Thursday, August 23, 2007

Die dinge wat my pla!

Laat ek sommer vanoggend begin om die ouens wat Afrikaans probeer bevorder te bedank, gaan maak gerus 'n draai by die ouens van www.bosparra.com dankie Platkuif julle, hulle het hierdie Blog die Blog van die week gemaak, dankie julle ek waardeer!

Ek het iets om te bieg en alhoewel ek nie van plan is om enigeen se voete te was nie! moet ek erken ek is totaal verslaaf aan 702 Talk Radio, ek is soos 'n spons wat wil inligting opsuig en ek hou daarvan om ander mense se standpunte te hoor, dit gee jou die geleentheid om jou eie standpunte teen ander mense s'n op te weeg en te sien hoe dit opweeg.
Gisteroggend toe skakel ek vir Aki oppad werk toe na die soveelste hekkiesatleet, askuus, voetganger, sorry onwettige voetganger! op die N17 oor die versperring seil soos Carl Lewis in die eindstryd van die 400m hekkies by die Olimpiese spele.
Vanoggend vra hy my om weer te skakel na aanleiding van ons gesprek van gister, ek doen dit toe en voer 'n heel sinvolle gesprek met hom en hy belowe om van 702 se kant af te help met die poging om dinge reg te ruk.
So drie mense skakel daarna en benadruk hoe gevaarlik dit is en dat die probleem inderdaad ook op ander nasionale paaie bestaan...
Net hierna skakel iemand anders en ek verstaan opslag wat die probleem is in Suid-Afrika en hoekom ons nie gaan regkom nie.
Die ou se ja dit is waar maar ons moet ook verstaan dat dit 'n ompad is en dat deur die snelweg oor te steek 'n kortpad is...
Nou daar le die probleem, toe New York reggeruk is was daar nie iets soos klein of groot oortredings nie, 'n oortreding is 'n oortreding en kan nie geduld word nie, tot ons hier in die Suid puntjie van Afrika nie daardie beginsel verstaan nie, gaan ons nie respek he vir wette en wetgewing nie en as ons dit nie het nie gaan ons nooit misdaad uitsorteer nie, dit begin by "petty" misdaad as ons nie eers die klein goedjies kan regstel nie gaan ons nooit die transito rowe, moorde en verkragtings regkry nie.
Die algemene publiek se total gebrek aan respek vir wet en orde is ons grootste vyand en ek is bevrees voor dit nie suksesvol aangepreek word nie voer ons 'n verlore stryd!

Gisteraand gou 'n storie gevang van 'n studie wat gedoen is oor die minister van gesondheid se teorie dat tradisionele kosse kan help in die stryd teen HIV en Vigs....n.a.v. 'n studie wat deur 'n universiteit, en ek sal more die storie vir julle he, is daar GEEN stawing van so 'n teorie nie.
Met ander woorde dis 'n klomp stront en is net nog 'n bewys van die onkundigheid en onvermoe van die minister om haar pos te beklee.
Intussen berig e.tv dat sy nuusspan positiewe bewyse gekry het dat Tshabalala-Msimang aan diefstal skuldig bevind is terwyl sy meer as 30 jaar gelede by ‘n hospitaal in Botswana gewerk het. Sy is beveel om die land te verlaat. Die minister, wat tans op ‘n feitevinding-besoek in die Oos-Kaap is, wou gister nie vrae van die media beantwoord nie.
Dankie Boerinballingskap vir jou comment van gister:
Ek wil dit net weer onder mense se aandag bring: Die belangrikste
kriterium vir 'n kabinetspos (en in sommige gevalle - soos Manto - die
enigste kriterium) is LOJALITEIT aan Mbeki. Bevoegdheid is 'n nagedagte
en in elk geval 'n Westerse kolonialistiese begrip.
Komaan minister doen die eerbare ding en pleeg asb. politieke selfmoord!

