Wel so gaan die lewe maar, jy dink jy het alles in beheer en jou lewe is op koers en jy dink alles gaan voor die wind en die kaarte in jou hand is die regtes......en dan, dan deel die lewe jou 'n joker!
Ek het die afgelope tyd sweerlik gedink okay die lewe is besig om weer sin te maak en begin glo elke pot HET 'n deksel en blah, blah, blah.... nou ja sonder om te veel uit te lap kan ek maar net se het dit alles weer soos gewoonlik in my gesig ontplof!
Kom ons se maar net, ek is moeg vir ander mense se issues wat saam met hulle baggage kom, ek is weer op die rak en is van plan om nou maar vir altyd daar te sit baie dankie!
Dit help nie om jouself 100% in 'n ding in te druk en dis alles net 'n oppervlakkige pot stront nie!, as Steve op sy blog kan uitvaar oor sy sogenaamde verhouding wat nou op die lappe gekom het kan ek seker ook maar bietjie oor my privaatlewe klets, dit is mos my Blog!
As jy voorheen in 'n verhouding was en daar is baggage uit daai verhouding dan moet jy dit in die vorige verhouding hou en nie saamsleep in 'n nuwe verhouding in nie, ek is moeg om te suffer omdat jy 'n fight met jou eks man het!
Daar voel ek nou sommer beter....
Genoeg van my persoonlike lewe wat soos julle kan hoor weer 'n gemors is!
Suid-Afrika is besig om te ontaard in eek groot vlugtelingkamp!
Musina (Messina). – Boere mag nie burgerlike arrestasies uitvoer op onwettige immigrante van Zimbabwe wat die grens na Suid-Afrika oorsteek en op hul plase ronddwaal nie – totdat hulle nie misdade soos verkragting, plaasaanvalle of roof gepleeg het nie.
Dié stelling is gister gemaak deur komm. Calvin Sengani, polisiehoof in Limpopo, op ’n mediakonferensie. Volgens hom pleeg Zimbabwiërs geen misdaad deur die grens oor te steek en op boere se plase te wees nie.
Hy het boere wat dit wel doen, met inhegtenisneming gedreig.
Hy het ook beweer daar is geen toenname in mense wat die grens oorsteek nie!
Wat 'n klomp snert!
So mense wat onwettig die grens oorsteek oortree geen wet nie! Verduidelik vir my daai een, wonder wat sal gebeur as ek onwettig Amerika binnesluip!
Hier is nog iets wat kommerwekkend is:
Die Presidensie het die voorstel verwerp dat ‘n veelparty span die regering moet raadgee oor sake wat ná die Waarheids- en Versoeningskommissie aan die lig kom. ‘n Woordvoerder, Mukoni Ratshitanga sê riglyne is deur die Kabinet goedgekeur en deur die Nasionale Vergadering aanvaar, wat nou deur die Nasionale Vervolgingsgesag gebruik word om regsprosesse ná die ontbinding van die Waarheidskommissie te hanteer. Volgens die Mail & Guardian Online sê hy daar is geen dringende redes om van hierdie riglyne af te wyk nie.
Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, het gister ‘n beroep op so ‘n span gedoen om die regering raad te gee oor maniere om die gebeure van die verlede af te sluit. Zille sê daar is steeds vrae oor verskeie voorvalle van geweld tydens die Apartheids-era, en of geregtigheid gelykmatig toegepas word.
Wanneer gaan ons net bygones laat bygones wees.....
Die name van minstens 58 stede, dorpe, riviere en ander landmerke in die Oos-Kaap gaan aanstaande jaar verander. Die Herald Online berig dat King William's Town en Grahamstad op die lys van plekke is wat nuwe name kan kry. Die Geografiese Name-komitee ondersoek name wat beskou kan word as aanstootlik, of wat tydens die koloniale era verkeerd gespel of verdraai is. Die komitee wil sy werk teen aanstaande Maart afhandel.
Wel ek is nog siek hoewel ek darem vandag bietjie beter voel. GISTERAAND MYSELF GEDOSE MET FLUSSIN, CORENZA EN GINGER BRANDY EN MED LEMON!
