Friday, July 13, 2007

Misdaad op Vrydag die 13e!

Misdaad, misdaad en misdaad, ek dink ons kan almal se ons is lekker gatvol, almal het een of ander storie om te vertel oor misdaad en vriende of familie wat slagoffers van misdaad is of was, vandag wil ek bietjie 'n ander hoek daarop sit.
Wat doen jy om misdaad te beveg, hoe betrokke is jy om die misdaad probleem op te los behalwe om daaroor te kla, ek weet ek is ook somtyds skuldig daaraan, dis maar net menslik, maar dit los nog steeds nie die probleem op nie.
Die regering is die enkele grootste skuldige as dit by misdaad kom, laat ek verduidelik dis eenvoudig as die regering se inisiatiewe gewerk het sou werkloosheid nie so hoog gewees het nie en misdaad sou af gewees het.

Ek luister vanoggend na 'n baie interessante gesprek met Allan Heyl die voormalige bankrower en lid van die Stander bende en deesdae motiveringspreker.
Volgens hom is werkloosheid nie 'n verskoning vir misdaad nie, hy maak 'n geldige punt wanneer hy se as daar niks met jou hande verkeerd is nie, is daar geen verskoning om misdaad te pleeg nie, hy se as jy vuur kan maak en wors langs die pad kan braai kan jy 'n lewe maak en hoef jy nie misdaad te pleeg nie en ek is geneig om met hom saam te stem.
Nou terug na my punt toe van netnou, omdat ons in hierdie land bly, en die meeste van ons nerens anders kan of wil gaan nie het ons 'n sosiale verantwoordelikheid om op te tree, misdaad gaan nie oornag geklop word nie en daar gaan ook nie een aartskuddende gebeurtenis plaasvind wat misdaad vir altyd gaan uitsorteer nie, dit gaan bietjie vir bietjie en klein veldslaggie vir klein veldslaggie uitgeroei word, dis jou en my plig om dit te doen, as iemand jou 'n gesteelde selfoon aanbied en jy bel nie die polisie nie, is jy deel van misdaad, as jy by 'n kuierplek sit en 'n ou slaan die rook uit iemand uit en jy wil nie betrokke raak by die saak om te gaan getuig nie, is jy deel van die probleem, as jy 200km/u op die snelweg jaag is jy deel van die probleem, as jy stormdronk agter jou kar se stuurwiel inklim, moet nooit weer oor die misdaadprobleem in die land praat nie want jy is deel daarvan.
'n Paar jaar gelede was ek bevoorreg genoeg om 'n draai in New York te maak, eens op 'n tyd die misdaadhoofstad van die wereld.
Hoe het hulle dit opgelos, maklik begin besef misdaad is misdaad en gemeenskapsbetrokkenheid, jy is vir die kleinste misstappie toegesluit, beboet en of tronk toe gestuur, die gemeenskap het ingekoop in die idee en nie gekla nie, misdaad is binne vyf jaar hok geslaan en New York is vandag, behalwe vir die terroriste probleem een van die veiligste stede in die wereld.
As jy vandag 'n pirate DVD op die straathoek koop vir R50, dink daaraan jy het vandag R50 bygedra tot misdaad in Suid-Afrika!
Genoeg gepreek op Vrydag die 13 e!

Hier is 'n paar Urban Legends oor Vrydag die 13e:

Needleworking: "I knew an old lady who, if she had nearly completed a piece of needlework on a Thursday, would put it aside unfinished, and set a few stitches in her next undertaking, that she might not be obliged either to begin the new task on Friday or to remain idle for a day." (1883)

Harvesting: "My father once decided to start harvest on a Friday, and men went out on the Thursday evening, and, unpaid, cut along one side of the first field with their scythes, in order to dodge the malign fates which a Friday start would begin." (1933)

Laying the keel of, or launching, a ship: "Fisherman would have great misgivings about laying the keel of a new boat on Friday, as well as launching one on that day." (1885)

Beginning a sea voyage: "Sailors are many of them superstitious . . . A voyage begun [on a Friday] is sure to be an unfortunate one." (1823)

Beginning a journey: "I knew another poor woman, who . . . made it a rule never to . . . set out on a journey on a Friday." (1804)

Giving birth: "A child born on a Friday is doomed to misfortune." (1846)

