Friday, October 5, 2007

Lyk my ek bly!

Net 'n kort vinnige inskrywing vanmore ons is besig met 'n wees 'n engel telethon lewendig op die lug so daar is nie rerig tyd vir skryf vandag nie, ek sal weer Maandag blog, sterkte vir die Bokke Sondag!

Moes net gou die noem:
Uit Grahamstad word berig dat die burgemeester van die Makana-munisipaliteit, Phumelelo Kate, sê of dit nou twee sent of honderd miljoen rand kos, die naam van die dorp en ander plekke en landmerke sál verander word. Hy sê die hervorming van die land kan nie gelyk gestel word aan koste nie. Verandering moet plaasvind en niks gaan dit keer nie. Grocott’s Mail berig dat raadslid Theo Fulani byvoeg dat dit ontstellend is dat mense die kwessie van koste sien as ‘n bedreiging vir hervorming. Hy sê geen bedrag geld kan geplaas word op die lewens van die talle vryheidsvegters wat verloor is tydens die stryd teen apartheid nie. Die raad het in beginsel besluit om die naam te verander na iRhini.

Dankie vir almal se terugvoering, julle het my oortuig om aan te hou blog, ek geniet dit nog baie, was net nie seker of iemand dit actually lees nie, ek sal voortaan soos altyd elke weekdag blog, die geheim van 'b blog is jy moet dit elke dag doen! En die Mechanic Bar is hier om te bly!

Groetnis
Wimpie
PS: Ek het toe vir my 'n hond gekry!

12 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek hoop die hond wat jy vir jou gekry het is 'n boerboel - hulle is en bly maar die beste honde.

Anonymous said...

Wimpie, ek is bly om te hoor jy het toe van plan verander. Dit is great news dat jy gaan aanhou blog!!

Wimpie van der Sandt said...

Sharks!
Hoe het jy geweet, sal 'n foto plaas maandag.
Dankie Ronel;)

Dame met 'n wil! said...

Wimpie kan nie wag vir daai foto nie, boerboele bo!! Ek sal bietjie Maandag 'n foto van myne ook plaas op my blog, hy is huge (moers m.a.w.) weeg seker al meer as 70, hy is 'n prag dier!

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie

Jippieeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee ek is so bly dat jy nie gaan ophou nie!

Jy sal nooit sofeel onvoorwaardelike liefde kry soos van 'n troetteldier, jou ma en jou kinders nie en die bonus is dat 'n mens nooit met jou hond 'n argument sal hê nie!!

Ek is nouwel nie 'n groot boerboel "fan" nie vandat een my gebyt het toe ek so +/- 12j oud was!

Maar geniet jou nuwe babatjie!! Ek is deesdae meer van 'n kat mens en my 4 potige meisiekind het 4 kleintjies gehaat en hul oogies begin nou eers oopgaan!

Lekker na-week!!

Liefde
Spook

Dellie said...

Ek is bly jy bly. Geniet jou nuwe woefie!

Blou Bul said...

Mooi man, so jy bly.

iRini, klink vir my na pie.Ja die dom drolle redeneer soos hooligans.Lekker naweek almal,

Anonymous said...

Is bly ons kon jou oortyd om te bly. Sonder jou is die oggend maar vaal. Geniet jou woef en
onthou hy gaan nog baie stout wees
net soos 'n kind, maar al wat hy regig nodig het is baie liefde en
kos en hy word jou beste vriend.
lekker naweek almal

Gatta-Patata said...

Hey Wimpels
Ek is so bly jyt 'n boerboel - hulle is cute puppies.
Wat is jou hond se naam?
Ek is net so bly dat JY GAAN BLY!!
Met almal wat gecomment het sal nice wees as ons elke dag kan chat...
Hey hey hey - its Friday!!

Anonymous said...

Wimpie,

As jy ophou blog sal ek jou kom soek en slaan met die sagte kant van n harde baseball bat tot jy weer begin.

I know where you work!!

Koeks

Anonymous said...

Oh Baby we love u for making the choice to stick around as we really enjoy your sense of speech or should i say "freedom of speech" .
H....

Anonymous said...

Heeee paaaa bly jy bly, jou ook net begin like!!

En die hond, jy het so iets genoem (paar postings gelede) dat jy getrek het, of was getrek kan nie onthou (sic!!) is dit vandaar die hond?

Ek het 2 x Engelse Bulldogs en al is my engels swak, hoor hulle darem as ek hulle roep (grap!) Dis darem vreeslike mooi hondjies as hulle klein is - Engelse Bulldogs.

Lekker naweek vir jou ook en laat ons groot gaan met die rugby. Lekker naweek vir jou ook Brein, ons gesels later.

Groete

Eben