Dis 'n lethal dose wees gewaarsku sit jou uit soos 'n veearts nie kan nie, maar dit lyk tog of dit gewerk het voel bietjie beter vandag.
Lekker dag vir almal, ook die wat NIE my blog lees nie
Wimpie
Ps : Hierdie musiekvideo is spesiaal net vir my!
Thursday, August 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
19 comments:
Hoor hoor Wimpie.Ek is 37 jaar oud,amper 3 jaar "verloof" vir wat dit werd is.Maar my lewe is n gemors.Ons is so aan en af geen mens kan byhou nie.Ek dink daar kom n tyd in mens se lewe waar mens net moet sny, en wanneer ek eendag die "guts" gaan he om dit te doen weet ek nie.Ek wil nie alleen wees nie.En om n goeie man te kry sonder n hoop issues is nie so maklik nie.Maar ek dink tog dis beter om alleen te wees en gelukkig te wees as om saam met iemand te wees wat jou so baie keer ongelukkig maak.Van ons is seker net gemaak om eerder alleen te wees.Maar dis maar soms goor.Ek haat dit om alleen by n funksie op te daag.Alleen gaan fliek - never.Alleen uiteet - dan vrek ek eerder van die honger.Sterkte jong, weet hoe jy voel.
Hi Wimpie,
hoop jy voel stukke beter vandag. Laat weet asb as jy ooit in Nelspruit se rigting kom, dan ontmoet ons bietjie vir laggies en grappies.
Lekker dag
Eben
Hey Wimpie
Net gou comment oor die Zimbabwe kwessie- WAT rook party van ons landsleiers? Ons het nou die dag uit die mond van n ekonomiese strateeg gehoor- (hy ken statistieke)Daar is reeds 10miljoen Zimbabwiersin die land. Nou dis voor die hand liggend dat dit n dominoe effek op als het. Hulle het nie werk nie- so hullet niks om te doen en steel , moor en verkrag dan maar. Party ondernemings gebruik hulle weer vir GOEDKOOP arbeid- Daar sit weer n klomp suid-Afrikaners sonder werk omdat die Zimbabwier dit gekry het-wat doen hulle- surprise!-pleeg misdaad.Kan hul nie vir hulself dink- waar moet die land die nodige hulpbronne uitkrap vir nog 10 miljoen "gaste" as daar nie eers genoeg is vir die gashere.
O, en die liefdesding- moenie so hard probeer nie,jy sal mos weet as dit die regte mens is- probeer die 10 minute reel- as jy nie binne 10 minute presies weet nie- moenie bodder nie, beweeg net aan
Danie Van Der Sandt
Anonymous dankie vir die mooi woorde kan net se Amen
Eben ek is besig om 'n trippie soontoe te beplan, sal laat weet. Danie mens kan sien ons is broers, verduidelik net bietjie die `0 minute reel?!
Ek glo mens weet dadelik of die ander persoon die regte een is vir jou- kyk verby die seksuele aantrekkingskrag en looks ens. Jy sal dit net weet, dis n tipe van gevoel. Ek weet jy raak verlief op als wat asemhaal, maar wees bietjie selektief, doen soos n onbewustelike 10 min onderhoud. AS daai "wow" gevoel jou nie bliksem soos mr. Skip Henderson se ses van die bestes het nie- moenie jou tyd mors nie, try die volgende een, en as dit jou wel tref en dit werk nie uit nie- Dan was dit nie die regtige "wow" nie. MAAK DIT SIN?
klink mal,ek weet, maar hel die lewe is te kort om kort-kort ongelukkig te wees
Danie
Wimpie
Volg Danie se raad en jy sal bie gelukkiger wees.
Wanneer gaan ons nou 'n kuier reel met Anne-Marie (Spookie) en Pieter? Ons het baie om op te vang
Ina
Dankie Ina
Ek moet omtrent soos dr. Phil, of James Dobson met hom preek.
By the way-sal jy my n e-mail stuur sodat ek jou adres kan save, ek het verkeerde een.
