Monday, October 22, 2007

Leer die lesse!


Wat 'n naweek, knap gedaan aan die Bokke, ons is vir nou, die beste rugbyspan in die wereld en ons Suid-Afrikaners voel, net soos in '95, ons kan die wereld verander, kom ons hoop dit is waar die ooreenkomste met '95 eindig!

Daar is al genoeg oor die naweek geskryf oor die wedstryd en alles wat daarmee gepaard gaan so ek gaan jou nie verveel met my weergawe van gebeure nie, kom ons se net, ek het nes julle my longe uitgeskreeu, ek dink ek het bietjie meer as jy gehuil, ek is bietjie meer emosioneel as die gemiddelde Suid-Afrikaner.
Die beelde wat ek altyd sal onthou is van ALLE Suid-Afrikaners wat die bokke ondersteun met alles, Boktowns in Johannesburg, Kaapstad, Durban en ja ook in Soweto waar beelde van ons mede landsburgers wat 'Hie kommie bokke' woord vir woord saamsing in my kop vassteek.
Kom ons vat hierdie grootse ondervinding en maak hierdie blerrie land werk, ons kan as ons wil, ek is nou meer as ooit daarvan oortuig dat die vrot appels in ons land 'n baie klein minderheid is wat die meerderheid van ons aanhou as slagoffers.
Ek hoop van harte ons gaan hierdie keer die lesse van nasiebou en die reenboognasie 'n realiteit maak.
Aan die politici en Thabo wat vir 'n oomblik Saterdagaand ook soos my president gevoel het, stop julle shit en hou op om transformasie in ons keelgatte af te dwing, leer die lesse wat geleer moet word en gebruik hierdie geleentheid om die nasiebou proses tot sy maksimum potensiaal uit te buit, los ons simbole uit gee almal gelyke geleenthede en julle sal verbaas wees wat ons kan bereik...
Hierdie wereldbeker het in ses weke meer vir transformasie in rugby gedoen as wat gedwonge transformasie en 'n kwotastelsel wat NIE werk nie die afgelope tien jaar kon doen....ek pleit by julle, GEBRUIK hierdie geleentheid, moenie dit opmors soos na 1995 nie.
Die beelde wat ons op TV gesien het van John Smit en Thabo was ongelooflik, maar die beelde wat my sal bybly is die beelde van wit en swart wat die Bokke ewe hard ondersteun het, dis waaroor dit moet gaan wen of verloor, leer lesse en in hemelsnaam pas dit toe dan kon ons dalk net hierdie land regkry!

Die Johannesburgse polisie hou vol dat reggae-ster Lucky Dube dood is in ‘n mislukte kaping en nie ‘n doelbewuste moord soos sommige van sy vriende gister beweer het nie. Die polisie het vyf mans in hegtenis geneem in verband met die moord. Polisiewoordvoerder Eugene Opperman sê die mans sal Dinsdag in die hof verskyn. Die polisie het twee gesteelde handwapens gevind, asook ‘n motor wat na bewering tydens die moord gebruik is. Dube is Donderdag doodgeskiet nadat hy twee van sy tienerseuns afgelaai het by sy broer se huis in Rosettenville. Die moordenaars het gevlug sonder om enigiets te steel. Hulle is gevang in Kwa-Thema in my tuisdorp Springs, komaan Steve reel 'n protes by die hof vir 'n mede kunstenaar, ek sal daar wees, hang die blixems!

Kimi Raikkonen van Swede het die Formule Een-wêreldkampioenskap gewen toe hy eerste oor die wenstreep gejaag het in die Brasiliaanse Grand Prix in Sao Paulo. Sy Ferrari-spanmaat, die plaaslike jaer Felipe Massa, was tweede. Die verdedigende wêreldkampioen, Fernando Alonso van Spanje, was derde in sy McLaren en het daarmee saam met sy spanmaat Lewis Hamilton van Brittanje tweede geëindig in die wêreldkampioenskap. Hamilton het minstens vier punte nodig gehad om die eerste nuweling te word om die titel te verower, maar kon net sewende eindig.

Ek het 'n helse week voor my. Daar was net eenvoudig nie tyd laas week vir die Mechanic Bar nie, sal die week twee probeer inpas, groot ding gebeur Woensdag, sal jou Donderdag vertel en dan is die Vonk Afrikaanse Musiek toekennings vanaand, ek vertel jou more daarvan....

Later
Wimpie

Ps Moes gou die insit van die koniklikes!

15 comments:

Blou Bul said...