Hier is iets belagliks....wel nie rerig nie dit gaan oor Zimbabwe! Zimbabwe se amptelike jaarlikse inflasiekoers het in Julie tot seweduisend-638 persent gespring. Dit is volgens die eerste amptelike syfers wat in drie maande vrygestel is. Die Kantoor vir Sentrale Statistieke berig dat inflasie sedert Mei – toe die laaste amptelike syfers vrygestel is - meer as verdubbel het. Die BBC berig dat die Internasionale Monetêre Fonds verlede maand gewaarsku het dat die jaarlikse inflasiekoers teen die einde van die jaar 100-duisend persent kan bereik. Die Verbruikersraad van Zimbabwe sê die werklike jaar-op-jaar inflasie is baie hoër as die amptelike koers, en meen dit is nader aan 13-duisend persent vir Junie.

Jake White ek hoop jy weet iets wat ek nie weet nie my bra.... die Bokke tjommel rond wen 18-3 teen 'n ontwikkelingspan en Jake se beste antwoord, mense kan nie verwag dat ons elke wedstryd met 100 punte moet wen nie... seker nie Jake maar ons kan seker verwag dat ons spannetjie die basiese goed regdoen soos om af- en inskoppe raak te vang, die bal uit te skop en aanslane uitskakel!
Ek was positief....na nou die aand is ek senuagtig en dink na Saterdag gaan ek net plein bang wees! Hoop ek is verkeerd....

Dankie vir julle comments, Eben, Antjie, Boendoe (sterkte met die ophou rook dis 'n bliksem...ek het ook, teug nou net dan en wan aan 'n sigaar)!

Gister bietjie Golf gespeel, nagmerrie eerste nege gahad, 39 geskiet op die 2e nege!
Ek voel soos Tiger!
Later
Wimpie

25 comments:

Anonymous said...

More Wimpie,

Ek hoop ek kry die wurm vandag, ek is eerste uit die vere!
Dankie vir die ondersteuning met die rook - dis nou 60 uur.

Anyway, ek verstaan jou frustrasies met die onwettige hekkiesatlete, maar dink jy nie ons moet vrede maak met die feit dat ons in Afrika bly nie? Dinge word net anders gedoen hier as in die res van die wereld. En om te verwag dat westerse norme hier moet geld, is om jouself in 'n beroerte in te werk.

Ek sien uit na jou storie oor Manto en die tradisionele kosse!

Lekker dag verder.

Wimpie van der Sandt said...

Boendoe
ek sal jou die krediet gee vir vandag, ek post eers as ek by die werk kom in die oggend dan moet ek nog nuus doen ens. my posts is gewoonlik eers so teen 7H15!
Sterkte met die rook storie

antjiesomers said...

Hi Wimpie

Ek weet darem nie heeltemal van vrede maak soos Boendoe se nie. Net die feit dat ons stil-stil gaan aanvaar laat 'n k*k smaak in my mond.Ek se nooit veel oor d politiek nie, maar sal tog wil sien dat mans en vrouens soos jy nie sal ophou om die irritasies aan te spreek nie. Iewers moet iets draai, al is dit 'n lang draai.Dinge kan nie so aangaan soos nou nie.Ek wil graag vir my kinders die positief in ons land uitwys, want ek glo nie daaraan om SA heeldag af te breek voor hulle nie.Hulle sien en lees alles, so dit is genoeg, maar as ma wil ek nie he hul moet tou opgooi net omdat hulle dink daar is geen geleenthede of hoop hier nie.Dus sal dit vir my vreeslik wees as almal in reverse gear gaan en net 'aanvaar'.

Die outas gaan hulself in 'n knoop kry, hoor my lied. Jy(was dit jy?)het 'n rukkie terug oor Animal Farm gepraat.Was in '87 een van ons voorgeskrewe boeke in matriek en dit is die een boek wat 'n geweldige indruk op my gemaak het, en veral nou, wanneer ek terugkyk was dit soos 'n profesie....kyk wat het gebeur aan die einde.

