Tuesday, August 21, 2007

Hier is die manne!

Barend
Barend is die kroegman, soos jy van 'n kroegman verwag is hy propvol lewenswysheid en die ou wat die hele spulletjie aanmekaar hou, hy is bietjie oorgewig, so 80 kilo's maar sy persoonlikheid maak op vir sy looks! In sy jonger dae was hy 'n haan onder die henne, vandag ken hy ouens wat die hane is onder die henne! Hy het al alles in sy lewe gedoen van 'n busbestuurder tot 'n direkteur van 'n vervoermaatskappy, ou Barend hou van leker musiek sy gunsteling kunstenaars is Kenny Rogers en Bles Bridges, hy hou ook deesdae van Gerrie Pretorius!
Barend weet hoe om 'n dop te gooi en hy weet hoe om die manne te laat kuier, hy weet nie veel van rugby af nie want hy support die Leeus!

Die man in die hoek
Niemand weet veel van hom af nie behalwe dat hy een of ander tyd 'n recce was... Hy is 'n kenner van Afrika politiek en geensins 'n kenner van die vroulike geslag nie. Hy het al 'n vrou gehad maar nie baie suksewsvol nie, die talk in die 4x4meter kroeg is dat hy skewe neigings het, maar niemand wil dit vir hom se nie, hy was immers 'n recce!
Die man in die hoek klok elke dag klokslag 11H15 in en bly tot so 17H00, 'n dead give-away dat daar 'n kwaai vrou, of man, by die huis wag...hy suip soos 'n vis maar lyk nooit dronk nie, snaakse mannetjie!

Clever Trevor
Trev weet alles van alles af, hy dink die girls vrek oor hom al is hy al aan die verkeerde kant van 40 en het altyd een of ander blonde bimbo die helfte van sy ouderdom aan sy sy, die ouens se dis sodat hy slimmer kan voel! Trev weet alles van politiek af en se hy het al vir die bulle opgedraf, 'n paar keer, niemand kon dit nog staaf nie want daai rekords het afgebrand toe die Bulle se admin kantore een keer afgebrand het, niemand kon dit ook nog bevestig nie maar dit moet waar wees want Trev se so!
Trev het baie connections in die vermaaklikheidswereld en in die sportwereld wat niemand nog ooit gesien het nie, die ouens wonder partykeer of Trev rerig so slim is want hy support die Blou Bulle!

Sagmoedige Neelsie
Neels het baie goeie maniere en die girls hou van sy mooi sagte maniere, hy vloek selde en nooit voor 'n girl nie, dis onverstaanbaar dat hy nie self een het nie aangesien die ander ouens se girls se hy is so cute!
Neels se forte is geldsake en besigheid wat nogals weird is want hy ry in 'n ou tjorretjie rond wat se waarde verdubbel elke keer as hy R100 se petrol ingooi!
Neels het 'n issue oor sy ouderdom en die ouens skat hom so tussen 25 en 50!
David Kramer het een keer 'n liedjie oor hom geskryf, jy weet die een van almal se pel!

Klein Ruds
Hy wou diep in sy binneste nog altyd 'n DJ gewees het en is in beheer van die jukebox in die kroeg, hy stap altyd die kroeg binne gewapen met R50 se twee rande sodat niemand ooit 'n kans kry om musiek te kan speel nie, o ja hy is ook 'n gefrustreerde rockster wat net nog nooit deur niemand raakgesien is nie!
Ruds weeg so rofweg 46kg wat hom die kleinste ou in die kroeg maak en omtrent die helfte van sy girlfriend se gewig!
Ruds is onskadelik wat weerspiel word in sy musieksmaak. Ruds hou van Nicholis Louw, Fredi Nest en Eden....die man in die hoek hou ook van Eden so hulle kom goed oor die weg.... Omdat Ruds so klein is hou hy ook van die bulle!

Gordon die grootwildjagter
Gordie is in teenstelling met sy naam 'n volbloed Afrikaner, omdat hy 'n jagter van vormaat is skreeu hy uiteraard ook vir die Leeus en is die grootste rugbykenner van die lot.
Op sy dag was hy die afrigter van kakamas se eerste span en vertel graag van die dae toe hy nog vleuel gespeel het seker so 60kg terug.
Gordie dink Mugabe is 'n drol en Msimang is dryf nie ver agter nie.
Gordie kuier maar min want hy's al een met 'n regte werk! Hy werk want hy wil eendag 'n lodge koop en elke aand om sy bosveldvuurtjie sit....letterlik!

Divan die wynkenner
Hy vertel jou graag van die 2 maande wat hy in die Kaap gebly het, uit die aard van die saak support hy die Westelike Provinsie, kan jou alles vertel wat jy wil of nie wil weet nie van wyn en gesels graag van die dae van 1981 tot 85 toe die WP die Curriebeker 5 jaar in 'n ry gewen het!
Sy gunsteling gesprek begin gewoonlik met..."jy weet natuurlik WP het die Curriebeker die meeste gewen". Divan wil nie die jaar rerig oor rugby praat nie!

Dis die manne wat julle elke Dinsdag gaan raakloop hier op my blog. Hulle hou van kuier en doen dit rerig goed! As hulle begin is daar nie einde nie en kuier hulle sommer lag-lag tot die volgende dag!
Hulle gaan jou laat lag en hulle gaan jou laat huil, hulle weet alles en hulle weet niks! Hierdie rubriek kan jy elke Dinsdag volg en jy gaan dit nie wil misloop nie, die eerste avontuur is die posting "ontmoed die man in die hoek en dis die vorige inskrywing! Lekker lees.

1 comment:

Anonymous said...

Fantasties!! like die man in die hoek - so 'n mystery!!!
Exciting shit
A