Goeie more

Wimpie sowaar wat jy se, die bliksemse minderheid kriminele en mense wat nie kan of wil verander nie hou ons ander gyselaar, die meerderheid glo ek wil dit maak werk.Een van die bloggers Gideon op Steve Hofmeyr se blog se gisteraand, jy kan die mooiste dakke bou, maar as daar nie `n fondasie onder is nie, sal dit gou inmekaar val.Dis hoe dit gaan met transformasie.


Die Brein sien uit na vanmiddag, RSG se inbel kompetisie wat al nege weke aan die gang is om die bokke se wedstryde se rustyd tellings en eindtellings reg te voorspel, was nog nie gewen nie en die wengeld was week na week oorgedra.Die bedrag staan nou op R63000.00 As niemand reg was nie vat hulle die naaste tellings en die ou wen dan die geld.
My rustyd telling was 9 / 6 in die bokke se guns en my eindtelling was 15 / 12 in die bokke se guns.Albei my tellings van die bokke was in die kol. Soos almal weet was die tellings toe 9 / 3 en 15 / 6. Nou hoop ek hulle bel my more middag gedurende Tjailatyd program.

Lekker dag.

Blou Bul said...

Wimpie wat was jou score prediction?Die wenner word vanmiddag op RSG se tjailatyd program aangekondig en nie more middag nie.

My Kop Op 'n Blok! said...

Wimpie ek hoop regtig ons almal kan hierdie wen vat en gebruik om iets van versoening in ons land te maak. Ek het so half gevoel, met die dinge wat Thabo Mbeki in die afgelope paar weke gedoen het om minderhede uit te sluit, het hy nie verdien om daardie beker vas te hou nie. Maar ek is bereid om hom 'n kans te gee.

Hamilton: Gelukkig is mens net een keer 'n rookie, so hy sal nie daardie onderskeiding kry om die eerste rookie-kampioen in 58 jaar te wees nie. Hy het regtig soos 'n rookie bestuur om daardie eerste draai - kon die druk net nie vat nie! (Die tegniese probleme daarna was nou nie sy skuld nie, maar daarvoor moet mens 'n bietjie van 'n punte-kussing hê - maar die het sy span vir hom weggegooi in die vorige wedren.) Ek is baie tevrede met die resultaat!

Wimpie van der Sandt said...

Brein ek het nie deelgeneem nie, ek hou vir jou duimvas, ek moet se ek het gedink ons sou verder wen...

Wimpie van der Sandt said...

Kop
ek stem maar ek hoor nou die nuutste is dat die BMW diskwalifikasie in die gesig stuur, iets met hulle petrol, dit sal hamilton vierde plaas en die wereldkampioen maak, ek sal die storie probeer uitsnuffel en laat weet!

Blou Bul said...

Motorsport nie vir my nie, ek gooi dit gewoonlik met klippe, want elke keer as die motors verby my ry hoor ek net njamauuuuuu!

My Kop Op 'n Blok! said...

Dit sal regtig jammer wees Wimpie. Dit klink seker soos 'n conspiracy-theory, maar dit het vir my begin voel die jaar daar is 'n sameswering om Hamilton kampioen te maak, met elke kar wat gister voor Hamilton was en uitgaan uit die wedren het mens begin wonder of daar dalk 'n dringende oproep gemaak is...

Anonymous said...

Soe Brein, jy moet skree en laat week .. maggies dit sal 'n lekker mee-valletjie wees as jy wen!!

Eben

Dame met 'n wil! said...

Wow toe wen die BOKKE, wat 'n game. Kan voel die baie gekuier en hopeloos te min slaap is besig om my te vang, my batterye was nog nooit so pap nie.

Blou Bul said...

Eben,sal laat weet.
Sharks, eks sat.Ek GAAP MYSELF disnis.

BoerinBallingskap said...

Wimps, watte naweek!!! Sjoe, maar dit was lekker! En daar wen Kimi toe ook!

Ek stem volkome saam met jou oor die rugby. Hierdie oorwinning het 'n geweldige positiewe mag in SA ontsluit. Nou moet IEMAND asb net genoeg common sense het om te bou op hierdie energie.

Dame met 'n wil! said...

die brein, hierdie SHARK was nog nooit in haar lewe so moeg nie, ek baklei so teen die slaap, nee kyk vanaand gaan ek sommer vroeg al bad en slaap, my gat stamp omtrent hier waar ek sit!!

Anonymous said...

Wimpie, net gewonner of jy toe 'n date gekry het vir vanaand? Of het ek iets erens gemis? Ek is blond, onthou!

Anonymous said...

Ja hy hetglo - haar naam is Michelle Coetzee. You go Wimpie - vertel ons meer oor hoe jou aand was!!!DETAILS DETAILS OF MICHELLE GEE ONS DETAILS
GROETE
JESSICA BROWN - SUKKEL OM IN THE LOG!

Anonymous said...
This comment has been removed by a blog administrator.