Getting married: "As to Friday, a couple married on that day are doomed to a cat-and-dog life." (1879)

Recovering from illness: "If you have been ill, don't get up for the first time on a Friday." (1923)

Hearing news: "If you hear anything new on a Friday, it gives you another wrinkle on your face, and adds a year to your age." (1883)

Moving: "Don't move on a Friday, or you won't stay there very long." (1982)

Starting a new job: "Servants who go into their situations on Friday, never go to stay." (1923)

Wanneer raak hulle nou ontslae van Robert McBride, wat moet hy nog doen om te bewys hoe onbevoeg hy is om Metro Polisiehoof te wees. Hier is die jongste skandaal:
Mnr. Robert McBride, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, het gister sy drie voormalige handlangers in dié metropolisie-streek van aandadigheid aan verskeie misdade beskuldig.

Die drie geskorste metropolisielede, hoofsupt. Stanley Sagathevan, hoofsupt. Patrick Johnson en supt. Itumeleng Koko, het eergister ’n interdik teen McBride gekry nadat hy glo gedreig het dat hy hulle sou “doodmaak en hulle vrouens en kinders verkrag”.

McBride het gister aan Beeld gesê hy “sit met bewyse voor hom” wat dié drie met verskeie misdrywe, insluitend transitorooftogte, verbind.

Beeld het vroeër berig dat Sagathevan en Johnson onwettiglik met voertuie wat die metropolisie by vermeende misdadigers afgeneem het, rondgery het sonder om dit in die polisie se bewysregister in te boek. McBride het gister dié voorvalle bevestig.

Sagathevan en lede van die metropolisie se spesiale eenhede, waarvan hy die bevelvoerder was, het ook glo gereeld met vervalste nommerplate rondgery. Een van dié offisiere is in Junie verlede jaar deur ’n senior metropolisielid gekonfronteer.

Dié lid, mnr. Elder Fortein, het glo gesê hy werk in opdrag van McBride self. Die senior metropolisielid het ’n brief aan McBride gestuur om vir ’n verduideliking te vra.

McBride het tóé ontken dat hy dié brief gekry het.

Fire hom, erken julle moes hom nooit aangestel het nie en vra die publiek om verskoning, maklik!
Vandag se meningspeiling was jy die laaste jaar 'n slagoffer van misdaad?
Sterkte Bokke, ons hoop bo alle hoop vir 'n oorwinning oor die All Blacks!
Later
Wimpie.
Ps Iemand het nou die dag gevra vir 'n video van die regte haka, hier is dit.

4 comments:

Anonymous said...

more more ja nee dis nou maar weer bewys die oosrand girls praat net... waar was julle g.aand hmmmm dog julle gaan firkin toe kom julle het n show gemis hoor..... ja nee en ek en arno bietjie gekuier klein bietjie.... sommige mense waai mos vroeg he he smaak my die ouderdom tree in...... ja vandag gaan n lang dag wees en dis nog friday the 13 as well... tot later HBK

Anonymous said...

THREE LADYS SITTING IN A BAR COMPARING HUSBANDS.. THE FIRST ONE SAID MINE IS LIKE A DENTIST LIKE TO DRILL HARD... THE SECOND ONE SAYS MINE LIKE A MINER......GOT A MOERSE SHAFT... THE LAST ONE SAYS MINE STILL THE BEST LIKE A POSTMAN HALF THE TIME HE'S LATE AND DELIVERING IN THE WRONG HOLE.....HHH

Anonymous said...

monique waars jy hmmm slaap julle julle dag daar in arizona hehe.... ja nee smaak my jy het n lekka tydjie daai kant wel enjoy dit.... dis naweek en ja ek is vol stories party tyd.... hoor weer van jou dan ari wari HBK

Christi said...

Dag almal. Misdaad suig, en ja almal moan daar oor. Ek wou een keer n pirate dvd koop toe se my pa nee want ek vat die brood en botter van die mense af weg wat dit eintlik laat skiet, record, opgvoer het. Dit werk partykeer ook nie altyd nie. Ek ken mense wat nog pirate dvds koop en dan kwaat raak as dit nie werk nie. uh duh! ofcous gaan dit nie werk nie! Mense le slapgat en maak misdaad deel van ons land. Maar kom ons staan en beveg dit saam! geniet jul dag verder!