Kort op die hakke van sy optrede teen die hoof van die Skerpioene, Vusi Pikoli, beplan president Thabo Mbeki glo om op te tree teen nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi.

Vroeër het die direkteur-generaal in die Presidensie, Frank Chikane, gesê die enigste rede vir Pikoli se skorsing was dat iets verkeerd geloop het met sy verslagdoening aan die minister van Justisie, Brigitte Mabandla. Chikane en waarnemende president Ivy Matsepe-Casaburri het verteenwoordigers van opposisiepartye in Pretoria inligting gegee oor die skorsing na ontevredenheid waarin die stap veroordeel is. Chikane sê die verhouding tussen Mabandla en Pikoli is uiters belangrik vir die stryd teen misdaad. Opposisieleiers het egter na die vergadering aan die media gesê hulle het niks nuuts geleer nie en soek steeds antwoorde.
Die Demokratiese Alliansie het gevra vir ‘n omvattende en deursigtige ondersoek na nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se bande met moordverdagte Glenn Agliotti. DA-woordvoerder Dianne Kohler-Barnard sê as daar enige verband is tussen die skorsing van die hoof van die Vervolgingsgesag, Vusi Pikoli, en die voorgestelde ondersoek na Selebi, moet dit dringend bekend gemaak word. Sy voeg by dat die wolk wat oor die mees senior polisie-offisier in die land hang, polisie-moraal skade aangedoen het.
Amen president Mbeki!
Goeie nuus dat Frans Steyn nie geskors is vir die Bokke in die wereldbeker nie.... ek het rerig nie kans gesien om die res van die wereldbeker na Wynand Olivier of Anre Pretorius se geploeter te sit en kyk nie!

Hier is 'n foto van die kasteel, ek het gedink dis nogal interessant!
Ek is nog steeds besig met my ontleding van en ondersoek na "The Secret" die boek wat die wereld soos 'n weerligstraal getref het.
Nou die mense wat my ken sal weet hoe ek is, as iets my intereseer dan lees ek soveel moontlik daaroor na en probeer soveel moontklik inligting daaroor inwin.
Nou The Secre4t is nie 'n nuwe konsep wat sopas sy kop uitgesteek het nie, dis gegrond op die eeu oue "Law of Attraction" konsep.
Om op te som bbeteken dit vinnig dat die heelal een groot energieveld is en dat jy met jy gedagtes jou eie wereld vir jouself bou met jou idees en gedagtes oor die wereld wat veroorsaak dat jy sekere goed na jou toe aantrek deur hierdie energieveld, en dat jy op enige stadium die mag het om jou lewe te verander deur jou denke te verander, nou deur die eeue het hierdie storie al verskeie name gehad, dink maar aan "the power of positive thinking".
Nou of jy dit glo of nie, is nie ter sprake nie, wat wel vir my treffend is, is dat die meews suksesvolste mense wat ek ken is ALMAL besonder positiewe mense...
Ek dink dis die moeite werd om verder te ondersoek en ek is besig om dit te doen, hou hierdie spasie dop, of as jy vir my meer inligting het wat jy dink ek behoort te weet, e-pos my by wimpie@ors.org.za.
Die Mechanic Bar se volgende uitgawe:
Hierdie was 'n laaang naweek by die Mechanic Bar, Die man in die hoek, Ruds,
Clever Trevor, Deon Horrelpoot en Nick the Greek het almal moeilikheid met die
skoner geslag opgetel, dit het iets uit te waai met die feit dat die manne eers
Sondagoggend huis toe is...so tien uur se kant.
Die man in die hoek is op sy pos maar drink vandag net rooi koeldrank. Barend
sit agter die kroeg met sy selfoon in die hand, besig om iets aan sy vrou te
verduidelik van hy wat nie kan toesluit terwyl daar nog customers in die kroeg is
wat geld spandeer nie, al is dit Sondagoggend tien uur.
Gordie se rooi gesig is vandag nog rooier, lyk of hy te lank in die son was,
net jammer die son het nie geskyn nie.
