Thursday, September 27, 2007

My beurt!

Ek gaan nie more blog nie aangesien ek 'n bietjie 'n langnaweek het! Jy sien ek het mos Maandag gewerk juis sodat ek bietjie more kan af he.

Nou ja ek gaan bietjie 'n jol he die naweek, Aardklop toe later vandag, more terug dan Graceland toe vir golf en dan terug Saterdag en Sondag trek!

Nou ja dit gaan awesome wees en 'n great naweek ek kan nie wag nie, tussendeur speel die bokke natuurlik nog Sondag teen die Yanks, gelukkig is Frans Steyn darem in die span....!

Nog steeds besig met The Secret en die geheime van die Laws of Attraction en die krag van positiewe denke, ek het besluit die enigste manier om alles wat die laaste paar dae met my gebeur het getrou weer te gee is om dit in 'n dagboekformaat aan te teken want dis bykans onmoontlik om te glo en nog meer onmoontlik om al die klein goedjies te onthou!
Werk dit, so seker as wat parra manel dra! Het dit my lewe verander? Verseker in so 'n mate dat niks ooit weer vir my dieselfde sal wees nie, loop ek met 'n klippie in my sak rond? Beslis ja, is jy nou nuuskierig, as jy is, lees Maandag my blog ek gaan probeer om jou te vertel wat het alles in een week met my gebeur en dan besluit jy vir jouself!
Glo ek, ek gaan vervulling in elke afdeling van my lewe kry, jy beter dit glo ja, want dit gaan gebeur, selfs in my liefdeslewe, hoe weet ek nie, maar glo, glo ek dit!

’n Getuie in die dronkbestuursaak van regter Nkola Motata van die Pretoriase Hooggeregshof het gevra om nie identifiseer of afgeneem te word voor hy vandag getuig het in die Johannesburgse landdroshof nie. Hy sê sy sakebelange kan in gedrang kom as sy naam bekend gemaak word. Mail & Guardian berig dat Motata vroeër skuld ontken het op al die aanklagte. Hy is in Januarie in hegtenis geneem nadat hy met sy motor teen ‘n muur vasgery het in Hurlingham, Johannesburg. Die staat beweer sy bloedalkoholvlak was minstens vier keer hoër as die wettige perk.
Volgens 'n pel van my wat die hofsaak namens 'n ander radiostasie dophou, grens hierdie hofsaak aan die absurde, ek hoop om teen Maandag bietjie meer agtergrondinligting te he van die seksisties en rassistiese uitsprake wat die regter na bewering gemaak het!

Dit lyk of werk aan Kaapstad se sokkerstadion vir 2010 vandag hervat gaan word. Die projekdirekteur van die Groenpuntstadion, Andrew Fanton, glo ‘n ooreenkoms is met die betrokke vakbond bereik oor ‘n reisgeskil. Alle werk by die terrein het verlede Woensdag tot stilstand gekom toe sowat een duisend-200 werkers van Murray & Roberts en WBHO begin staak het. Die kontrakteurs en die Boukonstruksie- en Verwante Werkersvakbond het blykbaar nou ooreen gekom oor ‘n nuwe punt waar werkers op- en afgelaai sal word.
Hoe gaan ons ooit betyds klaar wees vir 2010?! Mense dis oor omtrent 2 jaar!

Die Zimbabwiese parlement het ‘n nuwe wetsontwerp deurgevoer om meerderheidsbeheer oor maatskappye wat aan buitelanders behoort, aan swart Zimbabwiërs oor te gee. Die doel is om ‘n aandeelhouding van minstens 51 persent te verseker vir inheemse swartmense in die meerderheid sakeondernemings. Die BBC berig dat die wetsontwerp ‘n proses voltooi wat begin het met die omstrede beslaglegging op blanke plase in 1999. Zimbabwe ondervind tans die hoogste inflasiekoers ter wêreld en tekorte aan kos, brandstof en buitelandse valuta. Die wetsontwerp moet aan die Senaat voorgelê word vir finale goedkeuring. Dit het reeds die ondersteuning van president Robert Mugabe se regering. Kritici sê die wetgewing kan enige beleggersvertroue skaad wat nog in die land mag wees.
Watse beleggersvertroue in die land? Huh?

Lekker naweek, ek blog weer Maandag, wat jy ookal doen, Gaan voluit, moet niks terughou nie!

Later
Wimpie

16 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie die naweek wil en gaan en sal en moet ekke begin oefeninge doen, so ekke gaan niks terug hou nie, ek mag nie! Geniet 'n heerlike lekker lang naweek. Hierdie naweek is dit mos groceries koop, skuld betaal, rond hol soos 'n afkop hoender, die kant toe daai kant toe, skool goed reg kry, skole begin alweer Maandag. Wasgoed was en stryk, ag nee ek raak sommer moeg as ek net daaraan dink. Maar oefeninge is bo aan my lysie asook gaan stap met my honde, sommer met altwee.