Manto kort 'n snotklap, en 'n paar ander ook. Dit het ons blankes jare geneem (evolusie)om te kom waar ons vandag is.Dit is onmoontlik om te verwag dat hulle oornag al hierdie inligting en kennis wat ons opgedoen het kan verwerk en skielik aan die hoof van 'n land/besigheid staan.Daar was geen balans of stelselmatige aanpassing verbonde aan waar hul vandaan kom en waar hul nou is nie.Die oorgangsfase was daar nie.Dit was wham, bam, thank you mam...vandag pluk ek marog, more eet ek aan tafel met Emsie Schoeman.Ongelukkig kan dinge nie so werk nie.Jy gaan nie weet wat se eetgerei om te gebruik nie!Mens is geprogrammeer om met tyd aan te pas. Daar is ritme in alles...ritme en wiskunde is die basis waarop ons aanmekaargesit is. Word die ritme onderbreek, maak 1+1 nie meer 2 nie en sit jy met 'n geneuk om weer die note te vind en aan te gaan met die song.
Hier het 'n erge versteuring van ritme plaasgevind en tot iemand die note weer in plek kan sit, sal SA soos 'n vals deuntjie wees met net hier en daar 'n memory van die melodie wat 'was'...

antjiesomers said...

Sorry Wimpers!
Het nie gesien dis so 'n helse lang gesanik nie...sal nie weer nie!

Wimpie van der Sandt said...

dis cool antjie en ja ek het gese van animal farm, jy geweet daai boek is al geskryf in 1949

Lucy said...

Weer ek!
Ja, maar die diere in Animal Farm het op die ou einde die lig gesien. Ek weet nie of Suid Afrika die lig gaan sien nie. Nie terwyl ons onder 'n swart regering is nie. Hulle het 'n ander manier van regeer, dinge doen.
Tensy ons wittes weer eendag 'n vinger in die pie gaan kry, is dit 'n useless battle. Net my opinie!

Dellie said...

More Wimpie en almal

My swaer-hulle is nou 3 jaar in NZ. Baie gelukkig. Hulle kon die misdaad en k@k in SA nie meer hanteer nie. Hulle het gevoel dat daar geen toekoms is vir hulle kinders hier nie, want poste word sommer vir sekere hekkies atlete wat kortpad oor die highway vat, gegee, sonder dat hulle die kwalifikasies het daarvoor. Hulle kinders moes aan die agterspeen suig. Waar hulle nou is, kan hulle ten minste bekostig om gerieflik en veilig te lewe.

Was hulle slim of lafhartig om pad te vat?

antjiesomers said...

Boendoe, lig gesien, ja. Hier is een lig hier en dit gaan geslagte en geslagte neem voor hulle daai lig sien. Teen daai tyd is daar nie meer 'n pie oor om 'n vinger in te he nie...hiehiehie! Lyk my ons mince nou weer arme Wimp se blog vol!dis net boendoe, antjie, dellie en dan weer 'n herhaling daarvan!
As ek tog nie so lief was vir my mense en hierdie land nie sou dit 'n opsie wees, maar o hemel, ek is te sentimenteel om my tuiste permanent in 'n ander land te maak.Lately lyk dit asof ons geforseer word om dit in elk geval te doen!En vir mens se kiddies doen jy mos alles, want charity begins at home...nie eens sentiment kan kersvas hou waar jou kids betrokke is nie.

Blou Bul said...

Hoezit almal

Boendoe oor eending stem ek saam met jou miskien moet ons maar gods water oor gods akker en if you cant beat them, join them.
Maar oor `n ander stelling van jou gaan ek verskil en dit is ek glo nie aan die term westerse normes nie, dis eintlik BESKAAFDE NORMES wat sekere mense nie kan aanleer nie.

Maar ja dit daar laat kan ons ook nie. Ons moet opstaan en ons stemme dikmaak.Vat hulle aan Wimpie!

Ja Jake White het al lekker verskonings van Afrika aangeleer.Julle sal weet wat ek wil se.

Anonymous said...

Jis, ek het nou weer my comments gelees, en dit klink baie rassisties! Ek wil verskoning vra aan die een kant, maar aan die ander kant, ook nie. Dis nie bedoel om beledigend te wees nie. Afrika word net anders regeer as die res van die wereld? Hoekom? En help dit regtig om onsself moeg te maak daaroor? Dink enigiemand REGTIG sy gemoan gaan iets verander? Okei, ek het seker 'n nikotienpuff nodig. Sal nou bedaar. Wimpie, sorry, ons HET jou blog oorgeneem. Waar is anonymous en anonymous wat altyd hier was?? Hoop nie ons het hulle uitgewerk nie?! :D

antjiesomers said...

