
Die nuwe buzz(vloek) woord in Suid-Afrikaanse sport is transformasie ten alle koste, maak nie saak hoe hoog daai koste is nie...
As transformasie so 'n massiewe issue is soos mnre. Hoskins, Stofile en Komphela wil he ons moet glo, hoekom sien ons dit nie in die syfers nie, en met syfers bedoel ek nie die kwota spelers nie, ek bedoel die toeskouers.
As daar skielik so 'n massiewe belangstelling in rugby en krieket is onder ons mede landsburgers hoekom woon hulle nie die wedstryde by nie?
Ek het al voorheen op hierdie blog gese en ek se dit weer, die laaste kans wat die bokke het om die wereldbeker ooit weer te wen is hierdie jaar, daarna sal dit neusie verby wees soos transformasie en kwotastelsels toegepas word en die Springbok verdwyn.
Ek is verlede week uitgedaag tot 'n openbare debat op my show oor die hele transformasie kwessie deur een van die grootkoppe van transformasie in Suid-Afrikaanse sport, 'n uitdaging wat ek met groot genoegdoening aanvaar het.
Ek het een vraag vir die voorstanders van gedwonge transformasie, waar is die transformasie op die paviljoene?

Die dag wat daar 70% getransformeerde toeskouers op die paviljoene is daai dag oortuig jy my gedwonge transformasie is die in ding.
Watse toekoms het my jong seun as 'n belowende sportman in hierdie land as daar nie in hom belanggestel word nie.... reg geraai oor hy wit is!
Daar is hoeveel jong rugbyspelers wat net eenvoudig nie die paal haal op skoolvlak want hulle is nie donker genoeg nie, ouens wat enige dag in enige gegewe land se nasionale spanne sal instap wie se natuurlike Godgegewe talente begrawe moet word omdat hulle wit gebore is, verduidelik vir my hoe word dit geregverdig.
Ek was nog nooit teen transformasie nie, ek is nog altyd teen gedwonge transformasie, die dag wanneer ek 'n springboktoets gaan kyk en Ellispartk sit gepak met 70% swart toeskouers is die dag wanneer ek alle transformasie wetgewing met ope arms omvou.
Die dag wanneer die Cravenweek weer op 'n standaard is van 'n aanvaarbare vlak en al die swart spelers is in die provinsiale spanne op meriete... is die dag wat ek gelate sal aanvaar dat hulle die Springbokembleem verander.
Die dag wat enigeen van die huidige Cravenweekspanne sy eweknie in die bokkieweek kan klop is die dag wat ek gelate sal aanvaar alles wat hulle se.
Die huidige houding en gevoel veral onder rugby is een wat my onrustig maak, Victor Matfield, Butch James en 'n swetterjoel Springbokke ek hoor gerugte van 13 in totaal is oppad om rugby oorsee te gaan speel aan die einde van die wereldbeker gierdie jaar... weet hulle wat ons nog altyd dink?
Hoskins is op rekord waar hy se dis die laaste keer dat daar so 'n "wit" span in aksie sal wees en dat die Springbok se dae getel is....
Ons enigste hoop en monntlike redding le ironies genoeg by ons aartsvyande die All Blacks en die Wallabies om Suid-Afrikaanse rugby te red, sien jy die ironie in die saak dat ons grootste vyande op die veld moontlik ons grootste bondgenoot daarvan af gaan wees...
Wie gaan belangstel in 'n drienasie reeks waar Suid-Afrika nie mededingend kan wees nie en 'n bespotting van die kompetisie gemaak word, dink jy die All Blacks en die Wallabies se toeskouers gaan belangstel om te kyk hoe hulle ons met 50 en 60 punte verpletter?
Ek hoor op goeie gesag dat daar reeds met Argentinie onderhandel word om ons te vervang in die drienasies........wat 'n hartseerdag sal dit nie wees nie.

Robert McBride wie se kwalifikasies om hoof van EMP te word, was dat hy 'n bomplanter van formaat was, se kollegas beweer nou dat hy die dag van sy berugte ongeluk twee bottels whisky uitgedrink, Johnny Walker Black en Jack Daniels nogal, ek kan nie wag om te hoor wat gebeur verder !!
Later
Wimpie!
Vandag se meningspeiling sal jy rugby gaan kyk as die spanne nie kompiterend is nie?





