Sunday, July 8, 2007

Rugby, Paris (ugh) en my laaste verhouding!

'n Luilekker Sondag, dis seker een van die lekkerste dinge in die wereld wanneer jy weet jy hoef nie op te staan nie, jy kan die heeldag in die bed bly en jy oorweeg dit om sommer net dit te doen.
Jammer aan die bokke vir gister, as ons ernstig wil wees het ons nie gedink hulle kan wen nie, maar ons het tog maar styf duim vasgehou en toe ons 17-0 voorloop na skaars tien minute het ek huiwerig begin teug aan 'n skotse dranie, maar helaas geweet dis eenvoudig net te goed om te hou......
Suid-Afrikaanse rugby strompel net eenvoudig van die een krises na die volgende en die arme Springbok se genadedood aan die hande van die ANC is nou wees uitgestel met 6 maande nadat die ANC koukus nie ooreenstemming kon bereik op hulle konferensie nie, en die sepie gaan aan en aan en aan.
Hier is 'n cool video clip van 'n Amerikaanse nuusleser wat Paris Hilton omtrent soveel haat as wat ek haar haat!



En as jy wil weet hoekom ek haar haat, kyk hierdie video:



Op 'n persoonlike noot het ek weer daarin geslaag om 'n meisie lewendig te verloor....mmm ja no surprises daar nie maar ek dink ek praat nogals goeie afrikaans en ek dink ook nie ek is die kortste ou in die wereld nie....maar nou ja wat weet ek.
Agt uit tien huwelike in Suid-Afrika misluk en ek dink na dese begin ek al hoe meer besef hoekom, mense storm net eenvoudig te vinnig in 'verhouding in en dan as jy weer sien bly hulle saam binne twee maande en soek vir 'n ring binne vier maande daarvan, wel ek het besluit dit werk nie, gaan eers bietjie die wereld uitkyk, sien wat is op die menu en dan ten minste ses maande net date voor ek weer 'n commitment aan enigeen maak.
Dit gaan beteken ek sal al meer alleen op plekke uithang en dateloos by funksies opdaag maar SO BE IT!
Ek dink ek gaan vandag bietjie my single status uittoets, alleen fliek en sommer alleen uiteet ook, ek reken ek behoort minstens R300 te spaar vandag....mmm ja dis nog 'n ding as ek weer date in die toekoms, ek betaal die helfte en sy betaal die helfte, einde van die storie.
Lekker naweek verder
Later
Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

Dis nie altyd lekker om alleen te social nie, maar jou punt is geldig - 'n man spaar inderdaad baie geld!