Kom ek sommer begin met die nuwe kredietwet wat ek so vinnig gister oor gechat het, my broer het nou bevordering gekry en is nou een of ander grootkop in die bank, geluk ou seun, maar hy het my gister oor die vingers geraps en verduidelik die nuwe kredietwet is eintlik glad nie so erg nie en eintlik goeie nuus as jy in die verlede gesukkel het om krediet te kry omdat jy nie krediet gehad het nie, was altyd vir my 'n raaisel daai een, hy sal my oor die naweek 'n e-pos stuur en verduidelik hoe dit presies werk, intussen kan jy hom e-pos by dvandersandt@fnb.co.za as jy sullel om krediet te kry hy se hy SAL jou help!
Toe hulle Robert McBride aangestel het was ek een van sy grootste kritici en ek het voorspel dat daar een of ander skandaal of skandale gaan wees waar hy betrokke gaan of sal wees en ek was reg.
Ek sal oor die naweek die hele storie plaas van sy vendetta teen die polisiebeamptes wat verklarings vir die skerpioene oor sy beweerde dronkbestuur saa, hy het gister twee van hulle laat toesluit en was persoonlik daar om toe te sien dat dit gebeur!
Is die man net buitengewoon arrogant of pleinweg net dom?
Die kwessie van rugby en die bokke gaan ek Saterdag breedvoerig bespreek op hierdie blog, ek kan nie net 'n paragraaf daaraan spandeer nie, ons laaste kans om 'n wereldbeker te wen het aangebreek en dit is hierdie jaar, kom loer oor die naweek in ek gaan 'n breedvoerige stuk skryf oor rugby, transformasiekak en die springbokembleem en hoekom JY MOET OPHOU OM RUGBY TE ONDERSTEUN!!!!!!!!!!!!!
Ek het gister gepraat oor die liefde en hoe dom mense is wanneer dit by die liefde kom, dis asof mense se breins vries as daar liefde betrokke raak, vat nou maar die ou:

’n Bosveldse boer met ’n blou trekker sal enigiets doen om ’n blonde meisie wat hy net een keer gesien het, op te spoor.
Want, nadat hy ’n paar sekondes na sy foto van haar gestaar het, het hy geweet sy is die een.
Omdat sy “nog met haar oë lag; nie toegelaat het dat die wêreld haar bitter maak nie en nie aangeplak is nie”.
Só graag wil AJ Kotzé (35), boer en sakeman van Marken in die Bosveld, die meisie opspoor, dat hy vandag ’n advertensie met haar foto in Beeld geplaas het.
Die advertensie het hom R4 000 uit die sak gejaag.
Nadat hy ’n maand gelede vergeefs 1 000 plakkate met haar foto in Pretoria opgesit het, was die advertensie al wat oorgebly het. “Die plakkate het geen resultate gelewer nie. Mense het verskriklik met my gespot.
“Iemand het selfs gebel en gesê ek moet dadelik kom, sy sit in die Spur. Toe ek daar opdaag, was sy nie daar nie en lag hulle vir my.”
Kotzé sê hy het nog net “vyf of agt woorde” met die punt van sy hart gepraat, en “weet niks van haar af nie” maar hy weet sy is die een.
“As sy nog in ware liefde glo en sy wil dit ervaar, moet sy my bel,” het hy gesê.
Genade ou, bou 'n brug en kom oor dit, dis alles net 'n slegte droom, die liefde en alles wat in die naam van liefde gedoen word.......
Wat dink jy daarvan, dink jy ou moet so ver gaan vir "liefde" hahahaha!
Later
Wimpie
8 comments:
Hi Wimpie,
Ek kon net die eerste week van Live audio streaming na jul luister op my PC. Elke keer as ek op play click dan gaan dit na "connecting to the media" en dan "ready", as ek dan weer op play click dan begin die proses weer van voor af. Wat kan die probleem wees?
Dag almal! Wimpie eerstens, mense skreeu vir rugby, want ons het groot geword daarmee. Ons raak kwaat vir die rugbyspelers maar tog trek dit ons weer aan! En met die liefde storie EK WEET NIE WAT OM TE GLO NIE! Rerig. liefde is helheid blind.
Hey Wimpie
Ekt vanoggend presies dieselfde probleem ondervind as anonymous hierbo, maar dit werk nou weer. Probeer gou weer anonymoys
hi
daar is tegniese bystand as jy nie kan connect op audiostreaming, gaan kyk op www.939.co.za as jy hulle email sal hulle probeer help ek is seker.
interessant na my tirade vanoggend oor transformasie in sport is ek uitgedaag tot 'n debat op my show deur een van die groot transformasie ouens in suid-afrikaanse sport.
soos julle kan dink het ek die uitdaging onmiddelik aanvaar so luister volgende week sal julle laat weet wanneer......EK KANNI WAG NIE!
o ja telkom was van lyn af vanoggend miskien was dit die probleem!
hey bra
Dankie vir die gelukwensing op die blog.Sal die mense probeer help, maar onthou ek kan dalk die onmoontlike doen, maar aan wonderwerke werk ek nog! Ek het nie als gehoor oor die rugby transformasie issue nie, het ook tegniese probleme ondervind met die audio stream. Jy moet my asb laat weet as wie ookal op is met daai debat. Ek sal graag ook n woordjie met hom wil wissel!
Groete
Danie
cool dude....sal jou laat weet
Hi Wimpie,
Ek persoonlik dink daardie ou is great. Kyk hy het die girl loop sien en het slaaplose nagte. En die ergste van alles sy is self mooi/pragtig
Gie gie en hy gaan haar opspoor. Ek stem, sy pelle gaan hom klaar maak met haar!
Lekker dag. O jaaaa hoe kom ek geluister na jou. Ek sal moet deur die rekenaar want ek woon in Mozambique
Groetnis.
Post a Comment