Monday, October 15, 2007

Maandag hangovers!

Lekker, Lekker, Lekker!

Wat kan ek se as die Bokke so speel soos gister is die kaap Hollands, maak nie saak wat nie...
Ek wil net gou bietjie brag as ek kan, hierdie is Vrydag se inskrywing gewees oor die groot rugby:
Ek sal totaal my plig versuim as ek nie iets se oor die wereldbeker nie. Ek glo ons gaan heeltemal te goed wees vir die Poemas, al se hulle ook wat, hulle kyk blykbaar verby die Bokke na die eindstryd op die 20e!! GROOT fout!
Die Bokke het nog net een keer vir omtrend 60 minute rugby gespeel by die toernooi en dit was 'n uur van sublieme rugby teen Engeland, die res was maar soos 'n kar wat net idle op die snelweg, ek glo die manne gaan na 'n ander rat oorskakel noudat ons in die halfeindstryd is. Tussen 20 en 30 punte vir 'n Springbokspan in die hoogste rat!
Die ander halfeind reken ek gaan 'n verassing oplewer, die Franse is te tempramenteel om die eindstryd te haal, hulle voorspelers gaan nie opgewasse wees teen die bleekbene nie, en met genoeg balbesit, weet almal wat Jonny Wilkinson op losskakel aan die Franse kan doen.
Ek voorspel die Bokke en die Bleekbene in die eindstryd op de 20e!

Nou ja dit was Vrydag se inskrywing gewees, ek het genoeg gebrag vir een dag!
Geluk aan die Bokke, ek is dalkies net oppad wereldbeker toe, sal vandag weet of ek gaan!

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het woede uitgespreek oor die moontlike inhegtenisneming van die redakteur van die Sunday Times, Mondli Makhanya, en die koerant se adjunk-besturende redakteur, Jocelyn Maker. Dit gaan oor die besit van die minister van Gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, se gesondheidsrekords. Die rekords is na bewering geneem uit die Kaapstadse Medi-Clinic en het daarna die onderwerp geword van ‘n kragtige onthulling deur die koerant. Sanef sê as die berigte oor die inhegtenisnemings waar is, sal die komende verhoor die kwessie uitklaar.
Die Instituut vir Vryheid van Spraak het ook die verwikkelinge veroordeel en dit kommerwekkend genoem. Opposisiepartye sê hulle gaan in die Parlement vrae vra oor die ondersoek waarin die redakteurs se telefoonoproepe volgens berigte meegeluister en speurders ontplooi is om onaangename besonderhede oor die joernaliste uit te snuffel. Demokratiese Suid-Afrika, persvryheid??!! Ja boet!

Nou ja dis about dit vir vandag, dis lekker om 'n Suid-Afrikaner te wees vandag, ek kan nie glo my kop voel soos hy voel vandag en dit op 'n Maandag nie!

Hier is 'n voorsmakie van wat op die bleekbene wag volgende naweek...H A B A N A!!!



Mmm dis lekker!
Wimpie

17 comments:

Blou Bul said...

Goeie more

Hel Van der Sandt ek like jou maar soms redeneer jy nes die klomp van die Nuwe Suid Afrika. Ek luister na jou vanoggend so oor die "afgewaterde" Curriebeker reeks, jy kan maar se wat jy wil maar dit is absoluut suurdruiwe.(Wie kyk nog die Curriebeker rugby)

Deur die dekades heen werk dit so jou Bokke gaan toer en die tweede bestes bly tuis. Maar so kry die leiers en Bokke van more en oormore blootstelling. Byna almal wat vandag daar speel moes al hier bly as die Bokke gaan toer. Dit werk maar net so. Ek het vriende wat vir die Valke speel en een in die Bloubul span.En wie weet miskien gaan een van die afgewaterde spelers nog vir die Bokke uitdraf.Moet nou nie soos `n peanut redeneer nie.Nou moet ek weer wal gooi vir jou hier by die werk. Ek het gedink die Brein is omstrede, maar jy beat my.miskien is jy `n blond under cover.