Danie
Liefde is : "die gevoel wat jy voel as jy voel jy voel 'n gevoel wat jy nog nooit vantevore gevoel het nie". Nou ja as jy nie daardie gevoel kry nie is dit nie liefde nie! Of dit nou binne 10 minute gebeur of nie!. Ek is al dertien jaar getroud en ken my man al 25 jaar lank, en glo my, my maag maak nog steeds 'n draai as ek sy naam op my foon sien as hy bel of net as ek aan hom dink. So Wimpie hou moed "what will be, will be",!! Ek my net indink dat alleen wees nie lekker is nie maar moet net nie begin deperaat word nie want dan maak mens belangrike foute!
Die ding oor ons land se leiers en hulle stupid besluite wat hulle maak is hulle doen dit net omdat hulle KAN, want hulle sit in daardie posisies, het nie 'n clue wat hulle doen nie en weet nie dat elke aksie 'n reaksie het en dat hulle nie net kan doen wat hulle vermoed reg is omdat dit in die verre verlede nie toegelaat sou word nie, en omdat hulle so 'n pyn met die mense het wat wel kennis dra oor wat om te doen, sal hulle eerder die land ten gronde laat gaan voor hulle sal doen wat logies reg is.
Anoniem wat so lank verloof is, klim uit die boot sussie, die lewe gaan by jou verby en voor jy jou kan kry sit jy in elk geval alleen op elke funksie, fliekstoeljie ens.!
Wel, dit is my boek vir vandag!
Groete almal
C!
Brand New 2007 Pasta Diet That Really Works!
The Pasta Diet and Your Health
ITALIAN PASTA DIET -- IT REALLY WORKS!!
1. You walka pasta da bakery.
2. You walka pasta da candy store.
3. You walka pasta da Ice Cream shop.
4. You walka pasta da table and fridge.
You willa losea da weight!
AND...
CONCERNED ABOUT TOO MANY CARBS IN YOUR DIET?
For those of you who watch what you eat,
here's the final word on nutrition and health.
It's a relief to know the truth
after all those conflicting
nutritional studies.
1. The Japanese eat very little fat
and suffer fewer heart attacks than
Americans.
2. The Mexicans eat a lot of fat
and suffer fewer heart attacks than Americans.
3. The Chinese drink very little red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.
4. The Italians drink a lot of red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.
5. The Germans drink a lot of beers and eat lots of sausages and fats
and suffer fewer heart attacks than Americans.
CONCLUSION
Eat and drink what you like.
Speaking English is apparently what kills you!
.....SO NOU PRAAT ONS NET AFRIKAANS !!!!!!
A
Ps: Wimpie gee jy so maklik op? sy is dalk lief vir jou, jys dalk te dikvellig!
Danie
Het jou mail adres verander want ek het gister weer vir jou mail gestuur.
Ina
Wimpie, ek is nuut op jou blog...is nou 'n gereelde luisteraar op Oos-Rand Stereo en dink julle is great!
Ek is alleen en gelukkig - en ek het net besluit ek gaan nie weer in 'n verhouding betrokke raak voor ek nie aan myself gewerk het nie...hoe kan ek verwag om 'n goeie maat te wees vir 'n ander persoon en ek is nie so wonderlik nie.
Ek hou van Danie se kommentaar oor Wow - as die chemistry nie daar is nie, is daar niks nie.
Genoeg ernstig gewees....hoop jy voel gou beter en sterkte
DIE BREIN IS BESIG VANDAG.MENSE PLA BAIE.MAAR STERKTE VIR JOU WIMPIE.
JA SOOS AMERIKA GHADAFFI " DIE MAL HOND VAN DIE MIDDE OOSTE" NOEM.IS MUGABE SEKER DIE MAL VARK VAN SUIDER AFRIKA EN NATUURLIK IS DIE POLISIEHOOF VAN LIMPOPO `N DOMDROL.
KYK EK HET SO RUKKIE GELEDE VIR MY VROU GESE DAAR IS GEEN, MAAR HOEGENAAMD GEEN F#KKEN HOOP VIR ONS LAND NIE.
