Vir die van julle wat nie weet nie, die N17 is 'n tolpad met twee tolhekke, die een naby Germiston kos jou R4-50 en die tolhek by Dalpark Plaza nabay Carnival City jaag jou R5-50 uit die sak.

Ek ry amper elke dag hierdie pad en dit is net ongelooflik wat op die 10km stukkie pad tussen Brakpan en Springs te sien is, gister is ek oppad Springs toe en ek kon nie glo wat my oe sien nie, sodanig dat ek langs die pad gestop het om 'n foto daarvan te neem en 'n oproep te maak.
Die N17 is 'n snelweg waar mens betaal om te ry want jy verkies om te betaal want dis waarskynlik 'n beter pad, veiliger en beter in stand gehou....
Nou daag ek enigeen uit om 05h30 in die donker op hierdie "veilige" pad te ry en nie teen 120km/u gekonfronteer te word deur, voetgangers (ja op die snelweg) ek het vanoggend 11 getel, duimgooiers, haweloses met waterkanne en helaas selfs beeste!
Ek plaas die foto wat ek geneem het..
Ek doen toe die verantwoordelike ding en skakel die nommer op die N17 en rapporteer die situasie. Die telefoon word toe geantwoord deur 'n regstellende aksie werker na die vierde keer wat ek skakel, my naam word geneem en ek word belowe dat "iemand" my sal terugskakel, gisteroggend om 11h00, dit is nou 07h00, Maandagoogend ek wag nog steeds dat "iemand" my terugskakel!

Wie het ooit gedink ons gaan in Suid-Afrika by 'n punt kom waar daar nie gaan brandstof wees nie en dat ons gaan moet toustaan om brandstof te kry?
Wel daai tyd het nou aangebreek en ek sal graag wil weet wat is die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie gedoen word oor al die stakings waaronder ons gebuk gaan, drie grotes die afgelope twee maande, totale koste....niemand weet nie, en die wat weet se nie!
Suid-Afrikaanse ruby steier van die een krises na die ander, gister word in Rapport berig oor nuwe kwota teikens in SA rugby, op daai noot, moenie die breakfast show more om 8h15 misloop nie, ek het 'n debat oor transformasie in SA sport aan die gang met Johann Kruger (hy se transformasie in SA sport gebeur te stadig).
Ek begin dink ons enigste hoop is dat ander lande gaan begin weier om teen verswakte Suid-Afrikaanse spanne te speel!
Hoe dit ookal sy, luister my show moreoggend en as daar iets is wat jy wil se oor transformasie in sport, los my 'n comment en gaan stem by die meningspeiling en se wat jy daarvan dink!
Later
Wimpie
11 comments:
As 'n staking in die brandstofbedryf ons binne 'n dag of twee lamlê, wat gaan ons doen in 'n werklike noodsituasie? (Bv. oorlog, of as on nie brandstof uit die buiteland kan kry nie?)
Ek Stem saam. . . hierdie staking is sommer rubbish. . . . . . .
Ek bestur nie self nie maar wonder of die storie nie dalk die staad se manier is om ons te probeer forseer om publieke vervoer te gebruik nie!
Ja ek weet daar gaan nou die wees wat sê "aag hier gaan ons....." maar regtig dink daaroor. . . . as dit regtig'n geval was dat die wat die krag het om iets te doen aan die situasie wou he dat die situasie opgelos word sou hulle mos!!!!!!!! Hoe lank gaan hulle die verdomde storie laat uitrek?
Gaan dit wees soos toe staadsdiens werkers gestaak het?
Maar op 'n ander noot, Hoe gaan dit met jou Wimpie?
Liefde Spookie
More Wimpers
Van brandstof wil ek nie eens hoor nie...ek het nogal 'n way om in denial te gaan as dit my pas...hiehiehie! Die blote gedagte dat ons sonder brandstof gaan sit maak my skoon benoud. Ek sal maar daarmee deal wanneer ek by daardie punt kom. Van dag tot dag. Help nie nou ek raak vreesbevange nie...maar julle het 'n punt beet. I'm in denial...
Stem saam ek kon nie Vrydag brandstof kry om by die huis te kom nie ek moes aan sukkel tot by die Ultra City in Midrand. Aangesien en nie na Wimpie kan luister in die oggen nie luister ek maar so tussen die stasies en hoor toe vanoggend Mnr Mansfield se kommentaar op die brandstof is dat tipies in ons Suid Afrikaners se aar gaan ons oor in "Panic Mode" en dit maat die situasie erger. Ek stem nie heeltemal saam nie want ek moes noodgeswonge ook 'n 'n rystaan want ek kon nerens brandstof kry nie.
