
Okay ek kan nie meer nie, die ding is in alle geval 95% gefinaliseer so ek gaan maar uitkom daarmee en bietjie vir Steve en die koerante scoop!
29 Februarie 2008 is skrikkedag, Brickor en Wimpie van der Sandt produksies is trots om aan te bied 'n konsert wat jy net soos skrikkeldag nie elke dag gaan sien nie, 'n once off vertoning wat die land gaan skud en Afrikaanse musiek gaan vereenig soos nog nooit vantevore....Steve Hofmeyr en Anton Goosen lewendig in konsert saam met die beste Suid-Afrikaanse band nog ooit bymekaar gebring vir enige konsert!
Ek is so opgewonde ek kan in my broek dinges! Hou die pers en hierdie spasie dop vir besonderhede oor die grootste show in die geskiedes van Afrikaanse musiek, 'n perskonferensie volg binne die volgende twee weke dan vertel ek jou waar en wanneer en wanneer besprekings oopmaak!
Shoe! dis beter dis nou uit ek sou nie meer kon hou nie!
Ek het nie tyd vanoggend vir 'n huge inskrywing nie ek dink dit is genoeg nuus vir een dag.
Sterkte aan die Bokke, die wereldbeker begin vandag ek sal oor die naweek weer blog, my voorspelling Suid-Afrika en die All Blacks in die eindstryd en die laaste erkende bokspan om die wereldbeker huis toe te bring!
Later
Wimpie
Ps Raak lus vir die show!





8 comments:
Oe lekkerrrr....waar? Want natuurlik sal dit nou weer iewers in Jo'burg wees en dan sit ek inni Kaap, ne?
As Anton Simon sing kry ek sommer hoendervel!
Baie geluk, ek dink dit het nogals baie werk gekos om die ding aanmekaar te klap. Sit nie in elke ou se broek nie.
Lekker werk en hey...dis Vrydag!!
Is jy seker dis nie 'n April fools joke nie???
Ek sou dit nou sowaar nie kon raai nie! Maar dit is wonderlike nuus, en 'n bewys dat die tyd van wonderwerke beslis nog nie verby is nie!
Lekker naweek vir jou.
Opgewondenheid het my nog nooit in my broek wil laat bollie nie, maar ek is bly jy's opgewonde. :-)
Ek is so bly Anton en Steve is nie meer kwaaivriende nie. Waar kan ons kaartjies kry?
Fokkit gister wou ek se `n Goosen/Hofmeyr konsert toe dink ek nee maar die twee is mos nou tjommies.
Ek hoop net die Argentyne wen die Franse vanaand.Dankie vir jou show vanoggend dit was greate!
Eben oor gister ja soos dinge nou handuitruk gaan gevoelens oor die hele kleurspekrum net eskaleer teen die regering en plaaslike owerhede.En die "bestorming van die BASTILLE" gaan plaasvind wanneer weet ons nie maar dis onvermydelik, hoop net dit gaan nie met bloedvergieting plaasvind nie.
Antjiesomers ek was op jou blog, jammer jy gaan , maar die rukkie wat ek jou goed gelees het en jou comments, kan ek net se ja jy is `n wyse vrou, maar alle sterkte vir jou en mag jy net sukses op sukses he.Miskien sien ons mekaar eendag in die mooiste Kaap.
Ai man dit is lekker om daai twee saam te sien! nou is hulle weer groot buds!
hmm...
wie speel in die beste band in die land?
Post a Comment