'n Heerlike dag gehad gister, lekker gelunch met Suid-Afrika se nommer een Afrikaanse kunstenaar en die skepper van die nommer een Blog in Suid-Afrika.
Dankie Steve vir 'n heerlike middag, ons het lekker gechat oor sommer alles insluitende die internet en blogging, was insiggewend, ek was net bietjie teleurgesteld ek het gehoop daar sal meer girls kom handtekeninge vra....maar nou ja.
Ek sien Steve weier om die Vonk Afrikaanse Musiektoekenings by te woon en ek verstaan na ek gehoor het wat hy se oor Sondag en Son, hoekom hy so voel en in die konteks van wat hy my vertel het ondersteun ek hom in sy besluit, ek gaan nie van my blog gebruik maak om Steve se storie te vertel nie, hy het ook 'n blog en ek is seker hy sal dit self wil vertel so ek gaan dit los vir hom om self te doen.
Lyk my Facebook se dae as wille weste rebel is getel, as jy nie van iemand hou nie kan jy net gou op Facebook gaan en skryf wat jy wil en groepe stig wat mense beswadder, beledig en valse gerugte versprei soos jy wil.
Van die groepe op Facebook grens aan laster, ek het self een of ander Wimpie haatgroep daar, gestig deur die 18-jarige snotkop broer van 'n x-meisie en op 'n stadium het dit my nogal gepla maar ek moet se dit pla my nie meer nie, ek het maar net gaan sit en dink wat het ek al vir liefdadigheid, vriende, familie, afrikaans, afrikaanse musiek en so aan gedoen en basies net bietjie 'n balansstaat gaan opstel oor hoeveel ek al vir die gemeenskap gedoen het aan die een kant en 'n klein windgat snotkop wat omtrent soveel vir die samelewing beteken as 'n klein swart brommertjie op 'n reuse hondedrol aan die anderkant.
So hou maar jou facebook haatsite oor 'n oom amper 22 jaar ouer as jy wat met jou sussie uitgegaan het, miskien is dit omdat jyself nie die persoonlikheid het om 'n girl te kry nie?!
Alle geval ek sien daar gaan nou wetgewing kom oor Facebook groepe....cool! Dan kan ouens soos Steve, Nicholis Louw en ander mense DAGVAAR wat hulle belaster op facebook.....
Die Bokke, die bokke die bokke....ek voorspel al lank die Bokke wen die jaar die wereldbeker, ek dink ek is reg die jaar!!
Ons vir jou Suid-Afrika, my bloed is groen, hier kommie bokke, habana en bokkoors gaan more op radio's weergalm, it's 1995 all over again and I LOVE it!!!
Moenie my eers probeer pla met stront more nie, en enigiets wat nie iets met die Springbokke uit te waai het nie, is stront... Gun my dit, los my in vrede, more oggend as ek wakker word gaan ek gou in die bui kom met 'n lekker yskoue verversing en daarna is dit Wimpie en Springboktyd, my lewe(r) behoort so teen Maandag na normaal terug te keer!
Sterkte Bokke, JULLE IS DIE BESTE SPAN IN DIE WERELD, JULLE SPEEL TEEN DIE TWEEDE BESTE SPAN IN DIE WEREOLD EN JULLE VERDIEN OM DAAR TE WEES. DIE ALL BLACKS SE GATTE AS HULLE DIE BESTE SPAN IN DIE WERELD WAS SOU HULLE DAAR GEWEES HET, HULLE IS NIE, ONS IS EN BASTA!!
Oudpresident Nelson Mandela het die Springbokke aangemoedig om die land se Wêreldbeker-oorwinning van 1995 te herhaal toe hy in ‘n groen en goue trui een van die beelde van die post-apartheidsera geword het. Die 89-jarige Mandela het sy spyt uitgespreek omdat hy nie sterk genoeg is om Parys toe te reis om môre se wedstryd by te woon nie. Hy sê in ‘n video-boodskap aan die spelers hy is daarvan oortuig dat hulle die eindstryd teen Engeland gaan wen. Mandela sê die manne het die vermoë, krag en vasberadenheid om nog ‘n keer te wen, want Suid-Afrika is ‘n wennasie. Sy mening word gesteun deur derduisende ondersteuners wat vandag in Springbokklere skool en werk toe gaan. AMEN!!
