Wednesday, August 22, 2007

Ek kan nie meer nie minister!

Ek het so bietjie gister 'n ou passie van my herontdek, ek het destyds by die Transvaler/Vaderland vir Gerhard Burger gehelp skryf aan Voetap se Sportploeg, weet nie wie van julle is oud genoeg om dit te kan onthou nie, ek het nog altyd weer gedreig om te begin skryf en het gister so begin maak met my Dinsdag rubriek, ek is baie opgewonde voel soos 'n seuntjie met 'n nuwe speelding moes dit lankal gedoen het! Kannie wag vir Dinsdag nie!

Die hele minister van gesondheid sage is besig om soos verlede week op hierdie blog voorspel is, te ontaard in 'n reuseverleentheid vir die president wat te vinnig was om die pers aan te val en sy pel te verdedig....
Nou weet jy hoekom ons niks doen omtrent die pres se ander pel Bob Mugabe nie.
Kyk bietjie na die video dan vra jy jouself af hoekom is daar nog nie opgetree teen die minister nie en hoeveel "bewyse" moet daar nog gelewer word voor haar Jack Daniels - gat gefire word! Helen Zille is aan die woord:

Die woordestryd duur voort om die mediese rekords van die minister van Gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang. Die ANC se parlementêre koukus het sy kommer uitgespreek omdat die Nasionale Redakteursforum die Sunday Times in die kwessie ondersteun. Die party het Sanef uitgedaag om homself uit te spreek oor die koerant se gebruik van die rekords, waarop die organisasie gesê het die onthullings is in die openbare belang. Die ANC-koukus sê nou die bekragtiging van wat hy noem die koerant se kruisvaart teen die minister skep ‘n kommerwekkende presedent.
Die ANC-Vroueliga het ook toegetree tot die omstredenheid. Die organisasie veroordeel wat hy noem die onetiese en immorele manier waarop die media omgaan met Tshabalala-Msimang se persoonlike sake. Die liga sê hy beskou die media se optrede as ‘n inbreuk op privaatheid.
In ‘n ander verwikkeling het die leier van die Vryheidsfront-Plus, Pieter Mulder, gesê die bewerings teen die minister sal nie weggaan bloot omdat die Presidensie dit nie op die oomblik wil ondersoek nie. Hy sê in ‘n verklaring die Presidensie maak ook ‘n fout as hy dink die kwessie sal oorwaai terwyl gewag word op bewyse.

Die Msimang grappe is nou ook volop, die drie bestes sover:
Bart van 7e Laan kon nog gelewe het as die minister nie die lewer gekry het waarvoor hy gewag het nie!
Pretoria is Tshwane, Potch Thlokwe en Joburg Gen is nou Manto's Pub and Grill!
Die pres het vir Manto nou twee assistente aangestel om te help...Johnny Walker en Jack Daniels!
En die beste van die lot, vertaal Manto swims in the Vaalriver? Daar's 'n drol in die drinkwater...hehehe!

Ek persoonlik is nou gatvol gekla oor die hekkiesatlete wat oor die relings bars op die N17 tolpad, waarvoor ek betaal om te ry, ek weier nou om tolgeld te betaal en EK SAL GAAN TOI TOI voor die tolhek, ek sal toegesluit word maar ek sal NIE weer betaal nie...MAAK WAT JULLE WIL! As ek deur 'n landmynveld wil ry kry ek vir my 'n 4x4 en gaan ry in ANGOLA!
En nou word berig dat al die ander paaie in Gauteng nou ook tolpaaie gaan word en jou so 'n ekstra R600 per maand uit die sak gaan jaag!
Wat dink julle daarvan en wat het geword van keuse, op die oomblik het ek darem 'n keuse tussen die landmyngevaarpad N17 en die N12 as ek Johannesburg toe wil gaan nou sien ek die N12 kry ook 'n tolhek of twee, nou waar is my keuse nou, kak en betaal en baste....!

Hier is nog slegte nuus:Die president van die Reserwebank, Tito Mboweni, waarsku dat rentekoerse vanjaar nog ‘n keer kan styg. Hy het in Polokwane aan studente gesê die ekonomie groei bo sy potensiaal en dit het gelei tot algemene prysverhogings. Fin24 berig dat Mboweni sê selfs sonder voedsel en brandstof, is die inflasiekoers steeds bo die vasgestelde teiken. Hy voeg by dat daar niks te doen is aan die kos- en brandstofpryse nie, maar dat ‘n rentekoersverhoging kan kelp om inflasie binne die teikenstrek te hou.

Ek is kla gaan 'n AAR IN MY KOP BARS!!!!!
Later
Wimpie

14 comments:

antjiesomers said...

Vat dit kalm meneer...jy gaan 'n aar bars!
As ek nog enige twyfel gehad het of ek moet terug Kaap toe en in Struisbaai gaan plak, is dit nou sommer uit die weg geruim. Sal ten minste vrede he daar...
Wimpie, gaan lees gou by my laaste post die brief wat ek binne vir jou gelos het...sal jou kommentaar wil hoor!

Blou Bul said...

Goeie more

Ja Wimpie ons ou fokken landjie is al klaar `n Banana Republic,dis `n klomp hooligans wat aan die stuur van ons land se sake staan.

Ek het al gedink as ek Mbeki ooit erens ontmoet of hy steek sy klou na my toe uit om te groet, dan draai ek om en loop weg.Die mense kan my maar kwalik neem, maar hy is nes Kortbroek Jellievis van Skalkwyk.`n Mens kan mos nie respek he vir sulke moroone nie.

