Tuesday, August 14, 2007

Ai President!


President Thabo Mbeki, Steve Hofmeyr, Manto Tshabalala Msimang, Robert McBride, Robert Mugabe het almal iets ingemeen.
Hulle het almal geen respek vir vryheid van die pers nie.
Persvryheid is nie eers onderhandelbaar in enige vry en demokratiese land nie.
Die president begeef hom op gevaarlike terrein met sy verdediging van sy minister van gesondheid en sy tirade teenoor die pers...
Dit staaf net weer die punt van hoe jy in die land beloon word vir lojaliteit teenoor die huidige regering.
Die rede hoekom Mbeki nog nie daadwerklik opgetree het teenoor die Mugabe regering in Zimbabwe nie? Lojaliteit teenoor Mugabe...
Die rede hoekom Routledge afgedank is as adjunk minister van gesondheid? Lojaliteit teenoor Msimang en die rede hoekom die presidensie nou uitvaar teenoor die Sunday Times, lojaliteit teenoor Msimang.
Die presidensie het die volgende verklaring uitgereik sonder om mooi te dink watse bewyse die Sunday Times dalk het in plaas daarvan om iets meer neutraal te se tot die feite aan die lig gekom het:

"The presidency notes that the latest allegations levelled against the minister of health appear to be consistent with attempts by some in the media and elsewhere, to demean the person of the minister," said the presidency.

Such allegations had the effect of shifting focus from the government programme to improve the public health system as a whole.

"Furthermore, they seem to bear on recent decisions taken by the president regarding the leadership of the ministry of health and to project these in caricature of derogation," the presidency said.

Hoe gaan die presidensie lyk as die Times dalk net met 'n hele aktetas vol bewyse uitkom oor die beweringe wat hy gemaak het, en ek het al geleer ten tyde van my loopbaan as joernalis dat sulke berigte nie bloot geplaas word nie maar eers na die regsafdeling gaan vir goedkeuring, hier kyk baie hoog geplaasde en slim regslui na die bewyse vir so 'n storie voor dit geplaas word...
Die punt is dit was baie ondiplomaties van die presidensie om sommer net in te spring en die houe te laat val sonder om eers te weet watse bewyse die Sunday Times oor beskik!
Dit kan die president met eier op die gesig laat en 'n klomp mense laat bloos indien die berigte waar blyk te wees, dan sou iets in die lyn van :Die presidensie neem kennis van die aantygings teen die minister van gesondheid en wag vir die regsproses om sy gang te gaan voor die prseident kommentaar lewer - baie meer gepas gewees het en die president sou nie die lojaliteitskaart so hard en duidelik gewys het nie!
Jacques Kallis is die moer in en met reg ook, hy wil sy pie vat en waai en oorsee gaan krieket speel oor hy nie gekies is vir die 20/20 wereldbeker in 'n minderwaardige Suid-Afrikaanse span nie...
Kan iemand hom kwalik neem? NEE!
En raak maar gewoond daaraan ek voorspel 'n uittog van Suid-Afrikaanse sportmanne wat chaotiese afmetings gaan aanneem binne die volgende paar maande.
As ek 'n Suid-Afrikaanse sportman was sou ek die regering se beleid van transformasie voor die mensergte hof aangevat het en op grond van die Internasionale Olimpiese Komitee se handves sou ek nog die saak gewen het ook.
Die IOK se handves bepaal duidelik:
Die Olimpiese Handves (4 Julie 2003) van die
Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) stip duidelik in Artikel 2(10) aan dat
die IOK gekant is teen "enige politiese . misbruik van sport en atlete". Dié
handves bepaal ook in Artikel 3(2) dat "enige vorm van diskriminasie . op grond
van ras, . onversoenbaar met lidmaatskap van die Olimpiese Beweging is".
Wat beteken dit ten opsigte van Suid-Afrikaanse Sprot transformasie....maklik dis onverdedigbaar volgens die IOK.
Hou hierdie spasie dop en ek vertel jou watter sportman vat volgende die pad!
Hier is interessante nuus vir jou dis nie onwettig om toestelle in jou kar te he wat jou waarsku teen laserspoedlokvalle nie, dis net onwettig as jou toestel die werking van die spoedkameras beinvloed.....hmmmm!
Ons teken petisie op petisie en dorpe en strate se name verander maar net soos klokslag, dis nou amptelik, Potch is nou Tlokwe en basta, skreeu maar soos jy wil een van die dae is Pretoria Thswane en daar's niks wat jy daaraan kan doen nie maak vrede met dit!
Demokrasie in Suid-Afrika, dis soos twee leeus en 'n Springbok wat samesprekings voer in die wildtuin oor wat is vir aandete!
Later
Wimpie

