Wednesday, September 5, 2007

Staatsgeheim en ek mag niks se nie!


MMM Ek is so opgewonde ek kan bars...daar is groot nuus aan die kom maar ek kan niks se nie!

Almal wat my ken sal weet die grootste mission vir my is om 'n geheim te hou, ek kan net doodeenvoudig nie, maar in hierdie geval moet ek maar net, hou hierdie spasie dop julle sal die eerstes wees wat weet, ek belowe!

Ek kan seker maar bietjie adverteer op my blog vir my broer se tobacco and Gift shop in Harties, sterkte boet, ek plaas vir jou 'n paar foto's gaan maak gerus 'n draai as jy in die omgewing is, dis oorkant die dieretuin, die plek se naam is the Caveman.

Vandag is die vierde uitgawe van die avonture van die ouens van die Mechanic bar, geniet dit:

Lente is in die lug, ook by die Mechanic Bar, dis maar stil vandag, stiller as
gewoonlik, maar elke dag is darem ook nie Christmas nie, dis dae soos hierdie
wanneer Barend so bietjie die lewe kan bepeins by homself.

Barend onthou weer vandag sy dae as 'n busbestuurder in Johannesburg, hy was
gelukkig nie lank 'n busbestuurder nie so daar is nie veel om te onthou nie.

Die man in die hoek is laat vandag dis al 12 uur voor hy ingewaggel kom.

"Waar was jy, ek het begin bekommerd raak" se ou Barend.. "Moes eers gou 'n
paar goed gaan uitvind" se die man in die hoek.

"Watse goed?" vra Barend terwyl hy die eerste kasteel vir die dag oopmaak en
aanskuif vir die man in die hoek.

"Ek moes gaan uitvind hoe om 'n politieke party te stig". "Vir wat?" vra
Barend," dis mos nou oorlooptydperk in die parlement" se die man in die
hoek, "as ek nou die oorloperparty stig kan ek aan bewind kom sonder om eers
een stem te kry, ek moet net genoeg ouens kry om oor te loop na my party toe|".

"En hoe beplan jy nogal om dit te doen?" wil Barend weet.

"Maklik ek kry die Blue Bulls girls om die stemme te werf en Lolly Jackson om
kantore te verskaf waar al die parlementslede van kan operate". "Lolly Jackson,
dit klink bekend" se Barend, "waar is sy kantore?"

"Wel hy het kantore in Rivonia en midrand, Pretoria, Boksburg en Durban, ou
Lolly het ook 'n veskydenheid nice karre en ek dink hy sal nogal 'n deal doen
in ruil daarvoor om die land te bestuur vir 'n ruk!"

"Wie is Lolly nou eintlik as hy by die huis is?" vra Barend, "die eienaar van
Teazers" se die man in die hoek.

Ruds storm opgewonde die kroeg binne, CD innie hand, "het julle gehoor Bok bler
weer op 'n nuwe CD oor die wereldbeker?"
"Ne" se vra ou Barend terwyl hy soland die CD player nader trek.

Deon Horrelpoot het nou net teruggekom van 'n trippie Amerika toe, "die
Amerikaners is ongelooflik se ou Deon, hulle weet nie eers waar is Suid-Afrika
nie."

"Raai langs wie sit ek toe op die Vliegtuig?" Butana Khompela hoof ANC en die
ou wat die Bokke in die nasionale Blom wil verander.

"ANC?" vra die man in die hoek "ek het nie geweet hy's ANC nie."

Ja se Deon, "Another Nut Case."

Gordie stop gou vir 'n vinnige koue een, dis warm daar buite en Gordie is 'n
groot man, en groot ouens kry gou warm.

"Die Bokke het mooi gespeel teen Samoa se Gordie, nou vir die Bleekbene
Vrydagaand."

"Die bleekbene het laas die werelbeker gewen, maar hierdie naweek is Parys 'n
klein Amajuba" se Gordie, en hy behoort te weet hy ken immers 'n paar Engelse
mense.

"Ek lees in die koerant van die ou wat in Kaapstad by seepunt 'n take away
opgetel het wat langs die pad gestaan het" se Divan wat ook intussen by die
geselskap aangesluit het.

"'n Take away" vra Barend.

Ja se Divan, "hy het blykbaar 'n boete van R500 gekry by die Metro Polisie."

"'n Boete" vra die man in die hoek "omdat hy 'n take away opgetel het in die
straat."

Ja se Divan," hy het blykbaar sixty nine gedoen in 'n sestig sone!"

Die kroeg le soos hulle lag en Deon wat oudergewoonte eers weer daaroor moet
dink besef hy was te lank in Amerika want hy verstaan nie waaroor almal lag nie.

"Ek hoor hulle het Bakkies by die wereldbeker vir 'n urinemonster gevra" se
Gordie.

En toe? Vra Barend," John Smit moes blykbaar vir Bakkies verduidelik dis nie
waarmee hy elke oggend sy meisie rondjaag nie."

Ja Bra se Barend.

"Wat is dit dan vra?" Deon!

Ou Deon is nie die slimste ou in die wereld nie, na 'n paar doppe is die ander
ouens ook nie die slimste ouens in die wereld nie.

Barend wonder by himself of die regering se plan gaan werk om waarskuwings op
drankbottels aan te bring.

Barend glimlag onderlangs, kyk die spulletjie in die kroeg aan en wonder
hoeveel van hulle kan lees!


