Jy weet nie wat die week gaan oplewer nie en gevolglik is jy so tussen twee vure wat die Maandag aanbetref, so teen die middel van die dag het jy sommer klaar besluit watse tipe week dit gaan wees en gevolglik of dit 'n blou Maandag is of nie....
Ek wil nie persoonlike dinge openbaar hier op my blog nie maar ek het 'n rowwe naweek agter die rug en dit alles omdat mense blykbaar nie Afrikaans verstaan nie en omdat jaloesie 'n lelike ding is, ek het nog nooit die nodigheid gesien om mense goed oor en oor te verduidelik nie omdat ek aanneem almal het 'n begrip van Afrikaans wat dit maklik maak om te verstaan, maar nou ja blykbaar is ek verkeerd...
Genoeg daarvan kom ek volstaan net deur te se party mense wat ek ken het 'n helse klomp grootword werk om te doen en moet besef mens storm nie net blindelings in 'n ding in nie, en omdat ek nie bereid is om dit te doen nie beteken nie ek is 'n idiot nie, maar genoeg daarvan.....daardie mense lees mos in elkgeval nie strooi soos my blog nie, so hulle sal in alle geval nie hierdie sien nie.....OF HOE!
Toe ek jonger was, is ek altyd gefassineer deur die sewe wonders van die wereld, wat dit was en hoekom dit as 'n wonder beskou is, vir my was dit altyd maar die piramides omdat daar soveel misterie aan betrokke is, niemand kan vandag nog presies se hoe dit bv gebou is nie...
Wel die nuutste sewe wonders van die wereld is aangewys, hier is hulle:
Meer as 100 miljoen mense het aan die aanwysing van die nuwe Sewe Wonders van die Wêreld deelgeneem. Die wenners is Saterdag aangekondig.

Die piramides van Egipte is outomaties as ’n ere-kandidaat aangewys en hoef geen stemme te gekry het om weer as ’n wonder van die wêreld te kwalifiseer nie.
Die ander wenners is:
Die Groot Muur van China
China se Groot Muur is die wêreld se langste mensgemaakte struktuur en is meer as 6 400 km lank, amper vier en ’n halwe keer die afstand van Johannesburg tot in Kaapstad. Dit is ook die grootste mensgemaakte struktuur wat tot nog toe gebou is, in terme van oppervlakte en gewig.
Die muur is tussen 220 v.C. en 5 v.C. gebou. Die bekendste deel is deur keiser Qin Shi Huang, die eerste keiser van China, gebou.
Petra in Jordanië
Petra is 2 000 jaar gelede in die woestyn van Jordanië deur die Nabatese koninkryk gestig. Die stad bestaan uit versierde pilare, boogingange, grafte, teaters en reliëfbeeldhouwerke wat uit die pienkrooi rots gekerf is.
Die stad is ook bekend daarvoor dat die rolprent Indiana Jones and the Last Crusade daar verfilm is.
Die Christus-beeld in Rio de Janeiro, Brasilië
Dié Christus-beeld, die baken en ikoon van Rio de Janeiro en Brasilië, is 38 m lank en weeg meer as 700 ton. Die standbeeld staan op die piek van die Corcovado-berg in die Tijucawoud-nasionale park en het ’n asemrowende uitsig oor die stad. Die standbeeld is in 1931 opgerig en deur die Frans-Poolse beeldhouer Paul Landowski geskep.
Machu Picchu in Peru
Dié pre-Columbiaanse stad is deur die Inka-beskawing 2 430 m bo seespieël in die Urubamba-vallei opgerig. Dit is in die middel van die 15de eeu gebou tydens die toppunt van die Inkas se beskawing en toe minder as 100 jaar later verlaat toe die Spanjaarde Peru binnegeval het. Volgens argeoloë was die stad in drie dele verdeel: die heilige distrik, die gewilde distrik en die distrik van die priesters en die koninklikes.
Chichen Itza in Mexiko
Chichen Itza is deur die Maja-beskawing gebou en is in die noordelike deel van die Yucatán-skiereiland in Mexiko. Die hoofaantrekking by dié ruïnes is die Tempel van Kukulcan. Dié tempel is in piramide-vorm gebou en tydens die lente- en herfs-nagewening werp die struktuur ’n skaduwee van ’n geveerde slang, die Maja-god Kukulcan, oor die noordelike stel trappe van die piramide.
