Wednesday, October 17, 2007

Om te date of nie?!


Son you'll be a bachelor boy, and that's the way to stay, happy to be a bachelor boy untill my dying day....

hehehe

Weet nie hoekom ek daai bevloging gekry het nie maar mnou ja... hier is die twee bachelors in my huis, oop vir aansoeke!


As jy al ooit gewonder het of ons werklike demokrasie in ons land het, die antwoord is eenvoudig....nee ons het nie. Die minister van Gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het die Demokratiese Alliansie se versoek geweier dat die Parlement ‘n komitee aanstel om haar gedrag te ondersoek, waaronder bewerings van diefstal en alkoholmisbruik. Sy wou weet namens wie die DA die versoek rig en sê die party het nie die steun van die meerderheid in Suid-Afrika nie. Tshabalala-Msimang sê sy raadpleeg haar regspan daagliks oor ‘n moontlike hofgeding teen die Sunday Times oor die beweerde diefstal van haar mediese rekords. Met ander woorde ons gewone Suid-Afrikaners het gteen reg om te weet wat die mense wie se salarisse ons betaal, aanvang nie as ons nie vir die ANC stem nie.
Watse kak is dit!
Msimang, jy deel 'n brein met 'n hotnotsgod!

Die laaste Springbokspan wat op meriete gekies is, dit is die grootste motivering wat Jake White vir die Bokke het!
Geesdriftige boodskappe van steun en vertroue stroom steeds in vir die Springbok-rugbyspan voor Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in Frankryk. Die jongste organisasie om te sê hy twyfel nie daaraan dat die Bokke die beker gaan huis toe bring nie, is Cosatu. Die vakverbond sê sy 1,8-miljoen lede sluit by miljoene Suid-Afrikaners aan wat die Bokke steun en alles van die beste toewens. Die enigste teleurstelling vir die spelers is dat oudpresident Nelson Mandela nie na Parys kan vlieg vir die wedstryd nie. Hy sal egter ‘n video-boodskap aan die span stuur. President Thabo Mbeki sal wel in die pawiljoen wees.
Krieket Suid-Afrika het ook sy volle steun aan die Springbokke toegesê en sê die hele krieketgemeenskap in Suid-Afrika ondersteun hulle. Die liggaam het die Bokke geluk gewens met ‘n fantasiese toernooi tot dusver en sê hy, soos die hele land, staan bankvas agter hulle en moedig hulle aan om die beker weer huis toe te bring.
Kan politici nie sien dat hulle kan kak uitdink soos hulle wil, vakansiedae, straat en dorpsname verander soos hulle wil, niks vereenig die land soos die springbokke in die eindstryd van die wereldbeker nie, dis soos 'n platemaatskappy wat 'n kontrak met Steve Hofmeyr het en dan weier om sy CD's te versprei....BREINLOOS!
Hou op voeter met die Bokke en gebruik die span positief om mense se gesindheid oor ons land te verander, hoe moeilik is dit om te verstaan!!

Op 'n persoonlike noot wil ek omverskoning vra aan almal wat my ken en al my vriende dat ek julle so afskeep, volgende week op die 24e Oktober is my groot perskonferensie by die Kopanong Hotel en konferensiesentrum, daarna sal my lewe weer bietjie na normaal terugkeer, julle op hierdie blog sal natuurlik al die agtergrond inligting kry oor die groot geleentheid wat niemand anders sal kry nie, Woensdag vertel ek meer!

Soos julle afgelei het is ek weer single en dateloos! Dit is nie regtig 'n probleem nie want ek doen die single ding nogals goed, maar Maandagaand is die Vonk Afrikaanse Musiektoekennings by Emperor's Palace en ek kan nie rerigalleen daar opdaag nie, so as daar single bloggers is wat wil saamgaan vir 'n lekker jol in goeie geselskap, kontak my!
Later
Wimpie

28 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie daai woefie van jou is pragtig hoor. Sal vir jou 'n foto mail van my boerboel.