Het jy babalas Gordie, vra die man in die hoek... Babalas nee my bra, dis nie
die woord wat ek aan gedink het nie, ek is besig om te vrek, se Gordie.
Dis al daai Tipp-ex wat julle so drink se Barend. Tipp-ex vra Gordie en die man
in die hoek amper gelyk.
Ja man, se Barend daai goed in die klein glasies wat julle geheues uitvee!
Mmm ja dis ook maar goed so, se Divan terwyl hy onderlangs vir Clever Trevor
loer.
Nou maar hoekom is dit goed vra Barend.
Selektiewe geheue, al die blou bulle lei mos daaraan, hulle kan nie die vorige
nederlae onthou nie! Se Divan.
Ja ou Divan se Trev, 'n blinde hoender pik ook 'n pit raak!
Ek hoop nie jy verwys na die WP se oorwinning oor die blikore in Bloemfontein
nie, wil Divan weet.
Wat dan anders wil Trev weet.
Divan haal so drie keer diep asem en probeer sy bes om mooi positiewe gedagtes
oor ou Trev te dink.
Die ouens het gesien ou Divan is anders die laaste tyd.
Wat hulle nie weet nie is ou Divan het 'n DVD gesien van "The Secret" en hy
probeer sy bes om net positiewe gedagtes in sy kop te he... dis nogal moeilik
vir Divan want anders as sy naamgenoot, is hy nie geseen met 'n dokter se brein
nie.
Dis anyway baie makliker om te dink hoe graag jy iemand se kop wil afklap as
wat dit is om hom net die beste in die lewe te gun.
Divan glimlag mooi en se vir Trev...Dis jou opinie en volgens al die wette van positiwiteit is jy geregtig om dit te he!
Verskoon my ek gaan net gou opgooi, se die man in die hoek!
Ja lag maar dink Divan by homself ons sal sien wie lag as ek met my Porsche Boxter hier inry!
Nick the Greek is 'n nuweling in die Mechanic Bar en is 'n nice ou met baie geld en 'n snaakse snorretjie.
Ou Nick is trots op sy griekse herkoms en groet almal altyd baie vriendelik, net een probleempie, ou Nick weet omtrent dieselfde van rugby af as die ander ouens van vrouens af weet.... en dis gevaarlik! Nick skreeu daarom ook vir die Leeus, eintlik maar net omdat ou Gordie vir die Leeus skreeu, en ou Gordie is darem baie groter as Nick.
Hey Goordie se die man in die hoek... hoekom het gay ouens sulke hoe stemmetjies? Gordie het babalas en kan nie rerig dink vandag nie, (dis ook hoekom hy vandag dink Andre Pretorius is nog steeds die beste losskakel in die land), nee ek weet nie, se Gordie hoekom?
Iemand het met sy bas gepeuter! se die man in die hoek!
Clever Trevor het iets op die internet gelees laas week. "Ek sien hulle is besig met 'n nuwe soort Viagra oorsee".
Wragtig vra Divan, hy wil nie te nuuskierig klink nie, netnou dink die ouens hy gebruik dit!
Ja se Trevor, hulle noem dit glo Viagra Light.
Viagra Light vra Divan?
Ja se Trevor, glo jou glo net vuil gedagtes!
Die man in die hoek maak ook of hy nie rerig geluister het nie, maar kan nie rerig die teleurstelling op sy gesig wegsteek nie.
Barend is al ou wat weet van Viagra...hy het dit al gesien en weet dis blou, hy dink ook nie dis snaaks nie!
Later
Wimpie
1 comment:
Hi Wimpie
Hansie het by 'n plek begin werk waar hulle gedurende hul opleiding na die DVD van "The Secret" gekyk het. Hy sê dit is regtig goed ek het gister op hul web werf gaan kyk by www.thesecret.tv jy kan inteken om hul nuusbrief te ontvang.
Lekker dag
Ina
Post a Comment