Wimp, ek kan nie vir Boendoe uitlos nie...moet haar iets gee om haar van die nikotienlus te laat vergeet...sorry!

Boendoe,dis A. Overrated, daai woord rassis. In 'n mate is ons almal dan daai 'woord', en in 'n mate nie.
Sh*t, het ons volkie so fyngevoelig geraak dat ons elke woord moet tel?Nee, dis wraggies A, met 'n kkies agterna.(Dit rym) Ons is so bang vir tone trap dat ons permanent 'hover'. Jy is een van die regverdigste mense op hierdie blogs, so sou dit vir enigeen wat jou nie ken nie (ai, daai woord) rassisties klink...so be it. Ons ken jou mos!

Brein, as ek mag vra...wat gaan jy doen in Breda?(En nog 'n rym!)

Wimpie van der Sandt said...

hehehe
ek mind nie as julle my blog oorvat nie ek doen dit ook nou en dan!
praat is anyway 'n goeie ding! dis al hoe jou brein inligting kry wat jy kan gebruik!
Dankie platkuif vir die link vandag!

antjiesomers said...

Maar Wimpers, jy sien, die ding staan soooo....
Ek het nie vervlaks tyd vir klets nie. Ek moet werk, veral nou met Butter wat besig is om enige oomblik te kraam...
Sal 'n sielkundige moet gaan sien.Die bloglus is groter as ek!!

Wimpie van der Sandt said...

toema ek weet wat jy bedoel!

Blou Bul said...

Antjiesomers:Ek gaan vir eers `n oorplasing vat deur my werk en daarnaby werk, dis nou as jy kan se Swellendam is naby.Maar ek gaan aan met my sideline besigheid dis handel (koop en verkoop)van oregonhout en restourering van oregon deure en meubels, ek maak ook in my spaartyd, goed van oregon.(Oregon hout is my passie)

Anonymous said...

Nee, moenie vir Platkuif bedank nie. Ons het laaaank voor hom geweet waar jy is! Ek dink ons is net bietjie moeg vir Anna se plek...!

Dellie said...

hehe Boendoe, lyk my daai nikotien ontrekking maak jou BRAAF...

Anonymous said...

Ja, Dellie, iemand moet my vat en toesluit. Ek het vandag rooimiere in my alie.

Anonymous said...

Arme "Wimpers"! Hy nooi altyd so ordentlik vir Antjie oor, en nou kom invade ons sy blog heeltemal! Hiehiehie! Wimpie, tensy iemand my nou rerig tickle, is ek KLAAR vir vandag! Promise!!

Dame met 'n wil! said...

Hi Wimpie eerste keer wat ek hier inloer, hallo almal.

antjiesomers said...

Ag ou Boendoe,
wat sal ek se?
Gaan skeit oppie ys...

XXX

antjiesomers said...

Sien Boendoe kap jou nou ookal Wimpers! Sy kan haar malheid nie meer inhou nie, julle sien, nes Casper de Vries in Toet&Taal voorspel het.....

antjiesomers said...

Skuus dat dit nou die derde keer agter mekaar is dat ek my gevreetjie hier plak, Brein, laat weet my wanneer jy daar is, miskien kan V van jou gebruik maak?Al is dit net vir een deur...
Nou waai ek. Regtig. Bye...

Blou Bul said...

Hi Sharks, hoe meer siele hoe meer vreugde.
Antjiesomers, sal so maak.

Anonymous said...

Wimpie,
Ek lees wat jy noem oor Zim se inflasie-koers, maar saam my werk 4 zim mannetjies. (swart natuurlik!) Maar hulle wil niks weet van Zim.

Nou wat ek wil doen is om vir hom bv R1000 te gee om vir my Zim dollars saam te bring. Ek weet dit het geen waarde, en ek sluit ditin my kluis toe.

Daardie regering moet eendag draai, en dan sal die ekonomie ook regkom. Al neem dit 5- 10jr en dan het ek die $zim !! Wel ek sal kan doen met dit .....

Eben