Anonymous said...

wimps
jy sal nie alleen hoef te gaan nie ek belowe!
Sal jou e-mail xx

Anonymous said...

Hi

Dit is nou 'n open ivitation as ek al ooit een gehoor het ☺

Wimpie van der Sandt said...

Dit is!

Wimpie van der Sandt said...

sharks

ek het jou foto gekry van jou hond, hy's stunning, ek dink ek is banger vir jou man se gun!

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie,

Ek stem.. . Pragtige hond!, maar soos ek al in die verlede gesê het, ek is nie regtig gek na boerboelle nie maar ek is seker dat daar mense is wat gladnie van rotweilers hou nie!!

O en ek sal jou met graagte vergesel.... en dan het jy darm die wete dat daar geen "expectations" sal wees of verwagtinge van verhoudings of sulke dinge nie! HIE HIE HIE HIE HIE HIE HIE HIE HIE

Liefde
Spookie

antjiesomers said...

Sjoe Wimps!
Begin jy nou 'n dating service? Lyk my jy gaan met meer as een date sit vir die aand!
Wel, wie nie vra nie kry seker 'fagghaal' ne? Cute woef, regte skuif....al wat 'n girl is sal EERS drool oor die woef....en DAN oor die baas :)
Lekker dag

Wimpie van der Sandt said...

dankie Antjie!

Dame met 'n wil! said...

Hy dra die skiet ding permanent by hom!! Ja Bulletjie is 'n prag dier, gisteraand toe ek en hy gaan stap het, het hy amper 'n swarte gegryp, ek moes lelik keer. Die klein hondjie is die enetjie wat ek opgetel het, sy is my hart se punt, toe dit nou haar beurt is, was dit al redelik donker, en Jaco stap toe saam my, ek wys toe vir Jaco hy moet die band vat, en ek kruip toe agter 'n boom weg, daai hond wou net nie verder loop nie, sy het in die pad gaan lè, en los geruk om my te kom soek. Wimpie ek het baie mooier foto's hier van hom. Daai pote van hom is iets vreeslik so ook daai kop, spiere hy is 80 % boerboel en 20 % rifrug.

Blou Bul said...

Goeie more

Daars `n lelike ding wat sy kop uitsteek, iets baie erger as `n bosluis of `n kopluis of by bachelorsparties muis wys..........dis Wimpie van der Sandt.

Lelike hond, die spoeg spat altyd waar hulle loop.Ag toemaar hys oulik.

Wimpie nou waar kan ek probeer vir die Campbells??Jy promise net en laat weet niks.

LEKKER DAG.

Feetjieland said...

Hoe wens ek nou ek was single en available...Twee scorpios op 'n date...ons sou verseker laat by die party opgedaag het...
Is die woefie deel van die pakket, of kan ek hom maar kry?

Feetjieland said...

Antjie..bly om te sien jy is nog in die land van die lewendes..jy is skaars deesdae. Die Brein, hoe gaan dit met vrou-lief, sy is seker darem al by die huis? Erg pyn? Hoop jy bederf haar darem bietjie...

Anonymous said...

Oeeeeeeee Wimpie smaak my jy is in vir 'n ding. Maar jy beter foto plaas van jou medgesel.

AntjieNorris dis lekker om jou komment ook te lees. Ons verlang na jou.

Lekker dag Wimpie. O jaaaa Danie Waar by Harties gaan julle rugby kyk, is daar iewers 'n samekoms??

Eben

Blou Bul said...

Feetjieland, hoe gaan dit nog met jou??Met my vrou gaan dit baie goed.Dis nou al vier weke is nog seer binne, maar seker nog so drie weke of wat dan behoort sy weer in aksie te wees.