Slegte nuus om klaar te maak die week! Die ACDP het weer gevra dat die doodstraf terug gebring word na die gewelddadige dood van die gewilde sanger Lucky Dube gisteraand in ‘n kaping in Rosettenville, Johannesburg. Die polisie sê hy is kort na ag uur gisteraand geskiet terwyl hy in sy motor gery het. Die party het sy meegevoel met die familie betuig, veral Dube se seun wat gesien het hoe sy pa vermoor word. ‘n Woordvoerder vir die ACDP sê daar is geen respek vir lewens nie en die regering moet die doodstraf gebruik om die moordsyfer in Suid-Afrika af te bring. Die party sê hy sal die doodstraf instel as hy aan bewind sou kom.
SELA!
Party ordentlik, GAAN GROOT, my bloed is groen!
Wimpie
Friday, October 19, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
12 comments:
Wimpie hierdie SHARKS se bloed is vandag ook GROEN EN GOUD!
Hi Wimpie ... soe maar jou posting is absoluut aansteeklik.
Glo my almal gaan groot vandag, wonder hoekom moet ons by die werk wees?
Pas jouself mooi op ou vriend en ons gesels Maandag weer.
Eben
Jip, ek het my bok hempie aan, en my bloed is ok groen!
Gryp hulle aan die DORINGS, Bokke, en ry hulle bloots!
Hoop julle het almal 'n stunning naweek!
O ja ek het ook my groen en goud hempie vandag aan wat ek gister ten duurste gaan koop het, maar ek dra hom met TROTS!!
Ja hoekom moet ons vandag by die werk wees? Ek oorweeg dit om vandag heelwat vroeèr te waai, glad niks lus vir hierdie waglike warm kantoor nie, dit lyk dan so lekker daar buite.
Lekker naweek julle.
Hi Wimie
Net 'n vinnige Hallo dan gaan ek gou self blog. . . .
Mens maar die land is aan die gons!! Ons is vereenig deur die mooiste spel en dit is iets wat geen politikus nog kon regkry nie!!!
VIVA LE RUGBY!!!!!!!
VIVA DIE BOKKE!!!!!!!
Liefde
Spook
Hi Eben
Ekskuus ek antwoord nou eers, die week was rof, en ek was siek gister en nog vandag- ekt gister vir die dr gese hy beter my nou uitsort want ek sal gn saterdag hospitaal toe gaan of siek wees nie. Anyway- ons gaan by ifafi aquatic club wees vanaf so 8uur en gaan so 19:00 na Oppidam- dis n opelug kuierplek met n massiewe big screen buite. die aquatic club is in ou wapad reg op die einde draai n grondpad daar in na die hek- daars swem geriewe- ons het die boot en daars n klein sports pub en winkel. Laat weet my as jy wil deurkom- ons gaan GROOT! hiers my no: 072 421 6503
sorry- die vorige comment was ek
Danie
Go Bokke!!! Ons vir jou Suid-Afrika!!
Thanks Danie,
Ek sal hoor wat sê my maatjies dan skakel ek jou!
Spook ek stem, Sport is koning en met dit alleen kan ons verening. TOT DIE BLIKSEMS WEER LOL MET DIT WAAROP ONS TROTS IS!!
Vriendelike groete
Eben
Alles laat my aan die John Deere advertensie dink"jou toekoms is groen John Deere Groen" Wel myne is ook groen SPRINGBOKKE GROEN!!BOKKE BOKKE EN NOGMAALS BOKKE.
Het julle al Hans Drommedaris se song gehoor van Rieng Tieng Tieng ons vir jou SUID AFRIKA?? of al na die dvd gekyk??
Geniet die game tjommas.
Feetjieland ek gaan nou vir jou `n comment los op jou blog oor gister se inskrywing.
Goeiedag Wimpie.
Ek is self net so opgewonde oor more se game.
Net gou 'n vragie:
Is daar geen Mechanic Bar die week nie??
Pathetic how you hate someone how "DOESN'T" bother you!!
Tried listening to ERS 93.9's morning show for the first time and the constant name-dropping was childish and predictable...
Won't return!!!
Post a Comment