Lekker dag vir al die bloggers.
ja julle visione van zimbabwe....stem saam met my kop op 'n blok....kyk hou gou kan die land lamgele word...
Anonymous...ek stem mansfield is nie die brightste mushroom op die komposhoop nie, wonder watse stront sou hy kwytgeraak het as hy nie vier scriptskrywers vir sy show gehad het nie!
Ja neef..... dis net jy daai hahaha
Maar hou aan om te sê wat in jou hart is, jy sê wat ons ander te bang is om te sê!!!
Soetwees!!
Spookie
Waar gooi taxi bestuurders petrol in? Ek sien bitter min van hulle wanneer ek petrol ingooi, en met die krisis hoor ek HULLE nie kla nie, so wie voorsien hulle dan van petrol? en nie een van my MEDE kollegas is geworried dat hulle nie by die werk gaan kan kom agv die brandstof probleem nie!! Wonder maar net! Moet ons maar die deur toetrek en die ligte afsit hier in SA, want wat is volgende?? Mens kan ook nie sop eet met 'n vurk nie!!
MET SO N PATETIESE REGERING SOOS DIE ANC EN DIE LAMSAKKIGSTE STAATSPRESIDENT IN DIE GESKIEDENIS VAN DIE LAND, WAT KAN `N MENS VERWAG.
EK HET VRIENDE IN AUSTRALIE EN IN DIE UK EN VERAL DIE EEN OU IN AUSTRALIE SE HULLE GAAN`N AKSIE GROEP IN DIE LEWE ROEP OM SUID AFRIKAANSE SPORT TE BOIKOTT AS DAAR VERWAKTE SPORT SPANNE NA HULLE GESTUUR WORD.HY SE GEWESE SUID AFRIKANERS MET AUSTRALIESE BURGERSKAP GAAN DIT BEGIN.
ONS AS BLANKE AFRIKANERS MOET NOU SAAMSTAAN SOOS NOOIT.MAAR SOOS EK ONS NASIE KEN IS DIT NIE MOONTLIK NIE.LEES GERUS DEON MAAS SE GEREELDE BRIEWE IN DIE BEELD. BAIE HOU NIE VAN DIE OU NIE, MAAR EK DINK DIS EEN VAN DIE NUGTERSTE DENKERS IN ONS LAND.HY VAT BAIE RAAK.
LEKKER DAG ALMAL
Dagse, oor die beeste ding op die N17, bel die SPCA hier in Springs hulle het die wet aan hulle kant en is nie bang om dit te gebruik nie. Praat of met Maggie of Rasta. Dan die ding van van sport kom ons los dit. Ek kyk nie meer sport nie en my lewe en hart is aansienlik beter af. Maar sterkte. M.E.
Hi Wimpie,
Het ET nie jare gelede dit voorspel nie. Al die gemors waarin ons sit nie. Is ons land nie oppad om 'n tweede Zim te word? Voor iemand skree .... dink moi hoe agter uit gaan ons paaie? ... ons land ....
Ek drink gisteraand so 'n whisky en 'n mede kolega van India sit by my, en noem vir hom ".... weee jy ouboet, jare gelede toe ek loop groot word in Brits se wereld, het ons sommer water uit die kraan looptap vir onse whisky, nou moet ons water koop weens besoedeling'
Asb (!!!) ek is nie rassis nie, maar dit laat my net wonder.
Nooit hoor jy van enige opstand tov prysverhogings op petrol. Stem met Anonymous, waar kry die taxi manne hulle petrol vandaan. Hoekom toi-toi hulle nie oor petrol nie.
Hi Wimpie, lekker dag vir jou ons gesels weer
Eben
Wimpie as jy dink dis `n joke moet jy tog een oggend die pad ry van Crystal Park na Benoni toe - Pretoria weg , tussen 7 en 8 uur in die oggende - check net wat se k#k jaag die taxi`s daar aan , ek dink nie daar is een padreel wat vir hierdie ouens tel nie ! En weet jy wat hulle kom weg daarmee - ek het dit al probeer raporteer maar - EISH ! Groete Tandmuis
Post a Comment