My vrou was Maandagmiddag byna deur weerlig getref in ons huis, sy het in die gang na die studeerkamer geloop, verby my dogter se slaapkamer sy was net verby die kamer toe die weerlig deur `n toe venster en toe blinds deur my dogter se kamer venster slaan deur die kamer en sowat twee tree agter haar in die gangmuur vasslaan. Niks is beskadig nie selfs vonke het gespat en daar was `n snaakse reuk in die lug.Hoe werk weerlig?Ons het ons gatte afgeskrik.


Eben is jy nie in Mosambiek nie??

Blou Bul said...

Wil net noem gelukkig is my dogter in Ierland, waar sy werk ek wil nie dink wat kon gebeur het as sy in die kamer was nie.

Feetjieland said...

Hallo Die Brein, sjoe, dit was amper jong! Wys net weer, klein wonderwerkies in ons alledaagse lewe waarvan ons dikwels onbewus is. En as mens dan dink aan wat as, wardeer jy die mense in jou lewe ook soveel meer.
Lol, jy kan seker nie wag vir jou vrou om heeltemal te herstel nie.
Ek weet ongelukkig nie veel van weerlig af nie, wat ek wel weet, is dat ek vrek bang is daarvoor.

Lekker dag verder..koop nou vir vroutjie 'n bos blomme om te wys jy wardeer haar!

Anonymous said...

Hi Danie/Wimpie

Jong ons hierdie Saterdag van alle dae 'n flippen troue aan in Cullinan. Stuur vir my die adres of aanwysings miskien kan ons wegloop die rugby begin mos eers 9 uur die aand

Ina

Feetjieland said...

Wimpie, ek weet van 2 single bloggers wat nie hier comment nie...,maar hulle bly nie in jou ongewing nie, en ek weet nie of hulle vervoer het nie. Albei het kinders..gaan dit 'n probleem wees?
Laat weet as ek hulle bewus kan maak van jou aanbod?

Feetjieland said...

O ja, en maak ouderdom saak, want ek dink albei is in hulle dertigs?

Blou Bul said...

Feetjieland,Glo my ek kan glad nie wag nie my korasies is al hoog in die rooi, miskien kan Wimpie een van die single bloggers vir `n wyle na my toe aanpaas.(lol)Maar amper soos in Pampoen, stuur my liefde vir jou kinders maar as jy kom los hul net daar ,hiers net plek vir drie van ons , dis ek en jy en die ander blond.)

Anonymous said...

Sorry Brein ek antwoord sommer hier by Wimpie. Nee ek is terug in SA en het 'n betrekking aanvaar op 'n Cirtus Landgoed naby Tzaneen se wereld.

Lekker dag
Eben

Dellie said...

Wimpie, ek sien nog hoe daag jy daar op met meer as een date...jou woefie is pragtig, hoor!

Brein, ek is bly dit gaan beter met jou vrou, en genade, dit was 'n wonderwerk dat die weerlig haar nie getref het nie! Bly maar weg van die ander blond af, hou maar nog so bietjie uit, dis nie meer lank nie...gaan sny maar ietsie nuuts uit hout uit om jou aandag besig te hou!

Blou Bul said...

Dellie,Dis ook `n probleem terwyl ek houtwerk doen fantasize ek.........., so dit help ook nie.

Eben, Ek hoop jy gaan gelukkig wees daar en produce daai nartjies vir die rugby.Shit nou kan ek nie onthou nie spel `n mens nartjies met een of tee "a`s"

Dellie said...

'n Koue stort, Brein? BAIE koue storte!

Anonymous said...

Wimpie as jy my man was, was jy ook lankal history, watter ordentlike vrou wil pubcrawling die res van haar lewe doen?dan moet jy maar op die rak sit.word groot man.

iemand wat weet.

Anonymous said...

Ag ou anonymous jy dink jy weet

BoerinBallingskap said...

Van een single, date-lose aan 'n ander: Hoop jy kry 'n stunning date!

Anonymous said...

Wie weet wat? Brei bietjie uit? Veral oor die pubcrawling? Klink vir my heel lekker!