Sunday, October 28, 2007

Iets om oor te dink...

The things that people in love do to each other, they remember, and if they forget, it's not because they forget, but because they forgive. - wimpie sondag....

Ek het gedink julle sal graag nog wil sien van die groot perskonferensie van laas Woensdag so hier is 'n paar foto's dankie aan Bibi Schoeman die amptelike fotograaf vir die Steve en Anton show.






Anyway, geluk aan die Chhetahs, hulle was konstant die beste span vanjaar in die Curriebeker en het verdien om die beker te wen, die Leeus het hulle bietjie die skrik op die lyf gejaag, maar net vir die interessantheid, die enigste span wat die Cheetahs die jaar kon klop was ...... die Westelike Provinsie!
Vanjaar se onder 21 kampioene is..... die WP die onder 19 kampioene is.... die WP, interessante rugbyseisoen wat volgende jaar op ons wag!

Dis al vir vandag, chat weer Dinsdag!
Wimpie

12 comments:

Blou Bul said...

Hi kan jy nie van WP vergeet nie.Streephemp? Wel my span die Leeus het ook hul gatte gesien, maar gelukkig is die Cheetahs my tweede span.Dis snaaks dat jy op `n naweek blog.Lekker aand.

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek hoop jy het jou naweek geniet.

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie,

Hmmmmm Mooi foto's!!

Ek het 'n t-hempie soos Steve s'n, vir dae soos vandag wat ons, baas wil verwurg!!!

Hoop jy het jou Wimpie tyd geniet!!!

Groette
Spook

Feetjieland said...

Hallo...ek wonder of Wimpie die bubblebath-ding toe gedoen het..?
Steve se hemp...ek wens...mwahaha..
Jacque de Coning...groot flirt...
sal hom nie weer vra om boodskap op my denim op my bo-been te skryf nie...hy mik bietjie hoog..

Feetjieland said...

Hou van die foto regs bo...drie van my gunstelinge!!!

Wimpie van der Sandt said...

hehehe jy is funny feetjieland, ek het nie die bubblebath ding gedoen nie, het nie bubble bath by die huis nie!
het darem bietjie rus gehad, 10 ure Vrydag en 8 ure saterdag!

Anonymous said...

Ja nee eers word daar gese die curriecup final is maar afgewater en vanoggend n vertoon venster van die rugby..nou ja knap gedaan aan die Cheetahs..nou ja al julle bloggers lekka week vir almal...wonner nogal wat van die ou bloggers geword het.

Dame met 'n wil! said...

Ek is gatvol vir rugby!!

Wimpie hoe het ek en Feetjie dit dan nou met jou?? Nie bubble bath by die huis nie, Feetjie lyk my ek en jy sal maar hom bubble bath moet koop vir Kersfees?? Duidelik weet hierdie man nie hoe lekker so bubble bath is nie, dit laat mens heerlik ontspan.

Nice foto's van jou Wimpie.

Feetjieland said...

Ek stem Sharks...bubblebath, kerse.
sommer die hele toetie..hy verjaar een van die dae..hy is 'n skerpioen, so dit moet binnekort wees, hoop nie ons is te laat nie, lol..As hy baie mooi vra mag een van ons dalk aanbied om die aarbeie met tjoklit op vir hom te kom voer...en sy rug te was, hehe..

Dame met 'n wil! said...

Feetjie jy is reg, ja ek het op spook se blog ietsie gelees van verjaarsdae en dinge, ek dink jy is in die kol, die man verjaar nou een of ander tyd, dalk is ons alreeds te laat. Ek sal hom die aarbeie voer dan kan jy sy rug was, ek het laas 'n man se rug gewas toe Jaco 'n baba'tjie was, het al so bietjie verleer hoor! Ek sal die bubble bath reg kry met kerse en dinge, dan kan jy maar net sy rug vir hom was. (HOOP HY SAL DAN JOU RUG VIR JOU OOK WAS)!

Feetjieland said...

Nee-nee,nie so maklik nie...ek het gese as hy BAIE MOOI VRA... lol..
Hy sal hom wat verbeel...

Anonymous said...

Hi

Wimpie verjaar 14 November