Tuesday, September 25, 2007

Die Geheim is uit!

Langnaweke is 'n mors van tyd....vir my in alle geval, ek moes in alle geval gister werk, ons het 'n lewendige buite uitsending in Benoni gehad.

Ek loop die naweek 'n baie interessante boek raak, ek het al gehoor van "The Secret" maar het nog altyd net so met 'n halwe oor geluister, ek loop toe Sondag die boek in die CNA raak net na ek Robbie Wessels se fliek gaankyk het... Net vinnig oor die fliek: Dis bietjie bar.... ek het op plekke bietjie ongemaklik gevoel met die taalgebruik en die kaaltonele.
Ek is die eerste een om te erken Gigi se mooi borste is die moeite werd om voor te kyk, maar ek weet nie, daar was net tye wat ek bietjie ongemaklik gevoel het. Gaan kyk die fliek en dan laat weet julle my wat julle dink?

Terug by "The Secret".dis een van daai boeke wat jy optel en net nie kan neersit ne, dit gaan alles oor die krag van positiewe denke en hoe jy jou hele lewe kan verander deur net jou brein anders in te stel, nou ja ek is 'n sucker vir sulke dinge en ek moet bieg dat ek anders oor die lewe dink na ek die boek gelees het.
Gaan besoek hierdie webwerf as jy meer van die boek wat Oprah Winfrey aan die gesels het, wil uitvind.. www.what-is-the-secret.blogspot.com/
Daar is ook 'n DVD uitgeryk oor die boek, hier is 'n stukkie daarvan:



Die Bokke is in die moeilikheid by die wereldbeker, Frans Steyn, verskyn vandag voor 'n tugkomitee oor hy blykbaar iemand gebyt het, ons kan nie bekostig om hom te verloor nie, Wynand Olivier en die res van die senters by die toernooi is ewe pateties, en moenie eers dink daaraan om Butch James senter te speel nie, Andre Pretorius het Sterdag bewys hy kan nie in Europa speel nie, en is op sy beste 'n baie gemiddelde losskakel. Bid vandag vir Steyn...bid baie....bid hard!
Intussen is die Samoaanse senter Brian Lima vir drie weke lank geskors vir ’n hoogvat op die Engelse losskakel Jonny Wilkinson in Saterdag se kragmeting in Nantes.
About tyd!!

Die Mechanic Bar se manne is weer more terug aangesien die skrywer bietjie gister die dag afgevat het!

Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Vusi Pikoli, is geskors. Sy skorsing tree onmiddellik in werking. News Now berig dat President Thabo Mbeki die besluit geneem het op grond van ‘n onherstelbare vertrouensbreuk tussen Pikoli en justisie en grondwetlike ontwikkelingsminister Bridgette Mabandla. Luidens ‘n verklaring deur die regering se inligtingsdiens sê die President hy beskou die verhouding tussen die minister en die NDOV as sentraal tot die doeltreffende administrasie van justisie en die gladde funksionering van die Nasionale Vervolgingsgesag. ‘n Ondersoek sal gelas word na alle sake wat verband hou met die funksionering en rol van die Nasionale Vervolgingsgesag. Mbeki het adjunk nasionale direkteur Mokotedi Mpshe as waarnemende direkteur aangestel om te verdseker dat die werk van die NVG ongehinderd voortgaan.
Ek sien moeilikheid kom!

Oosrandse polisie sê hulle is bekommerd oor die vergiftiging van sowat 100 honde nadat daar by verskeie huise ingebreek is. Die honde is oor die afgelope twee maande vergiftig. Hulle is dood aan ‘n toksiese gifstof genaamd Aldicarb, wat geredelik op straat verkrygbaar en goedkoop is. Vyf honde is in dieselfde straat is op een aand vergiftig. Een van die inwoners het drie honde verloor. Aldicarb kan ook dodelik wees vir mense, en volgens die polisie ontvang die saak hoë-profiel aandag.

Oor sowat ’n maand sal dit taboe wees om naby die ingange van geboue en lughawens, op treinstasies, in nie-rookareas van klubs en kroeë, in huise wat as kindersorgsentrums ingerig is, en met kinders in ’n voertuig te rook. Lekker!

En die Australiese krieketlegende Shane Warne het terug gekap na bewerings dat hy verneuk nadat ‘n teksboodskap vir ‘n huidige minnares per ongeluk in sy eksvrou se elektroniese posbus beland het. Die gewese mevrou Warne, Simone Callahan, het ‘n skerp aanval gedoen op die beroemde draaibouler in dié maand se New Idea-tydskrif en die twee verliefdes patetiese tieners genoem. Warne beskryf Callahan se opmerking in ‘n verklaring as haar jongste, betaalde, feitelik-ongegronde onderhoud met die tydskrif. Hy sê hulle is al langer as ‘n jaar geskei.
Wetterse selfone!

