blog gebeur party dae dat IS DIT HOLLYWOOD!!
Sorry Sandy het nie daai een van ou koert nie!
Jy is reg sal 'n advertensie moet plaas of ek sal moet verhuis......
Wimpie is of was jy dalk 'n joernalis ?
En as die blog so stil is vandag?
Waar is die henne?
ALmal rus seker na klein Saterdag (Woensdag) aand......
Monique, hoe voel jy vandag? The day after the day after the night before? Jy toe vroeg gaan slaap en die nodige rus gekry?
ons bou spoed op vir die naweek.... Is Monique nie al oppad Klein Kariba toe nie???
Nee, ek is seker hulle sal vandag na werk gery het! Of so iets! Maar ek wil elkgeval nie hoor van ander mense se vakansies nie, dit maak my morbied en misluk :-)
hallo heidi
ek het joernalistiek geswot in pretoria en was joernalis by die transvaler/beeld en die vaderland, hoekom vra jy?
hey wimpie en jul almal. monique waar jy vandag?
Julle, baie mense "moan" oor al die probleme in ons land. maar niemand wil hul gat van die stoel aflug en iets doen nie! elkeen dink nee dis die volgende ou se probleem, of iemand anders sal dit reg maak. maar tog gebeur niks! n klein groep mense kan die wereld verander!
Ek stem Wimpie, jy wagt gesteelde goed koop is net so skuldig!! Demand en supply hou die ekonomie daagliks instand net so is dit met die gesteelde goedere mark, as daar nie 'n demand is nie kan daar later nie meer supply wees nie want dis die 2 forces van die sisteme!! Julle wat so gesteelde goedere koop wag tot julle of julle geliefdes slagoffers word van misdaad dan sal julle vinnig 'n ander deuntjie fluit!!
ek stem met julle, en ons kan ook begin om ons kinders te leer van kleins af om nie die goed langs die pad te koop nie en vir hulle te verduidelik waarom. My seun wou eendag 'n DVD langs die pad he hy was toe 4 en ek het mooi aan hom verduidelik en van toe af het hy nooit eers weer gevra vir enige iets wat hulle verkoop nie!!!!
die goed is in elk geval cheapies en hou nie lank nie - so goedkoop koop is tog op die einde van die dag duur koop! Doen 'n ding eenkeer en doen dit reg... of bly daarsonder!
Ek geniet jou skryfstyl en ek sien daar is wel meer wat daarin skuil as net die gewone ! Ek is in bemarking en doen baie proeflesings so kan duidelik die verskil sien .....
hey julle wies op?
dankie vir die kompliment heidi!
Gee 'n persoon wat hy toekom !
van waar is jy heidi
Dis weer stil vandag. Almal baie besig soos ek? Skryf Maandag eksamen so al wat ek doen is leer.
Wimpie wat is jou epos adres by die studio nou weer? Wil vir jou iets ouliks stuur
shame sandy wat skryf jy
sandy dis studio@ors.orag.z
Ek skryf Maandag Law for financial Planners.dis jiggie baie werk.Estate duty, income tax en alherhande ande goettertjies
eerder jy as ek!
nou ja ek gaan nou in my karretjie klim en met n spoed Springs toe.
Lekker aand vir almal gesels dalk more.Anders Lekker naweek en wees soet.
lekker aand sandy
Gheewhizz.... wie is die rodrigo of wat ookal wat op n AFRIKAANSE blog n portugeuse of spaanse of wat ookal comment kom los. Party mense darem...
By gister se comments... (net vir die rekord!)
funny nogal ja
Post a Comment