Wie kan nou nie voorspellings uit vier spanne maak nie.By verre die meerderheid oral hier rond het voorspel dat die bokke gaan die beker wen.Dink net in 2011 en 2015 speel van die spelers in die afgewaterde Curriebeker spanne in die wereldbeker en wen dit vir ons.

VIVA AAN AL JUL OUENS HIER WAT ONS DAREM NOG GAAN VERMAAK TOT DIE 27STE MET AFGEWATERDE RUGBY.

My Kop Op 'n Blok! said...

Veels geluk met jou voorspelling Wimpie! Ek is so bly sy was reg! (Moet sê die Boggertjies het my op 'n stadium nie baie gerus gehad as hulle so aanjaag nie, maar kom ons vergeet maar van daai.)

Feetjieland said...

Hallo julle...

Ek was ook bietjie bekommerd gisteraand.. maar ja, ek glo en vertrou ons Bokkies gaan hard werk hierdie week en wen, wen, wen!!!

Habanna, dis nou 'n speler wat my beindruk! Nie net omdat hy 'n Blou-Bul is nie!!!

Wimpie van der Sandt said...

Brein
Ek is omstrede omdat ouens soos jy nie rerig luister wat ek se nie...
Ek het gese ek kan nie glo dat ouens provinsialisties is en worry oor wie in die eindstryd van die curriebeker speel of wie het hoeveel spelers in die bokspan nie.

Die curriebeker IS afgewater omdat die bokke nie speel nie, dis 'n feit!
My punt is net ons is in die eindstryd van die wereldbeker my magtig! ek is nie gepla wie wen die curriebeker nie, en nee jy is verkeerd die enigste ander keer wat die bokke die HELE curriebeker reeks uit was, was in 1981 toe die bokke in All black land getoer het.
So sterkte vir jou span in die curriebeker eindstryd maar ek gaan nie my kop daaroor breek nie in vergelyking met die wereldbeker is die curriebeker omtrent so belangrik as die amptelike oposissie in die huidige regering! Sela!

Wimpie van der Sandt said...

O ja ek het die laaste vier al in Februarie voorspel brein en ek het al in september op die radio gese die bokke wen die jaar....
op steve se blog, brein van al die bloggers wat daar blog het nie een die laaste vier reg gehad nie!
so dis nie so maklik gewees om te voorspel nie, het jy die engelse in die final voorspel na ons hulle 36-0 geklop het?? Wel ek het!

Blou Bul said...

Natuurlik is ek Provinsialisties.
En ja natuurlik worrie ek oor wie in die eidstryd speel van die Currycup.

Geluk met die sienerstatus.
En ja natuurlik was niemand op Steve se blog reg nie, tell me what I dont know.

Ek support die afgewaterdes en die Bokke.En offcourse kan mens nie die twee met mekaar vergelyk nie.Maar die 27ste is die wereldbekerkoors vergete en speel my span atleast in die final.

Lekker dag en wat het jy uitgevind oor die Campbells se dvd opname?

Anonymous said...

Baie geluk aan al die Cheeta ondesteuners. Die "beste" span het gewen, alhoewel ek 'n vurige Blou Bul ondersteuner is moet ons in alle eerlikheid sê die Cheeta's was die beste span die hele jaar.

Wat die bokke aan betref. Ons weet mos hulle kan. Ek glo hulle sal die beker huis toe bring.

Wimpie jy moet ontspan dit is nie goed vir die ou hart om so omgeklits te raak nie. As jy rugby toe gaan geniet dit.

Lekker dat

Ina

Feetjieland said...

Ek is 'n vurige Blou-Bul ondersteuner, en feit is al ons goeie spelers is in die Springbokspan, waar ek hulle verkies, sodat ons die Wereldbeker kan wen!!!

As almal eerlik is, sal hulle erken dat die Cheetahs die Bulle nooit sou geklop het as al die Bulle, wat in die Springbokspan is, gespeel het nie!!

As julle dan nou provinsialisties wil raak moet julle ook erken dat dit meestal Bulle was wat gisteraand se driee gedruk het teen Argentinia!!

