Friday, June 15, 2007

Jake mag nie tee kry nie en lelike skoene!

Ek het breinfreeze vanmore, nie veel om te se nie maar ek moet seker iets se oor die rugby wat more begin. Suid-Afrika teen Australie op Nuweland in Kaapstad....nou as iemand net vir my 'n kaartjie het.....!
Arme Jake se teedrinksessie met Thabo is van die baan, ja die rugbybase was bang Jake klik oor iets by die president, weet net nie wat nie.
Ek dink die bokke het 'n great kans die jaar, sonder Luke (I am your father Luke) om die drienasies te wen, dit begin natuurlik by jou tuis games wat jy moet wen en daarom is more se game teen die Aussies so belangrik.
Ons kan dit doen, so sterkte aan die Bokke sal hard skreeu more , as ek nie dalkies daar is nie!
Die van julle wat my show luister sal weet dat ek die mode slaafs navolg en altyd probeer om minstens bietjie in die mode te bly, ja tannie dis waar my Bob Skinstat haarstyl vandaan kom!
Nou my kleintjie dood is skoene, ek persoonlik besit seker so 40 pare, ek ken net een ou met meer skoene as ek!
Verpleegsters in sommige private hospitale is ontstoke nadat hulle glo gehoor het hulle mag nie Crocs-skoene dra nie omdat dit te gevaarlik is.
’n Suster wat in die neonatale eenheid van ’n hospitaal werk, het gister gesê dié skoene was ’n redding vir verpleegsters wat sukkel met seer voete, rugbeserings, spatare en eelte.
’n Paar weke gelede het sommige Netcare-hospitale glo laat weet dit “is nie deel van uniformdrag nie”.
Volgens die suster het hulle “niks op wit en swart nie” , maar het hulle stories gehoor dat dit gevaarlik is, statiese elektrisiteit opbou wat ’n invloed het op mediese toerusting en dat naalde en liggaamsvloeistowwe deur die gaatjies kan val.
Ek is so bly, dis seker die lelikste skoene in die geskiedenis van die beskaafde wereld, ek kan vir my lewe nie indink hoe iemand lewend of dood in sulke skoene gesien wil word nie.
Bring my by 'n ander punt, gesels gisteraand met iemand wat reken ek is besig om bietjie "fem" te raak, jy sien ek dink aan myself as 'n "metro male", probeer bietjie na myself kyk, gaan vir facials as my ooghare bietjie woes groei dan laat pluk ek dit en ja ek hou daarvan om my naels te laat doen, maak dit my 'fem' ek weet self nie meer nie al wat ek weet is ek lyk en voel nie my ouderdom nie, so as jy vandag of die naweek bietjie depressed is gaan treat jouself bietjie, doen jou naels kry 'n jong funky haarstyl en kyk hoe voel jy oor jouself.
En by the way niks fout daarmee om n bietjie in aanraking met jou vroulike kant te kom nie.
Dan sien ek die blog is besig om in 'n lekker kletskamer te ontaard, ek kyk na 'n chatroom opsie en sal oor die naweek besluit hoe om die blog te verander, maar dankie vir almal wat so lekker kuier, lyk my as ek so kyk HBK, Tammy, Monique en Charmaine en Zelda maak die ouens en die girls se kniee lam :-)
Nou ja julle moet lekker chat, miskien is 'n lekker onderwerp om te praat oor ouens wat metro males is, dink julle ek bv. is bietjie aan die gay kant omdat ek van die nice goed in die lewe hou of het die tye verander?
Gister se meningspeiling 57% van julle dink Dozi is te oud vir sy girl met wie hy vandag trou, ek dink nie so nie, dink nie ouderdom het enigiets met liefde uit te waai nie, sou seker gewees het as almal dieselfde is as al die ander mense, maar mense verskil almal bereik verskillende grade van volwassenheid op verskillende ouderdomme, dis my mening en ek stick by dit!
Later
Wimpie

208 comments:

«Oldest   ‹Older   201 – 208 of 208
Anonymous said...

Sekerlik Zelda, dit sal great wees. Moet sel nommers kry!!!
Ja, Kayley, ons is die gewone Oosrand girls en jy?/
Jy ook Zelda!!
Monique

Anonymous said...

Is almal nou weg?

Anonymous said...

hey jul wie is op? christi

Anonymous said...

ek is hier HBK

Anonymous said...

En ek

Monique

Anonymous said...

Maar nou gaan ek weer af. Gaan ook nou huis toe
Geniet die naweek julle klomp

Monique

Anonymous said...

hey almal. christi

Anonymous said...

More almal,

Wimpie, wat daai "lelike" skoene betref...as dit gemaklik is hoekom nie. Daai verpleegsters is meeste van die tyd op hul voete. Ek glo nie hulle dra dit vir mooigeite nie. En ek dink ook nie hulle dra dit as hulle uitgaan nie - tensy dit al is wat hulle het...jy weet, met die "min" geld wat hulle verdien...

Dis goed as mans na hulself kyk. Weet nie hoe ek sal reageer as my man gaan vir facials en die toet nie..hehehe. Hy is maar 'n blue coller man, en ek like hom so. Maar nee, ek dink nie jy is gayerig nie. Doen wat jou laat goed voel en geniet dit.

Groete

Sonneblom

«Oldest ‹Older   201 – 208 of 208   Newer› Newest»