Vir die eerste keer weet ek ook nou wat dit is om deur die pers gejag te word! Gerugte het gister soos 'n veldbrand versprei oor 'n moontlike show waarby ek dalkies betrokke is van Steve en Anton, ek weet niks, ek sal dalk iets weet op 24 Oktober!
Hier is die storie soos hy in Beeld verskyn het vandag op bladsy 3:
Steve, Anton bied straks binnekort konsert aan
Oct 17 2007 08:56:25:517PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Anna-Retha Bouwer
Gerugte doen die ronde dat die eens geswore vyande, Steve Hofmeyr en Anton Goosen, dalk eersdaags ’n konsert saam gaan aanbied.
Wimpie van der Sandt, omroeper van die ontbytprogram van die radiostasie Oos-Rand Stereo, wou gister nie veel sê nie.
“Wag maar vir 24 Oktober, dan sal julle meer weet,” is al wat hy wou sê. Daar sal glo op hierdie datum ’n aankondiging gemaak word.
Dié radiostasie is na bewering by die beoogde konsert betrokke. Van der Sandt was betrokke tydens die versoening van Goosen en Hofmeyr.
“Ek het ook die rumour gehoor,” het Goosen by navraag gelag. “So ’n konsert sal nice wees.”
Hy wou egter nie bevestig of ontken dat die konsert wel gaan plaasvind nie.
Goosen het gesê dat hy en Hofmeyr mekaar nou nie elke dag om die hals val nie, maar dat hulle deesdae heelwat per e-pos korrespondeer.
Hofmeyr het op sy beurt gesê hy en Goosen is soos twee meteoriete wat uit verskillende hoeke van die heelal op mekaar afpyl en dat ’n fusion tussen hulle altyd heel interessant behoort te wees.
Soos ek gese het, ek weet niks, ek weet net daar is 'n paar feite foute in die berig van Beeld, Oos Rand Stereo weet niks van so 'n show nie en is beslis ook nie betrokke by so 'n show nie, Wimpie van der Sandt in sy privaat hoedanigheid ...... het ook maar net 'n rumour gehoor...

Dankie vir al die comments, ek lees alles wat julle skryf en soms is dit nogal amuserend, veral as Anonymous vertel sy sal my ook onder my gat skop want niemand wil heeldag pubcrawl nie...
Jong ek weet nie, ek weet van 'n paar mense wat wil...
Brein die Campbells advertensie is wat ons noem 'n buite advertensie wat deur 'n advertensieagentskap aan ons gestuur is en die telefoonnommer soos hy in die ad verskyn is al nommer wat ek het, ek stel voor jy kontak die Campbells se bestuur wat jy behoort te kan Google.
Sharks jou hond is baie mooi! Feetjieland, ja gelukkig vir jou is jy getroud....damn! En nee ouderdom maak NIE saak nie.
Eben toema ek sukkel self om my eie broer in die hande te kry, blykbaar op kuses of iets...Boerinballingskap, geniet die rugby en ek hoop jy kry 'n lekker warm date om dit mee saam te kyk!
Later julle, heeldag vol meetings vandag insluitende lunch met Steve....
Nog steed dateloos vir die Vonk Afrikaanse Musiektoekennings, laat weet maar as iemand iets in gedagte het!
Wimpie
ps: Van die World Cup emails geniet ek die een die meeste

18 comments:
Wimpie dankie ja my boerboel is pragtig. Alle boerboele is pragtige, ek lief hulle moerse baie.
He he ... pers jaaaa jou, vertelle jy ons. Maar dis mooi so!! As jy eendag so beroemd is, onthou maar ons arme drommels hier op die blog!! (sic!)
Jong jy beter werk doen dat jy nie alleen daar opdaag.... ek glo jy het 'n paar opsies .... Nou laat waai dan, soos onse vriendin Dellie sal sê "... ry hom bloots!!"
Eben
Goeie more almal
Dankie Wimpie vir jou terugvoer ek sal dit gaan Google.
Sal definitief die show van Steve en Anton gaan kyk sodra "JY" dit gefinaliseer het, onthou die mense op die blog moet eerste weet.En jy moet vir ons kaartjies hou.Ek wil ook graag Steve se DHDW gaan kyk maar my vrou moet eers behoorlik herstel na haar operasie.
Die brein sal jou darem nie skop nie, net lekker uitkak of skoor soek , dis al.Moet jou nie aan haar steur nie, sy like jou seker.Julle sal seker se dis lelik, maar eks gatvol vir reen.