O ja jy weet nie of Danie al die truie gekry het nie, ek het laasweek dink ek vir jou 'n mail gestuur om my en oupa Koos se truie te bestel. (SIT JUIS VANDAG HIER MET MY EEN MR PRICE SHARKS HEMP AAN HOOR).

Lekker naweek, geniet dit jy.

Wimpie van der Sandt said...

Dankie Sharks, ek beplan om 'n moerse lekker naweek te he!
Danie lees elke dag my blog en julle comments, ek is seker hy sal jou vandag antwoord!

Anonymous said...

Hallo Neef(s) hoe gaan dit?

Wel as jy wanner jy terug keur huistoe, kan jy gerus by ons 'n draai maak........... as ek dit nie mis het nie moet jy mos deur my tuis dorp ry...(Krugersdorp)

Maar geniet die naweek!

O ja ek het iets ouliks gehoor-DON'T WORRY 'TILL WORRY WORRIES YOU!


Liefde jou niggie
Spook!!

Anonymous said...

more more ja nee kyk dit was vuurwarm g.aand by firkin.. een of anner knaap wen toe die vakansie as ek my sin kon kry hmmm sou n girl dit gekry het hmmm en my hopelik my saam gevat het hehe.. so jy se jy gaan aardklop toe vandag... pasop maar as jy laat terug kom vanaand dat jy nie eet nie.... kan gevaarlik wees.... nou ja enjoy ou grote....Cioa H

Wimpie van der Sandt said...

Hey H
Ek het nie meer daai probleem nie, ek is vir eers single!

Dog jy gaan saam my aardklop toe, bel ma en laat weet

Anonymous said...

cool hoe laat gaan jy ry??? H

Blou Bul said...

nardusGoeie more

Van der Sandt wat se dubbele standaarde het jy??NetDinsdag se jy langnaweke is `n vermorsing van tyd, en nou is dit jou beurt.Was dit net suur druiwe omdat jy Maandag moes werk?Jy kan bly wees ek like jou geniet die "langnaweek" moenie stout wees nie, moenie dronk word nie hoooor.

Ja en leef positief. Wat se Danie oor die truie `n groene medium asb.

LEKKER NAWEEK ALMAL.

Anonymous said...

Ek wil nou nie soos 'n ou tannie klink wat roep dat "The Secret" sonde is nie. Ek verwag dat die sustervereniging een of ander tyd gaan uitvaar hierteen, so ek los dit maar vir hulle...

Wat ek wél wil noem, is dat die "Secret" nou al jare in ons hande is, naamlik die Bybel. Of mens jou God sien as energie in die natuur, of as iets in die hemel, of wat ookal, as jy glo, sal jy dit kry, wat jy ookal vra...

Maar ons as Christene is grootgemaak met 'n skuldgevoel om te vra. Bullshit! As jy 'n groot vet BMW wil ry, mag jy daarvoor bid, jy mag glo dat jy dit gaan kry en jy SAL dit kry.

De wiel met al die honger kindertjies in Afrika, met wie ons so gekonfronteer is, dat ons skuldig voel om selfsugtig te wees in ons gebede...

(Ek het nie die boek gelees nie, ek het kortpad gevat en die film gekyk - The Secret is niks nuut nie, The Secret is dat daar nou weer 'n handvol mense, berge vol geld maak uit 'n ou trend in 'n nuwe jassie...)

Blou Bul said...

Machiel ek stem 100% saam met jou ek sien dit ook so die BYBEL is deurspek van positiwiteit en nie aalmoese nie.

Anonymous said...

Okay dominee!

BoerinBallingskap said...

Geniet jou langnaweek!

Blou Bul said...

ANONYMOUS, JOU LAFHARTIGE AAP.

Anonymous said...

Nie 'n aap nie net nugter oor die dinge in die lewe alles is nie sonde nie!

Anonymous said...

Niks wat enige iemand meer vir my se^ oor Zim kan my skok nie. Dis nie meer skokkend nie. Dis standaard. Lekker naweek!

Blou Bul said...

Anonymous, sorry miskien verstaan ek en jy mekaar verkeerd, mikien was jou comment vir Machiel ek is die laaste een wat sal preek en se alles is sonde, inteendeel my vrou verkwalik my deesdae omdat ek se alles in die Bybel kan nie waar wees nie.

Anonymous said...

Hi julle
ek moet bieg, ek was die week nie so getrou op die blog nie- ek weet nie eers of julle gaan terug blaai hierheen nie, maar ons probeer maar. Brein, ek het n verskriklike geveg aan met Canterbury- die ouens wat die truie maak en verskaf, hulle het glad nie goed beplan nie en kan niemand tans verskaf nie- nie eers die groot ouens soos Edgars ens. Iemand by hulle het gister my meegedeel dat hulle n backlog het van n paar duisend truie op bestelling, so ek gaan nie meer belowe nie maar kom ons "apply the laws of attraction"
Ek het steeds die wit truie en n paar dames groen truie sou iemand belangstel daarin.
anyway- he n moerse naweek- as iemand my soek, ek wil julle net laat weet ek het my reputasie gestand gedoen met selfone- ekt nog een verloor!

groete
Danie