6 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie,
Soms wonder ek of die mense in die hoë posisies nie minderwardig is? Persoonlik dink ek hulle lag in hulle mou oor alles, want nou is hy 'beroemd' en het aansien in die townships oor hy in die koerant is.

Hy/sy ontken alles in die township. Dus is hy 'n hero in die oë van die ongeletterde. Ontplof daar 'n eier in sy gesig, welllll dis te beter, groter roem vir hom, nou praat almal van hom, en hy stap in plekke in en ontvang alles verniet en die rooi mat word uitgegooi. (Hoofsaaklik in die swart gebiede)

Lekker werk en genotvolle dag.

Eben

Wimpie van der Sandt said...

Eben ek dink jy slaan die spyker op die kop

Anonymous said...

Hallo Wimpie. . .

Weet jy ek het nou met al my nie blanke werknemers(kolegas) gesels oor ons regeering en het tot die volgende slotsom gekom. . .

Nie een van hulle is gelukkig met die stand van sake nie, hulle almal dink Mbeki en Manto is mamparras en dat ons land beter was onder die "wit" regering!

En 80% van die met wie ek gesels het is my ouderdom!!!

Ek wonder net, as Amerika et all moes deurgaan wat ons mense in ons land elke dag deurgaan hoe gou sal hulle die presedensie verander? ja ek weet dat George W Bush 'n groot )*(&*&%^&^$) is maar hy veroorsaak nie dat die mense in sy land na beter weivelde gaan soek omdat hulle te bang is om snags te slaap nie!!!

So ja, nou kan ek van my kassie afklim...

lekker dag vi jou!

Spookie

antjiesomers said...

Hi daar

die hele ding laat 'n vrot smaak in my mond. Van die joernaliste wat so gevloek word tot die regering. Balans? Nie in hierdie land nie....

Jy moet maar politiek toe ou Wimpers, dit sal jou soos 'n handskoen pas!

Lekker werk :)

Anonymous said...

Wimpie

Jy moet bedaar netnou bars jy 'n aar.

Hansie sê nou die dag Tshwane pla nie meer so erg nie want ons het uitgevind ons voorvaarder was Tswanepoel.

Ons kan nie teen hierdie regering baklei nie dit is soos om wind op die poep. Ek dink ons president en Manto is kop in een mus en die adjunk minister het te naby aan die waarheid gekom.

Jy moet maar lekker werk en moenie so omgeklits raak nie.

Ina

Blou Bul said...

Hola

Ja Wimpie die klomp wat jy genoem het is miskien nie almal dieselfde kleur nie, maar hulle is wel voels van eenderse vere.Dis soos jy se persvryheid is on-onderhandelbaar en is amper `n grondslag van demokrasie.

Oor die naamsveranderinge wel wat kan ons daarvan se,ons ergste teenkanting gaan nie hond haaraf maak nie.

Eben jy praat waarheid.En die massas is te dom om die bullshittery agter te kom.Wimpie los die politiek, netnou is Bok van Blerk en David Cramer se Katie van toepassing op jou.Hy som dit so mooi op, "elke polititian op sy eie mission verbeel hom nou hy is my held" en almal belowe jou die son, maan en sterre.

Van krieket gepraat wel Jaques kallis is volgens my nie `n lost vir die 20/20 of eendag krieket nie, los hom by vyf dag.Anders is dit weer blok, blok , blok , een , blok , een.Nee met 20/20 moet jy elke bal biliksem soos daar die tv advertensie.