Later
Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

Hey Wimpels

Hier is vir jou een oor Schalk Burger...wie dit ookal is. Gedink jy sal daarvan hou:
Schalk Burger is so tough that:-

When the Tokoloshe goes to sleep every night, he checks under his bed for Schalk Burger.

Schalk Burger invented every colour. Except pink. Percy Montgomery invented pink.

Schalk Burger's hand is the only hand that can beat a Royal Flush.

Schalk Burger gave Mona Lisa that smile.

Schalk Burger can slam a revolving door.

Schalk Burger can speak Braille.

Schalk Burger's tears cure cancer. Too bad he has never cried. Ever.

Superman owns a pair of Schalk Burger pyjamas.

Schalk Burger owns the greatest Poker Face of all-time. It helped him win the 1993 World Series of Poker despite him holding just a Joker, a Get out of Jail Free Monopoly card, a 2 of clubs, 7 of spades and a green #4 card from the game Uno.

Schalk Burger sleeps with a night light. Not because Schalk Burger is afraid of the dark, but the dark is afraid of Schalk Burger .

Once a cobra bit Schalk Burger's leg. After five days of excruciating pain, the cobra died.

Schalk Burger can divide by zero.

When Schalk Burger exercises, the machine gets stronger.

Schalk Burger doesn't use pickup lines, he simply says, "Now".

Schalk Burger sold his soul to the devil for his rugged good looks and unparalleled rugby ability. Shortly after the transaction was finalised, Schalk Burger spear-tackled the devil and took his soul back. The devil, who appreciates irony, couldn't stay mad and admitted he should have seen it coming. They now play poker every second Wednesday of the month.

Schalk Burger can kill two stones with one bird.

Schalk Burger once devoured a whole wheel-barrow full of clay to prove to a friend that the expression "Sh**ing bricks" wasn't just a figure of speech.

The only time Schalk Burger was wrong was when he thought he had made a mistake.
 

Blou Bul said...

Goeie more

Nee vir my moet daar sommer elke maand `n lang naweek wees ek kan baie in die aftyd doen.The Secret ek het die dvd dit maak alles sin.

My swaer se hond is ook in Edelwise so dood gemaak met ek dink die straatnaam is twostep, die wese wat dit inkry sterf of vrek binne twee tree.

Ek rook glad nie, maar voel die nuwe rookwet is verregaande

Anonymous said...

THE SECRET

I PROMISE MYSELF:
TO BE STRONG THAT NOTHING CAN DISTRURB MY PEACE OF MIND.
TO TALK HEALTH, HAPPINESS AND PROSPERITY TO EVERY PERSON I MEET.
TO MAKE ALL MY FRIENDS FEEL THAT THERE IS SOMETHING WORTHWHILE IN THEM.
TO LOOK AT THE SUNNY SIDE OF EVERYTHING AND MAKE MY OPTIMISM COME TRUE.
TO THINK ONLY OF THE BEST, TO WORK ONLY FOR THE BEST AND TO EXPECT ONLY THE BEST.
TO BE JUST AS ENTHUSIASTIC ABOUT SUCCESS OF OTHERS AS I AM ABOUT MY OWN.
TO FORGET THE MISTAKES OF THE PAST AND PRESS ON TO THE GREATER ACHIEVEMENTS OF THE FUTURE.
TO WEAR A CHEERFUL EXPRESSION AT ALL TIMES AND GIVE A SMILE TO EVERY LIVING CREATURE I MEET.
TO GIVE SO MUCH TIME TO IMPROVING MYSELF THAT I HAVE NO TIME TO CRITICIZE OTHERS.
TO BE TOO LARGE FOR WORRY, TOO NOBLE FOR ANGER, TOO STRONG FOR FEAR, AND TOO HAPPY TO PERMIT THE PRESENCE OF TROUBLE.
TO THINK WELL OF MYSELF AND TO PROCLAIM THIS FACT TO THE WORLD, NOT IN LOUD WORDS, BUT IN GREAT DEADS.
TO LIVE IN THE FAITH THAT THE WOLE WORLD IS ON MY SIDE, SO LONG AS I AM TRUE TO THE BEST THAT IS IN ME.
CHRISTIAN D LARSON
AUTHOR OF THE SECRET

Dame met 'n wil! said...

Rokers wet: HOERA, ek kry altyd die kinders jammer wat hulle ouers se tweede handse rook moet inasem, ek kan dit nie vat as 'n ouer of die ouers voor 'n kind in 'n toe kar rook nie! Ek het 'n kleintjie dood aan rook, dit stink, in my huis word daar nie gerook nie! Wat van kinders onder 18 wat rook? Ek het niks teen mense wat rook nie, vir ons wat nie rook nie is dit maklik om te sè hou op! Ons het op skool altyd gesè KISS A NON SMOKER AND TASTE THE DIFFERNECE.

Anonymous said...

Uitstekende nuus oor die rokers wet. Sigarette moet verban word (se^ ek wat gerook het). Dis goed vir niks mense. Wees lief vir jou lewe. Respekteer ander sin.