12 comments:
Transformasie: Ek stem!
Robert McBride se kwalifikasies: Ek stem!
Hi Wimps
wanneer gaan jy jou shit stop, ek het gister vir jou gese jy soek geluk by al die verkeerde mense, kyk om jou ek is nog hier, nog altyd verlief en verlore ek ken die ander wimpie wat niemand ken nie die een wat huil in flieks....
bel my, ek weet jy kan dit uitfigure!
Wimpie
Sorteer eers jou lewe uit voor jy weer hals oor kop in 'n verhouding instap. Die regte deksel is daar vir jou jy moet dit net kry. In elk geval dink ek sommige meisies wil net saam met jou gesien word vir die publisiteit, en nie vir Wimpie nie. Soek nou vir jou 'n meisie wat jou op die hande sal dra en ook sal bederf en jy moet dieselfde vir haar doen.
Ina
Wimpie se dit vir almal: NOG ALTYD VERLIEF NOG ALTYD VERLORE... so sorry anonymous!!!
In elk geval, al kry Wimpie iemand wat hom op die hande sal dra, wil hy dit nie he nie! Hy het nog nie klaar gejol nie...
sorry maar dis die waarheid..
Dink net 'n saak het 2 kante, dalk het hy dit gehad, maar weggegooi!
wimpie
hoe meer ek die comments op jou blog lees hoe meer begin ek een ding verstaan.
hierdie mense ken jou eintlik glad nie en ek twyfel of enigeen wat claim om saam jou te wees of is, langer as 'n maand met jou deurmekaar was.
jy kan nie iemand binne 'n maand leer ken en dan 'n oordeel of opinie oor daai persoon he nie.
ek het met wimpie uitgegaan, en vir baie langer as 'n maand en ek kan reguit se dit was die beste tyd van my lewe en in die tyd wat ons saam was het hy nie eers na 'n ander vrou gekyk nie.
ons was commited aan mekaar en het ek nie my ore uitgeleen nie, was ons seker nog steeds, en nou het ek myself seker weggegee wimps.
moenie sommer vir die eerste beste meisie gaan nie al moet jy nog 'n honderd uitvat voor jy die regte een kry, dis jou reg.
Gie gie Wimpie, smaak my die girls is mal oor jou !!!
Weet jy Wimpie, gaan mal en jol want as jy getroud is, is dit te laat. Onthou net ten alle tye, respekteer daardie vrou, en as ek so na die kommetaar lees, doen jy.
Gaan groot ...
Eben
Hi Wimps, ek het vanoggend op die radio gehoor jy gaan vir die voller figure so ek neem aan dat ek 'n kans staan ! Laat my weet waar ek jou kan kry en jy het 'n date !
Hi Alle julle snobistiese Springs girls, aangesien Wimpie nou vir die voller figuur gaan wil ek graag 'n date met Gerhard Schaap reel. Moenie kommer Gerhard, ek is 'n nommer 10 ! Dink jy is gorgeous en glo dit sal 'n fees wees. Onmoet my Donderdag aand by Firkins in Centurion. Die Oosrand is te trotters vir my !!!
Wimpie, Is dit jou bydrae tot transformasie om van die dunnes tot die dikkes te gaan ????
Ek sien hier is geen interaksie op Wimpie se site so kom ons probeer my favourite man gerhard se site ! So indien daar enigiemand verder wil gesels - sien julle daar !
hallo julle almal ja nee vandat monique weg is........ en zel-la en di res is die blog maar stil jong.... ja nee smaak wimseun die jol is aan na jou uitlatings vanoggend.... nou ja enjoy bra.... dink dis bietjie jol tyd vannaand vir my ook........ ok enjoy ari wari HBK
As "transformasie" sinoniem was met "verbetering", sou ek dit al die pad gesteun het. Ongelukkig gee die huidige regering die positiewe woord "transformasie" 'n slegte naam. "Transformasie" word nou sinoniem met "middelmatigheid".
Post a Comment