Eben:; julle het seker lekker weer daar in Tsaneen.Ek was jare gelede in Magoebaskloof en het daar in die Hotel gebly ,die het intussen afgebrand, die plek het mooi houtwerk in gehad het hulle dit nie herbou nie?
Lekker dag almal.
Het jy nie so 'n rukkie terug iets laat val van daai konsert met Steve en Anton nie? Hoop die dinge werk uit soos dit moet.
Kom nou girls, julle kan mos nie vir Wimpie nou in die steek laat nie!
Lekker dag julle, dis amper Saterdag!
Dit kan jy weer se...Damn...en nee, ongelukkig vir my..ek is 28, word 4 Nov 29...dis seker jonk genoeg? Sal die girls inlig oor jou aanbod..al voel ek bietjie jaloers om te dink dit gaan iemand anders se voorreg wees...
Ek sal verseker nie die konsert wil misloop nie, albei gunstelinge Steve (natuurlik) en Anton. So as jy iets weet, wees jou oulike self en lig ons voor die tyd in. En ja..ons soek die beste kaartjies!
Ek sal nie omgee om die eienares van daai rugby-kaartjie te wees nie...
sal my voortande gee om daar te kan wees!
Wie wil nie heeldag pubcrawl nie?
Ek vir een sal dit baie geniet!
Natuurlik saam met goeie geselskap,
en daar moet darem pool tafels en jukeboxes by die pubs wees.
Die Brein...jy het my simpatie, drie dae is vir my erg, hoe lank hou jy nou al uit? Fantasize is goed...doen almal dit nie in elk geval heeldag al is hulle "maats" heeltemal tot alles in staat nie?
Mmmm, so die single girls het nou 2 om uit te help..
Vir die van julle wat nie weet nie, ek het oorgegaan wordpress toe, my nuwe adres is http://Feetjieland.wordpress.com, as jy sukkel om daar uit te kom, google blog search en dan Feetjieland, dis dan die een met die wordpress adres.
Is ek nou die enigste wat dog dat die geheim van die 366ste dag van die jaar al uit is? Ek sê maar niks, as die mense nie jou Blog lees nie, moet hulle maar suffer...
As ek die kat aan die gat beet het en jy in een of ander ander post genoem het dat die datum nou verander is, vergeef my.
Hi Wimpie
Ek sal met graag jou uit jou verknorsing maandag aand help.
E-mail my as jy aanvaar.
xXx
Michelle
Michelle ken ek jou ek het nie jou email nie
Wimpie, daar was nou al 'n paar wat jou aanbod aanvaar het, hoe gaan jy kies? Voorkoms...?
Ek het 'n idee, se almal moet 'n foto na my toe mail, met 'n kort beskrywing van hulle-self , dan kies ek vir jou iemand, sodoende voel niemand "offended" nie...
MariVen@vodamail.co.za
Wimpie
Jy ken my nie persoonlik nie, maar jy kan my e-mail by mcoetzee@fnb.co.za
Feetjieland ek dink jy het 'n wonderlike idee daar beet. Wat moet ons alles in die kort beskrywing se?
Kom ons hoor eers wat se Wimpie..
Net 'n kort persoonlikheids-beskrywing..goeie eienskappe, slegtes, waarvan jy hou, waarvan jy nie hou nie...is wat ek in gedagte gehad het.
Wimpy...as jy wonder hoe ek gaan weet waarna jy soek...mail my..dan reply ek met 'n beskrywing van jou perfekte vrou.
Lyk my Wimpie raak beroemd? ;)
Dit is reg.
Laat weet my seblief wat hy se Feetjieland. E-mail my sommer direct want ek is nie altyd op die net nie.
Dankie :-)
Feetjieland:, vier volle flippen weke!!!!Sover die 10de November is nog ver.Ja ek dink ons almal fantasize maar op een of ander stadium, ek seker 24/7/365.
Wimpie jys in vir `n ding.
Die Brein, ek ook 24/7/365 , lol.
So ek kan myself indink hoe jy moet voel!!!
Boer...moet ons vir jou ook 'n "date" reel?
As julle ander mans dates soek moet julle net eers julle fotos vir my mail, sodat ek darem vir die girls kan wys hoe julle lyk :)
Die Brein...en aangesien jy so nou en dan comment op my blog, wil ek anyway 'n foto van jou he!
Post a Comment