Dellie said...

Hoor-hoor, Fairy-ding!

Ek is ook regtig nie vreeslik gepla oor die Curriebeker hierdie jaar nie. Ons beste spelers IS in die Bokke span, en dis waar dit saakmaak. So as my ou hartjie so bietjie seer is oor die Bulle, troos dit darem om te weet die MANNE doen die ding daar oorkant die waters!

Maar baie geluk in elk geval aan die Cheetahs en Leeus, en mag die beste span die Curriebeker wen.

NS. Breintjie, ontspan die boude, jong, of begin die ontrekkings jou nou vang? lol!

Dame met 'n wil! said...

Ek is woedend vir die SHARKS wat gestaan en rugby kyk het, pleks van speel!!

Anonymous said...

Feetjie ek stem

Lucy said...

Um, nee, Fairy! Die Bulle het die afgelope twee jaar nog net die beker GEDEEL - met die Cheetahs! Dis nie 'n uitgemaakte saak dat die Bulle sou wen as hulle fantastiese spelers hier was om aan die Curriebeker deel te neem nie!En as die Vrystaatspelers nie goed genoeg was om by die Bokke ingesluit te wees nie, dan is die Cheetahs en oorblywende Bulle mos op dieselfde standaard, of nie?

Feetjieland said...

Wil die blog op my blogroll sit, maar as ek insit http://Die Lewe, Mense en Dinge.blogspot.com/ kom ek nie by die blog uit nie. Kan iemand my dalk help?

Anonymous said...

Ek lees die Lions en Cheetahs wil hulle springbokke inspan vir die eindstryd!

Ek dink die Bokke moet uitbly daar, want dis nie manne wat die 2 spanne daar gekry het, en gun hulle die kans om in die eindstryd te speel. Ek stem ook saam jou Brein, gee hulle bloot stelling, anders choke hulle soos die Proteas voorentoe.

Wimpie hoe het dit Saterdag gegaan in Sundra?

Eben

Feetjieland said...

Boendoe, juis...die Cheetahs en oorblywende Bulle is op dieselfde vlak, maar verseker nie op dieselfde vlak as die res van die Bulle wat nou in die Springbokspan is, speel nie. Om te glo dat die Cheetahs sou wen as die Blou-Bul Bokke terug was, is wensdenkery..!!

Anonymous said...

Hehe, Fairy, ek weet dit help nie om met 'n Bul ondersteuner te stry nie! Geniet maar die illusie terwyl jy kan! Viva Cheetahs!

Wimpie, ek sal nou baie graag jou voorspelling oor die eindstryd wil hoor?! My nerwe is rou!

Anonymous said...

Hel, het julle almal se koppe julle verlaat.Daar het ons weer die kans soos om in '95 almal saam te staan as een nasie , en dan staan julle en stry oor flippen curriebeker rugby!!
FINE- as jul so wil wees - hiers die feite want eks al so gatvol vir bloubulle wat as dit hul pas hul spelers in die bokgroep blameer, maar as hulle dalk per ongeluk wen, dans hulle so goed met hulle 2e span.
gaan lees weer Boendoe se comment- ek stem 100% saam hom.
Da - die bokke se A span het 5 bulle, 5 sharks 3 cheetahs , n lion en n wp ou. Dus n goeie mengsel van SUID-AFRIKANERS.
Brein - ons ( ek en wimpie) het nie sienerstatus nie- ons het kennerstatus, en ja ek kan dit onomwonde so uitbasuin, want dis hoe ons grootgeword het. Toe my ander maatjies marco polo in st 5 in die swembad gespeel het , het ek na die curriebeker finaal gekyk, en elke ou van heelagter tot loskopstut in die wp span geken, so as jy ons nie ken nie en weet hoe ons is nie- maak net eers mooi seker. Baie geluk met jou spannetjie in die curriebeker-dis net dat die res van die wereld nie gaan weet as hulle wen nie- maar die wereld gaan weet as die BOKKE wen!!!

Danie