



Geskiedkundig, dis al wat ek kan se van gister, dankie julle dis awesome en ek is so trots om hierdie show aan te bied....
Op die foto's van bo na onder:
Steve chat met Kobie Koen van Vonk ek neem aan oor die boikot van die Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings.
Steve en Anton saam met Elsie en Alwyn van die borg, Brikor.
Steve, Anton Alwyn en Elsie saam met van die kunstenaars wat optree op 1 Maart 2008, in die foto is Rudi Muller, Joef, Jacques de Coning, Carlien Husselman en Anton.
Voor di8e mediakonferensie maak Steve en Anton net seker of hulle dit rerig wil doen!
Al wat ek kan se is dat ek poot uit is, ek is gedaan en uitgemergel, ek weet dis nou eers die begin maar ek gaan die naweek af vat en bietjie Wimpie-tyd met myself spandeer, miskien 'n movie of iets...
Indien jy dit gemis het, hier is die storie dankie aan Beeld....
Steve, Anton wil nou mure afbreek
Oct 24 2007 07:59:41:683PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Steve Hofmeyr en Anton Goosen kuier lekker saam by die mediakonferensie gister waar aangekondig is dié twee musieklegendes sal in 2008 'n groot konsert saam hou. Die twee was lank kwaaivriende, maar het onlangs die strydbyl begrawe. Foto: Nardus Engelbrecht
Anna-Retha Bouwer
Dit is toe so!
Gerugte wat die ronde gedoen het dat die sangers Steve Hofmeyr en Anton Goosen saam ’n konsert gaan hou, is gister tydens ’n mediakonferensie in Benoni bevestig.
Dié eenmalige konsert van twee groottes in die Afrikaanse musiekbedryf word beplan vir 1 Maart 2008 by Supersport Park in Centurion.
Kaartjies daarvoor is reeds van Vrydag af by Computicket beskikbaar.
Ander Afrikaanse kunstenaars sal ook by die geleentheid optree.
Hofmeyr en Goosen was lank kwaaivriende, onder meer oor ’n woordewisseling oor die gebruik van sogenaamde backtracks tydens konserte.
Hierdie moddergooiery is vroeër vanjaar gestaak toe die twee bladgeskud het tydens ’n huldigingskonsert vir die radiolegende Fanus Rautenbach.
Die konsert se borg sal sorg dat daar in Pink Floyd-styl ’n muur op die verhoog is om af te breek – simbolies van die vrede wat nou tussen die eertydse vyande heers, asook die afbreek van grense.
“Hopelik sal dit die begin wees van die afbreek van mure tussen genres en style binne Afrikaanse musiek,” sê Hofmeyr.
“Daar sal tussen my en Anton altyd baie ooreenkomste wees, maar ook baie verskille, en ek verkies dit so.”
Goosen sê weer hy is baie dankbaar vir die kans en sien baie uit na die konsert.
“Dis die samesmelting van uiterste pole. En daaruit kan net ’n geweldige energie gebore word,” meen hy.
Ek het hope foto's laat neem, sal hulle plaas soos die tyd aangaan...
Rugby Suid-Afrika het inligting bevestig oor die Springbokke se optogte om hulle oorwinning in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk te vier. Die president van Saru, Oregan Hoskins, het ‘n versoek tot die publiek gerig om in groen en goud aan die feesvierings deel te neem. President Thabo Mbeki het die span vir ‘n besoek aan die Uniegebou in Pretoria genooi. Oud-president Nelson Mandela sal die span Saterdag tydens ‘n kort besoek by sy huis in Houghton, Johannesburg, onthaal.
Die feesvierings sluit in Vrydag se optogte in Pretoria en Johannesburg en Saterdag se spanverskynings by die Curriebeker-finaal. Nog optogte is vir Sondag in Durban en Port Elizabeth geskeduleer. John Smit sal Maandag die simboliese oorhandiging van die Webb Ellis-trofee aan Hoskins doen tydens ‘n optog deur die stad.
Ek is klaar! Moeg en gedaan, gaan maak 'n draai op Steve se blog vir meer oor die show, more gee ek kaartjiepryse ens...
Liede
W
15 comments:
Wow(!!) Wimpie. dis lekker om te lees oor die konsert. Dankie vir jou bydrae om dit waar te laat word.
ek kry so smile om my mod hoeke as ek lees ".. Wimpie-tyd spandeer!" Gie gie ... klink wild!! Nou as jy wil loop fliek, waar pas golf in, as ek reg het speel jy mos lekker golf.
Lekker dag vir jou
Eben
Wimpie geniet mag jy die naweek jou eie Wimpie tyd geniet.
hel ek is net so moeg en dit is nou eers 7.19 ek wou sè: Wimpie geniet jou naweek en jou eie Wimpie tyd, eish ouderdom is ook nie vir sissies nie. Hoe op aarde kom mens deur hierdie dag as jy al so vroeg sulke nonsens kwytraak, kon nou nie kop of stert uitmaak van hierdie boodskap nie, sorry Wimpie duidelik is jy nie al een wat moeg, klaar, gaar is nie (batterye bly dan verdomp pap)!!
baie dankie Eben, dit is net great ek sweer, Sharks thanks meisie, wimpie tyd beteken net dit...WIMPIE TYD!
Hi Wimpie
Jy moet die Wimpie tyd geniet. Gaan jy die naweek 'n draai by Danie maak?
Ina
Hi Wimpie. . .
Ja ek ken die gevoel van " ek wil alleen wees so gun my tyd met myself"!!!!!!!!
Geniet dit!!
GELUK MET JOU VERJAARSDAG NEEF WAT STEEDS VOEL SOOS 'N LENTE BRIESSIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Liefde
Spook
Ag ek is sommer net mal oor jou en thanks vir alles wat jy doen vir Afrikaanse musiek. Jy moet jou Wimpie tyd geniet, wens ek kon ook so eie tydjie he.
Jy's tops!
dankie anon, ek waardeer!
Veels geluk! Ek dink dis 'n deurbraak vir Afrikaanse musiek.
Wonderlik!Dis 'n moet-sien!! Twee legendes by een konsert! Geniet jou af-naweek...mens het soms bietjie rustigheid nodig. "n Lekker bubble-bath met roosblare, kerse, sagte musiek, 'n glasie Amarula, en aarbeie gedoop in sjokolade..Mmmmm...probeer dit, lekker ontspannend, en 'n lekker boek, as jy hou van lees.
Feetjie hoe lekker smile ek nou vir jou comment, los die Amarula maar vir my. Ja ek stem vir daai heerlike lang warm bad, met baie skuim in, rustige musiek in die agtergrond - Louis Fivaz se musiek (die man mag maar sing, veral Londen) nee nog beter Feetjie 'n glasie wit wyn, moer baie kerse .... lekker om te kan droom nè, dit is gelukkig verniet!!
My vriendin, jy ken my hart...lekker om te kan droom..
Geluk! Great inisiatief!
dankie julle almal vir die mooi woorde..
Dis Danie se verjaarsdag vandag nie myne nie!
Kwaai Wimpie ek weet jy gaan `n moerse sukses maak van dit.Ek gaan sommer nou computicket besoek en kyk vir kaartjies.LEKKER AAND ALMAL.
Post a Comment