EK DINK JY MOET ELKE DAG `N SOORT TOEKENNING GEE SOOS STEVE VIR DIE DOM OU , `N DOMDROL TOEKENNING EN VIR DIE BESTE OU VAN DIE DAG/ WEEK `N ANDER TOEKENNING.MISKIEN `N POEPOL EN `N EINSTEIN VAN DIE DAG.
JA JY IS NOU BY DIE BESTE RAAD VIR DAAI GEITE VAN JOU.
LEKKER DAG ALMAL.
Ina
Hy is nog dieselfde, ek was net nog nie weer by werks rekenaar sedert gisteroggend nie. Sal uitkyk vir dit as ek daar is weer.
Welkom Virgo- Ja! dis die woord wat ek gesoek het-chemistry. thanks man
Danie
Baggage gebeur as jy nie jou emosionele "issues" verwerk wat deur die vorige verhouding veroorsaak is nie...Dis hoekom dit belangrik is om jou tyd te vat voor jou weer 'n volgende verhouding aanpak!'n Vrou wat haarself nie gelukkig kan maak nie, gaan jou ook nie gelukkig kan maak nie!
En as daar 'n eks-man betrokke is, moet jy maar aanvaar dis deel van die pakket, maar kies dan iemand wat nie haar buie op almal rondom haar uithaal nie!Wat belaglik is, want dis mos nie jy wat haar kwaad gemaak het nie???Om te se jy gaan verewig op die rak bly sit, is om die baggage van die verhouding verewig saam met jou te dra, want jy veralgemeen dan en glo alle vrouens is soos sy???
Danie..daar moet seksuele aantrekkingskrag wees!!
Baie belangrik, ek sal nie by iemand kan wees tot wie ek nie aangetrokke is nie.
Maar Wimpie, dis nie al wat daar moet wees nie, leer ken die girl eers en moenie net vaskyk in haar sexy lyf en wat sy alles vir jou kan doen in 'n seksuele opsig nie.Loer bietjie dieper en verder as dit!
Pfff@onwettige immigrante op my grond en ek mag niks daaraan doen nie!!Skiet hulle net daar vrek, ek gaan wragtig nie wag totdat hulle my eerste doodskiet of verkrag of besteel nie, wat soek hy op my grond in die eerste plek? Dan begrawe ek hom op my plaas ook nog!
Danie ek stem saam met jou oor steel en moor en verkrag, hier is reeds nie genoeg werk vir almal nie!
Maar ja...dit sou enige mens wat kan dink, weet...
Hulle word nie verniet "houtkoppe" genoem nie!
Oor die naamveranderings, ek weier om dit te aanvaar,
ek noem hulle op hulle ou name, punt. klaar!
Oor die weet...julle beweer julle almal het binne 10 min geweet dis julle huweliksmaat? Wow!
Daai dosis pille en stuff wat jy gedrink het, het lyk my nie jou in 'n koma gesit nie!!! Al wat altyd vir my werk is: Medlemon en disprins.
Hoop jy voel al beter.
Hoop dit laat jou beter voel...! Eendag was daar 'n dogtertjie wat nooit kon stilsit in die kerk nie. Haar ma besluit toe sy moet iets kry om haar mee besig te hou. Voor kerk koop sy toe 'n pakkie jellie babies by die winkel. So in die kerk gekom is die diens al aan die gang toe die dogtertjie haar jellie babies begin uitpak op haar ma se been om te eet. Een vir een tel sy hulle van haar ma se been af op en eet dit in doodse stilte wat in die kerk heers. Toe sy by die laaste een kom is dit 'n swart jellie baby - sy vat dit en druk dit in haar ma se gesig en se kliphard: "Se hallo vir die MIESIES"!
Feetjieland
Nie vir n oomblik het ek gese daar moet nie seksuele aantrekkingskrag wees nie. Eks die eerste een wat comments maak as iemand net lyk of hulle verslons raak, maarwat ek gese het is dat jy dieper as dit ook moet kyk en nie net na dit nie.
