Monday, October 1, 2007

Nuwe week, dieselfde ou stories!

Wat 'n lekker naweek, die Bokke het gesorg vir groot plesier en ek het sommer lekker van my ruskansie gebruik gemaak, lekker getrek en sommer gou in my nuwe plekkie gesettle!

Ek het besluit om nie vandag die politiek aan te vat in ons landjie nie, ons moet die week op 'n lekker positiewe noot begin en my positiwiteit ken geen perke nie.

Knap gedaan aan Fidji wat vir die eerste keer verby die eerste rondte van die wereldbeker gekom het toe hulle Wallis gesink het, ek het ongelukkig getrek en het nie veel van daai wedstryd gesien nie, maar my broer se dit was 'n riller!
Die Bokke was met een woord, klinies in hulle afranseling van die Yankies en ek begin al planne maak waar ek die eindstryd gaan kyk!
Voel vir my soos 'n groot reunie party van 1995, EK KAN NIE WAG NIE!

Jammer vir al die manne, Minki van der Westhuizen is van die mark af! Sy is die naweek getroud, ek is bly vir haar maar jammer vir al die ander manne!

Simpatie met my kinderfantasie, Janie du Plessis, sy was die aanbieder van Teletien as ek reg onthou, haar eks-man is gister skielik in die ouderdom van 52 jaar dood aan 'n hartaanval, hulle het twee kinders saam gehad...

Teen die tyd is almal van ons al seker miljoeners want ons almal het seker al die Lotto op die internet gewen sonder dat jy eers weet jy het gespeel.... Ek praat natuurlik van daai e-posse wat you vertel dat jy skatryk is omdat jy 'n lotto gewen het, wel daar is nou nog 'n weergawe daarvan waar hulle jou vertel een of ander obskure familielid/ persoon met dieselfde van as jy is iewers dood en waar een of ander skelm jou 50% van $10m wil betaal om hom te help om die geld op te eis, wel ek het eers opgewonde geraak want ek het The Secret gelees en ek het net begin die Law of Attraction werk darem vreeslik vinnig, maar helaas! Wees maar op die uitkyk en moenie jou swaar verdiende geldjies vir hierdie skelms gee nie!

Ek moet darem net vir jou vertel van Jackie Selebi se storie enwat dit met die pres. te doen het. Polisiewoordvoerder Sally de Beer sê Nasionale Polisiekommissaris Jackie Selebi het nie aan die Sunday Times gesê dat hy nooit in hegtenis geneem sal word nie. De Beer word deur Nuus24 aangehaal waar sy sê Selebi het die koerant slegs geadviseer that hy nie bewus was van ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming nie. Volgens die koerant se vroeë uitgawe vandag het Selebi gesê hy sal nooit in hegtenis geneem word nie omdat daar nie ‘n lasbrief bestaan nie. Volgens De Beer impliseer dit dat Selebi bo die wet verhewe is.
Die Sunday Times-storie volg op ander mediaberigte dat die Nasionale Vervolgingsgesag ‘n lasbrief vir Selebi se inhegtenisneming asook ‘n deursoeking- en beslagleggingdokument van die Pretoriase Hooggeregshof verkry het. Die vraag rondom Selebi se moontlike inhegtenisneming volg op die skorsing van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Vusi Pikoli, deur President Thabo Mbeki.
Intussen sê die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, Sandra Botha, dat sy die Speaker, Baleka Mbete, more gaan vra om die parlement dringend byeen te roep sodat Mbeki kan verduidelik waarom hy Pikole geskors het. Botha sê die gevolge van Pikoli se skorsing neem by die dag toe, en dis nie meer net van nasionale nie, maar ook van internasionale belang. Botha sê die Speaker sal gevra word om Mbeki te versoek dat hy die parlement toespreek oor verskeie onbeantwoorde vrae rondom die Pikoli-kwessie. Ek wag in spanning!

En laastens … die aktrise Lois Maxwell, wat as Miss Moneypenny in ‘n reeks James Bond-rolprente gespeel het, is in die ouderdom van 80 jaar dood. Maxwell het in 14 Bond-flieks gespeel as sekretaresse van M, die geheime agent se hoof van die geheime diens. Sy het in 1962 saam met Sir Sean Connery in Bond se eerste fliek, Dr No, gespeel, en dit was ook haar rol tot in 1985 se A View To A Kill saam met Sir Roger Moore. Maxwell is laasnag in Wes-Australië se Fremantle Hospitaal oorlede.

Lekker dag!
Wimpie

2 comments:

Anonymous said...

Danie

Stuur bietjie jou nuwe nommer

Ina

Anonymous said...

Hi Wimpie

Waar is die nuus wat jy kastig op jou blog vandag sou sit? jy het almal net nuuskierig gemaak Donderdag en nou praat jy niks van dit in jou blog vandag nie.

So uit met die nuus....