
Iemand vra my gister om met julle te deel wat alles die laaste week in my lewe gebeur het sedert ek Rhonda Byrne se boek The Sectret gelees het en 'n meer positiewe gesindheid in my lewe begin toelaat het.
Wel ek is besig om alles te dokumenteer en sal dit hier plaas binnekort so wees net geduldig.
Ek het met opset nie iets gese oor die chokers (Proteas) wat in die 20/20 wereldbeker weer onder die druk geswig het nie want ek wou sien wat maak Jacqus Kallis in sy eerste wedstryd na die toernooi.
Nodeloos om te se hy het gister weer 'n skitterende 118 lopies aangeteken....
Nou dink nou 'n oomblik terug aan ie toernooi dan vra jy joself die vraag af wat was die kanse dat ons 126 lopies teen Indie sou aanteken met Kallis in die span?
Wat is die kanse dat Kallis beter as Philander sou geboul het en dalk nie drie vangkanse sou verbrou het nie, en an vra jy jouself af hoekom is ons nie tans die wereldkampioen nie....
So elke dan en wan het ons almal 'n week uit die hel uit,myne is die week, ek weet nie hoe gaan ek alles ingepas kry nie,
ek weet net dit moet gebeur en dan dink ek partykeer die weke is te kort en ek wonder of elke dag rerig 24 uur het! Ons is in diefinale stadium van die reelings vir die groot show wat nou op Saterdag 1 Maart plaasvind by Supersportpark in Centurion, hou gerus volgende week die pers dop vir 'n perskonferensie dan sal al die details bekend gemaak word!Ek is baie opgewonde en kan nie meer wag nie, nog net bietjie geduld dan die laaste paar goedjies in plek sit en dat is ons oppad!
Plakkate wat reklame maak vir Tokyo Sexwale as president is in Buffalo City in die Oos-Kaap opgemerk. Dispatch Online rapporteer groot kleurplakkate wat lui “Tokyo as President” is op lamppale in die omgewing van Oos-London opgemerk. Dit volg op ‘n besoek van Sexwale aan Grahamstad gedurende die afgelope week waar hy aan lede van die South African Students’ Congress gesê het dat hy gereed is om die volgende “stem van die volk” te wees.
Die Zimbabwiese regering maak die lewe ondraaglik vir Zimbabwiërs in die stede sodat stedelike kiesers – tradisioneel ondersteuners van die opposisie – óf na die platteland, of landuit sal vlug. Dis die jongste nuus in Fool's Paridise, Bananarepublic of kies enige naam wat jy wil!

Dis nog niks, Johannes Kerkorrel het jare gelede al oo Zimblabswe gesing in sy liedjie "Daar is geen" sing hy, "...daar is nie meer petrol nie, dt kos dieselfde as wyn..." nou ja die jongste is in die mal ou eenmansaak bekend as Mugabewe, staan die inflasiekoers nou amptelik op 7 500% (sewe duisend vyf honderd) en raai wat Bier is nou goedkoper as water danksy Mugabe se prysbeheerstelsel.
Nou ja ek ken 'n paar Blou Bul ondersteuners wat lekker daar sal bly!!
Die Loch Ness-monster se skugterheid veroorsaak kommer dat die streek se toerisme besig is om agteruit te gaan. Volgens The Times, het nuuskierigheid rondom die monster jaarliks 84-miljoen rand in die sakke van die inwoners van die Skotse Hooglande gepomp. Hierdie jaar was daar egter nog net twee verskynings, wat ‘n groot bron van kommer is.Dis al vir vandag, ek hoop jou dag is rustiger as myne....
Later
Wimpie
Ps: Ek het gedink hierdie is nogal classic Toyota se Loch Ness advertensie!
En dan is Jethro Tull by Carnival een van die dae onthou jy nog die Classic?





6 comments:
More Wimpie!!!!!!!!!!!!!!!!
Hoe gaan dit?
Dit is vreeslik hartseer dat dinge so vêr gegaan het in Zim....
Ek sien dat die hele lot gesuip by die verkiessings lokale sal tou, en die klomp in die "parlament"- as die regerinde party verloor- die verkiessing as ongeldig sal verlkaar om in beheer te bly!!! dit is so snaaks hoekom gaan hulle nou nog verkiesing hou? ons almal weet mos dat die mu-aapie nie sal toe-laat dat daar iemand aan die hoof sal gaan staan wat hy nie kan beheer nie!!
maar so van die os op die as........ hoe het jy gehou van die Suid Afrikaaners in die USA rugby span wat gesê het dat hulle verseker is dat die Bokke die Beker sal vat!!! Wys net. . . Jy kan die man uit S.A. vat maar nie S.A. uit die man nie!
Liefde Groette
Spook
Howzit people of the blog
Wimpie as Kallis daar was het hy nou nog gestaan en blok, hy het al te veel in die verlede die Proteas in eendag wedstryde in die steek gelaat.Los hom vir toets krieket.
Wimpie jy bly nog te negatief, the secret doen jou blykbaar nie goed nie.Nerens daar sien ek word daar gepraat van `n week uit die hel nie, nee man bly positief.En gister se stuk, "Nuwe week, dieselfde ou stories."
Ge-settle in jou nuwe tuiste, dit is lekker as mens so in jou nuwe tuiste intrek, en alles oor en oor skuif en dan weer alles bekyk en weer skuif en skuif. Die inpak is niks lekker, ek smyt dan sommer alles weg, mens kan darem baie gemors opgaar, sonder dat jy dit eers besef. DANIE ekke het jou comment gelees, ek soek 'n SHARKS hemp. Sal bietjie later in die maand een Sondag weer bietjie kom inloer daar.
Ek kies bier! Cheers!
Hi Sharks
Ja, jy kan gerus weer n draai kom maak, daars elke nou en dan iets nuuts wat oulik is. ek sal jou trui vir jou kry, ek dink jyt gevra vir n medium sharks trui?
Laat weet my maar dan los ek hom daar met die ou wat vir ons werk in die winkel
groete
Danie
DANIE, Small vir my, en vir Koos 'n XXL. Sal seker die Sondag - nee die Sondag is uit, ander Sondag kom oè wys. Ek en kinders gaan die Sondag Montana se vlooimark toe, en die middag van 2 - 4 het Jaco 'n ryles by Mayville.
Post a Comment