Die Colosseum, Rome, Italië
Die amfiteater is in die middel van Rome en kon tydens die hoogtepunt van die Romeinse beskawing meer as 50 000 toeskouers huisves. Dit is gebruik vir swaardveg-kompetisies en openbare skouspelle wat gewoonlik wreed en bloeddorstig was.
Die Colosseum bestaan uit vier vlakke waarvan elkeen se pilare in ’n ander styl geskep is.

Die Taj Mahal, Agra, Indië
As daar ooit ’n monument vir liefde was, is dit die Taj Mahal. Die Moegalse keiser Shah Jahan het dit laat bou as ’n praalgraf vir sy gunsteling-vrou, Mumtaz Mahal.
Jahan was volgens oorlewering só bewoë toe hy die eindresultaat sien, dat hy beveel het dat die argitek se regterduim afgekap word sodat hy nooit weer iets so mooi kon ontwerp nie. Die Taj Mahal is uit wit marmer gebou, wat effens deurskynend is en deur die loop van die dag van kleur verander
Wel daar is dit die amptelike lys van die sewe wonders van die wereld...
Ek het toe nie genoeg geld op die July gewen om te kan aftree nie, inteendeel nie eers genoeg gewen vir 'n hotdog nie, sorry!
Ek sluit af vanoggend met die belaglike stand van sake in Mugabewe, oftewel die eens pragtige Zimbabwe en wat ek terdee hoop nie een van die dae Suid-Afrika gaan wees nie...
Kwotasies in Zimbabwe wat deesdae gegee word is net 'n paar uur geldig en nie meer sewe dae soos in die verlede nie....dis 'n ware verhaal en nie 'n joke nie, die rede inflasie staan op 4000%! Werkers vra om eerder met kos vergoed te word as met geld!
En steeds staan ons regering met handjies gevou en wil niks doen aan hulle voormalige kameraad en vryheidsvegter Robert Mugabe nie, dit tervyl 50 000 onwettige immigrante daagliks van die noorde hier instroom!
33 Top sakelui is in Zim gearresteer, weet jy hoekom hulle wil nie hulle pryse met 50% verlaag nie, ongeag wat hulle kosprys was nie....
Dis 'n joke en dit maak my die wetter in en nog steeds val die stilswye van mnre Mbeki en kie saggies op die ore van die res van die wereld wat met groot oe staan en kyk na dit wat hier in die Suidste punt van Afrika gebeur en ons gewone Suid-Afrikaners skud ons koppe in verslaentheid en ongeloof!
Dis al vir vandag, o ja ek is op soek na 'n date vir Oos Rand Stereo se Fanus huldigingsaand aangesien my dogter tans die enigste vrou in my lewe is en sy klaar iets aan het daai aand..... so laat weet maar as iemand dalk iets vir my kan reel, ek belowe 'n lekker fun aand met 'n vyf gang ete, en ja natuurlik GREAT geselsskap, ek wag in spanning.
Later!
Wimpels.
7 comments:
Hello hello! Ai man Wimpie, as jy al Sondag geskryf het oor die nuutste in jou liefdeslewe, moes dit iets gewees het :-)
Goeie more, bly om te hoor dat dit goed gaan ....H
Wimpie
Ek sien jy wil nie persoonlike goed uitlap op jou blog nie - nee man, dit IS mos persoonlik...dink net hoeveel mense kan jy raak - en dis soos die binnekamer van 'n sielkundige...tensy jy bang is daar is iets waarmee ek jou kan blackmail (lol!!)
Ek het vir jou 'n laaang brief by my gelos. Nou moet ek regtig gaan werk of ek kry nie pay hierdie maand nie en die besigheid vou sommer drie keer....
Lekker dag!
hi ja nee kan sien monique is weg, en waar is die anner... hoe lyk dit vir my die blog staan stil hmmm??? ja nee ek beter maar net sê dit gaan goed want anners ontplof ek en ja hiers nie genoeg skryf plek... so ja al julle bloggers hê julle self n supa doopa week... ari wari HBK
Hi Wimpie
ek kan nie glo jy is so blind nie ek is voor jou kyk net dan sal jy my sien...
nog altyd verlief, nog altyd verlore!
Julle mense wat is vout met ons? Liefde ag wat kan ek daar oor se hmmm? Wimpie jammer maar ek biekie te jonk! :)
Julle mense wat is vout met ons? Liefde ag wat kan ek daar oor se hmmm? Wimpie jammer maar ek biekie te jonk! :)
Post a Comment