Ek hoop julle geniet die ouens van die Mechanic Bar elke week soos ek dit geniet om hom te skryf, moenie vergeet nie elke Donderdagoggend in my show kan jy luister soos Frans Swart die avontore van hierdie ouens oorvertel!

Dis al vir vandag, he 'n great dag!
Later
Wimpie
Ps Loop hierdie ou toevallig in die kroeg raak by die golfbaan, Darren van Egoli, ek dink hy speel Joe in die sepie. Wat 'n nice ou down to earth en hy speel golf van 'n 5 voorgee af. Sy girlfriend was saam maar wou nie staan vir 'n foto nie, se die hare was nie reg nie! Sy is ook 'n great girl en het Coreen gespeel, Chris Edwards se bitchy vrou! Dankie vir die lekker kuier julle twee!

11 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie
Thanks vir die advertensie, dit lyk nice man.
Ons het darem al n hele klomp bestellings vir die nuwe springbok trui,maar sukkel nog met die verskaffers, druk om dit te kry voor die naweek, en van jy hier was ook nou vlae en kepse ens bestel- nice goed.
Julle mense uit die ooste kan gerus n draai kom maak, die weer hier is al great en dis net so uur en 10 minute se ry.kom se gerus hello, ons het n groot naambord op oorkant die dieretuin jy kan dit nie mis nie.
Wimpie - sien jou die naweek- bring n mikrofoon saam!
Danie

Anonymous said...

Hi Wimpie,
Ek gaan my bes doen om te kom hallo sê by die dam. Ons in Moz het vrydag 'n vakansie-dag, weet nie hoekom nie, maar gee ook nie om, ekke is ook af!! (sic)

Steyn (seun) is bietjie siek en tans by die huis, as die mannetjie reg is, ry ons deur Brits toe, dan sal ek verseker kom groet.

Groete vir jou ... en Danie (ons ken mekaar nie) maar ook sterkte met jou onderneming, en weet jy sal suksesvol wees. Sal jou verseker kom ondersteun.

Eben

antjiesomers said...

Hi Wimpers
jy se na 'n paar doppe is hulle minder slim...werk dit nie andersom nie?hiehiehie!
Danie, sterkte met die nuwe besigheid. Dit vat harre oppie tanne, liefde vir die saak en sakke vol geloof en vertrou. Hoop dit gaan sommer baie goed.
Lekker dag Wimpie :)

Dellie said...

Dankie Wimpie, soos gewoonlik het ek die ouens in die Mechanic bar baie geniet. Dit word beslis 'n weeklikse hoogtepunt vir my!

Sterkte met jou besigheid, Danie, soos Antjie sê, solank jy lief is vir dit wat jy doen, sal jy suksesvol wees. Sal eendag as ek groot is kom inloer!

Wimpie, gaan jy daai geheim sowaar kan hou? Ek is trots op jou!

Lekker dag, ry hom bloots!

Anonymous said...

Laas toe ek by Harties was, was die Hotel oorkant die dieretuin. Is die nou weg? Dinge verander so... Sal by jou boet 'n draai maak as ons weer by die fidamilie gaan kuier daar naby. Ek self het 'n ruk in Harties gebly. Kan nie wag om te hoor wat is die staatsgeheim. As dit enige iets met Nkosazana Zuma en 'n poep kussing tydens 'n media konferense te doen het, is ek gelukkig.

antjiesomers said...

Hoe klink dit nou vir my Dellie ken die groot geheim?
Sies man...
Ek sien Roer se daar by my jy gaan uit die kas kom???Huh???Wat se kas?Dit sal 'n waste wees van goeie 'beef'!lol!!
Trek jy Kaap toe?Trou jy? Is jy oppie paal? :) Net 'n leidraad, ag toe?

Anonymous said...

Nee jinne Antjie, ek weet niks! Maar ek is trots op enigeen wat 'n geheim kan hou, want vir my is dit 'n ewige stryd...

Anonymous said...

Dankie aan julle almal vir die voorspoed wense met die besigheid.
Dis op die oomblik nog net n sideline gelukkig, anders sou my senuwees dit nie kon hou nie, maar ek hoop dit word sommer gou n string franchises.
Met julle support is dit moontlik

Groete
Danie

Blou Bul said...

Ja Danie ook van my kant sterkte, gelukkig het jy nie nodig om met die Tswane metroraad besigheid te doen nie.Ek hoor die donners mag nie meer met witbesighede sake doen nie.

Nou is ek ook nuuskierig, kom Wimpie uit daarmee.

Die ouens van die Mecanic bar, nogal kwaai met al die jongste nuus en grappe daarin

Unknown said...

HI Danie, Wimpie

Danie, ek was saam jou op skool. Is Merak se buddie. Ek bly ook hier by die dam. Sal graag n trui by jou kom koop. Ek sien vir Merak so nou-en-dan.

Ek kom loer een van die dae in.

PS: Wimpie ek geniet jou blog. Hou so aan..

Groete

Steyn

Anonymous said...

Hi Steyn
Hel man, altyd goed om van nog n Hugenoot te hoor.
Jy moet tog n draai kom maak, en sommer vir Merak ook saamsleep, ons kan n bier op skooldae drink! Maak n bietjie kontak man, my e-pos adres:dvandersandt@fnb.co.za of dvandersandt@vodamail.co.za

Ek hoor graag van julle!
Thx brein vir die sterkte toewens, hoop jy sal ook inloer

Danie