Ek se nou die dag vir my vrou hoe lewe die mense wat nie werk het of selfs die met minimum lone.Of self net met `n gemiddelde salaris of gesinne met een broodwiner?Ek en my vrou werk albei en nogsteeds moet ek eenkant iets ekstra doen om net `n goeie lewenstyl te kan handhaaf.

Ek kry die grootste deel van ons bevolking jammer, erens maak `n groepie wat nie kan regeer of bestuur nie, hul sakke vol en Janalleman kak en betaal en sukkel hul gatte af om kop bo water te hou.Gn wonder die klomp gaan so aan hier langs die Krugerhoofweg nie.Ek raak bang!

Ai, SUID AFRIKA!, SUID AFRIKA!

Blou Bul said...

Antjiesomers

Jy praat van die beste plek in die land, Struisbaai, die Overbergstreek.As die Here my spaar is ek seker teen die begin van 2008 daar, ons begin binne die volgende twee maande bou in Bredasdorp.En Desember hou ons natuurlik weer in Struisbaai verlof vir drie weke!

Maar weet jy waar is `n lekker blankeplakkerskamp? Naby die tweede beste plek in die land, Paternoster ek en my broer hulle dreig nou al `n jaar om daar te gaan plak.

Anonymous said...

More Wimpie,
Ja, diep asempies werk goed. In, en uit. In, en uit!

Manto se skandes gaan net onder die mat gevee word. Daar gaat niks van kom nie. Maak maar vrede daarmee.

More, brein. Jy veg darem nog die goeie stryd?

Anonymous said...

Manto sal soos Zuma onskuldig bevind word want in hierdie land mag jy verkrag, steel, moor en aanrand maar o toggie moet net nie fokken rook nie!!!!!!!!

Blou Bul said...

Boendoe, ja gaan kyk na my comment vanoggend aan Sharona & kie.En anonymous jy slaan die syker op die kop, amper soos `n grappie wat ek ken, ek gaan dit maar vertel.

MA aan klein Jannie : Jannie, Sannie wat doen julle?
Jannie:Ons het seks ma!
MA:Julle moet nie stout wees nie julle moet nie rook nie hoor!

My Kop Op 'n Blok! said...

Ek kan nie meer met jou saamstem oor die tolpaaie nie. Ek het 10 jaar gelede besluit ek kan 'n beter inkomste maak in Gauteng en is bereid om saam te leef met die uitgawe elke 6 maande om my ouers naby Upington te gaan sien. As hulle voorgaan om alle paaie tolpaaie te maak gaan dit my binnekort ekstra geld kos om net uit/terug in Gauteng te kom. Wat as die ander provinsies dieselfde begin doen?

Mantosnouverjou'nding! Tos man! Tos Manto, Thabo!

antjiesomers said...

Sjoe, maar julle tos lekker hier rond op Wimpers se blog! My laaitie wil die stuipe kry, want dis vir jare my favourite se-ding en die laaste ding wat 'n tienerlat wil hoor is tos!Niks bybedoelings, net so 'n lekker woord,tossie. En sonder om te grap, die eienaar van Mica in Mosselbaai se naam is Tossie. Bel self en hoor.

Brein, my ma hulle bly in die Overberg en my kiddies sal Bredasdorp moet skoolgaan. Was jy laas Desember daar? Ek was in Struisbaai, miskien het ons nog op die strand langs mekaar gele. My liefie is self nou besig om te bou - L'Agulhas. Net agter die toring.

Julle moet vir Boendoe ondersteun, sy is al seker nou so net oor die 40ure sonder 'n smoke! Arme deng!

Anonymous said...

Het daar nie ook 'n Tossie uitgesaai op 'n staduim ... nou in Spagetti land?

Mooi Brien, hou van jou comments!! Hou die manne lekker besig op SSSB

Eben

Anonymous said...

Nou nog meer tolpaai ... hulle moet en sal 'n manier vind om nog meer geld uit ons uit te kry!! En tien teen een word daai geld nog in hulle eie sakke gesteek.

Anonymous said...

Ek wil dit net weer onder mense se aandag bring: Die belangrikste kriterium vir 'n kabinetspos (en in sommige gevalle - soos Manto - die enigste kriterium) is LOJALITEIT aan Mbeki. Bevoegdheid is 'n nagedagte en in elk geval 'n Westerse kolonialistiese begrip.

Blou Bul said...

Eben, dankie ek is seker al vyand nommer en daar.Ja sy is Tossie Lochner as ek dit reg het, verslaggewer van RSG.

Boendoe ja dis maklik om op te hou rook , jy se net jys klaar daarmee en basta!Ek het op skool begin toe ek in Standard 8 was en het vir nege jaar gerook, een dag in 1989 se ek vir my vrou ek is klaar met rook en gaan nooit weer rook nie en ek het nooit weer nie.Dis nou agtien jaar later, nooit weer lus geword vir `n dampie nie.Maar sterkte vir jou.

Antjiesomers, nee ek was daar einde 2003, 2004 en 2005, en September 2006.Ons bly altyd in `n huis in Hoofweg, C-Vissie.L`Agulhas en die ligtoring is `n besondere bekoring ek haal altyd alikruk daar uit om te eet.

Wimpie jy moet daar gaan bly, daar woon nog regte egte mense en Desembermaande is daar ook myle se lywe op die strand.Die Transagullas ruberduck wedren doen ook elke Desember by Struisbaai aan met lekker vermaak op die strand.

Lucy said...

Wimpie,
Is ek tot voor jou aan die gang?? Kry ons vandag 'n anner possie?

My Kop Op 'n Blok! said...

Ja, Tossie Lochner doen so nou en dan verslag op RSG oor al wat 'n pikante nuusbrokkie is uit Italië. Ek is mal oor haar. Tossie is Tops!