Dan- ekt ook nie gese jy weet of daai iemand jou huweliksmaat is nie, maar jy weet wel of dit die moeite werd gaan wees om n verhouding te probeer. Want dis wat dit als oor gaan "Trial and error" Limit net jou keuses ipv om vir elke jan raap en sy maat te val wat vir jou smile.
Wou net dit opklaar
Danie
Hi Wimpers!
Kom nou eers hier uit...
Stem met almal saam, maar feetjie is reg. Hier is die deal - nie een van ons kan 'n ander ou gelukkig maak of een van hulle ons gelukkig maak as hul/onsself nie reg is nie. Ek babbel nie net nie soos jy weet. Ek is al meer as 7jaar alleen na 'n huwelik van 13jaar plus 2jaar se saambly. (Die laaste 3jaar voor ek geskei is was ek ook alleen). Ek het maar die laaste jaar en half 'n ernstige verhouding. Nog net een maal in my lewe vir iemand gese ek is lief vir hom en dit was my man. Daardie 6jaar voor hierdie verhouding het ek (MOET EK SKAAM KRY OM DIT TE SE? WANT EK DOEN NIE) nie een ernstige verhouding gehad nie. Ek het baie mans in my lewe gehad, maar sodra dit begin emosioneel raak het ek hulle net daar gedrop. Vinnig en verby. Ek het geleer om myself van voor af te leer ken, tyd te spandeer met myself en dit WAARAGTIG enjoy! Soveel so, dat ek op 'n kol gedink het ek is die enigste een by wie ek wil wees!hiehiehie!! As dit nie was dat ek mal is oor 'n man se lekker lyf nie, sou ek nie eens die moeite gedoen het om een van daardie affairs te he nie, want dit het vir my niks beteken nie, basies net sexual satisfaction. Vandag het ek, geswore bachelor (ess) 'n man met wie ek Desember trou. Ek bly nie saam met hom nie, dit sal nog kom wanneer ons trou. Ek het weer liefgekry en hy is vir my pragtig. Soos ek al gese het - hy kan nie meer van my eks verskil as wat hy doen nie! My man was 2+meter, 'n sexy man op 'n afstand en close-up, vlienier, charismaties, vroumense het oor hul voete geval om hom te bespring...die een wat ek nou liefhet. Korter as ek (so cm of so), 10jaar ouer, grys, lt.kol (so jy kan dink hoe streng hy kan wees!!), nie moerse player soos ek nie, gereserveerd en analities. O flok, hulle kan nie meer van mekaar verskil nie! Dis 'n dieper liefde en op 'n way hou hy my in toom. Hy se goed wat ek nie aldag wil hoor nie, want dis gewoonlik waarhede oor myself wat nie vir my lekker is om te hoor nie...tog is dit nodig en ek kan nie die lewe sonder hom indink nie.
Probeer bietjie in die bondel vry ou. Los die couple ding bietjie. Al is dit net vir 'n rukkie. Moenie jou hart te gou weggee nie, want jy is al so uitgehonger vir liefde jy sal enige k*k glo wat vir jou gespin word. Jy weet, wanneer mens dit die minste verwag kom daar iemand op jou pad wat jou senses oorweldig en met wie jy 'n pad kan stap! Sorg net dat sy of jy nie op die rebound is nie, dit sal nooit werk nie.
En laat weet as jy Nelspruit toe kom, dan reel ek iemand om jou te kom tong gee - aangesien ek nou 'betrothed' is en nie meer mag nie!!haaahaaha! Daarna sal jy sommer stukke beter voel!! Of wat van ek, jy, Eben, Butter hou 'n blogachino, maar ons los die chino uit, ons maak dit sommer 'n alkoholiese verversing of 2? Nee genuine, laat weet ons as jy die kant toe kom....
Dit was die langste brief wat jy nog vandag gekry het, so jy skuld my een, of twee, of drie... BOTTOMS UP!!
Dankie Danie, ek het bekommerd geraak,want ek het nie binne die eerste 10 min geweet nie,lol.
En dan weer sal ek nooit 'n verhouding kan he met iemand tot wie ek nie aangetrokke is nie.
Ek stem saam met jou, mens val nie vir elke Jan Rap en sy maat nie!
Fairydust
Post a Comment