Tuesday, October 16, 2007

Hoeveel weet jy van rugby af!


Kom ek gou iets verduidelik, ek stel myself nie aan as die grootste rugbykenner in die land nie, maar ek dink nogal ek weet 'n ding of twee oor die game met die ovaalbal, ek het in 1989 tweede gekom in die Lionbekervasvrae kompetisie waaraan so 6000 mense landwyd insluitend koerantmanne, rugbyspelers en afrigters en elke gemakstoel kenner in die land deelgeneem het. Dit was destyds gewen deur dr. Phil Pretorius met 2 enkele puntjies teen my in die finaal, dr. Pretorius het later die Valke se afrigter geword en is tans direkteur van rugby aan die Universiteit van Stellenbosch.

Ek se dit net vir een rede en dit is nie om groot te praat nie, maar wel om te verduidelik dat wanneer ek oor die onderwerp van rugby praat is ek eerstens uiters passievol en tweedens weet ek bietjie waarvan ek praat.

Twee knie beserings het ongelukkig my speelloopbaan kortgeknip maar ek is nog net so passievol oor die game soos altyd, die enigste ander ou wat ek ken wat ook so emosioneel soos ek oor rugby kan raak is my broer, die nice ding is dat sulke ouens altyd die beste stories het om te vertel soos hoe ons in 1995 R3 000 vir twee kaartjies vir die eindstryd betaal het op die swartmark in 'n deal wat amper soos 'n drugdeal op die tolpad plaasgevind het!

Dan was daar die storie van die verkeersbeampte wat na die game voor ons BMW uitgepass het na so drie stywe doppe wat my broer ingegooi het, maar dit is 'n storie vir 'n ander tyd!

Die rede hoekom ek dit alles noem is om te verduidelik hoekiom ek so die moer in raak wanneer mense wat NIKS van hierdie tradisies en geskiedenis af weet nie op die onmoontlikste tye begin K#K praat. Dis 1995 heel van voor af, swart en wit praat net rugby, gaan luister maar 702, en almal stem saam die Bokke is die beste in die wereld en die land staan bankvas agter die manne in groen en goud en dan moet daar weer 'n drol in die drinkwater wees wat die hele gees van positiwiteit in die land kom opvoeter met 'n breinlose stelling van hoe die nasionale simbole, insluitend die Springbok verander moet word.

JOU DOOS!

Soos my broer een keer gese het, elke oggend word iemand iewers wakker en besluit hoe gaan ons vandag die Afrikaners se dag opvoeter!

Ek gaan nie eers hierdie mense my tyd gee om aan hulle te verduidelik presies hoe onnosel hulle is nie, hulle timing stink en alles wat rugby op die oomblik vir nasiebou doen word deur sulke breinlose stellings tot niet gemaak.

Hier is nog nuus van die bananarepublick of Mugabewe Zimbabwe se minister van Inligting sê die Europese Unie behoort die Britse premier, Gordon Brown, aan te sê om stil te bly oor demokrasie en menseregte in Zimbabwe voor die Afrika/EU-beraad in Desember in Portugal. Sikhanyiso Ndlovu het aan ‘n Portugese radiostasie gesê Brown het geen reg om vir Zimbabwe te preek oor demokrasie terwyl hy sonder ‘n verkiesing by Tony Blair oorgeneem het nie. Brown het vroeër gesê hy en sy amptenare sal nie die beraad bywoon as president Robert Mugabe daar is nie.

Praat van suurdruiwe: En die Franse rugby-afrigter, Bernard Laporte, sê Nieu-Seeland is steeds die beste rugbyunie-span ter wêreld, al het sy span die All Blacks verslaan in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi. Hy sê daar is ‘n goeie kans dat die Hane sou verloor het as hulle die volgende dag of ‘n paar dae later weer teen die Kiwi’s gespeel het. Laporte sê die All Blacks het die beste rugby van die toernooi gespeel. Hahahaha ja dis hoekom hulle in die final is!

En laastens...Peter Gabriel en Annie Lennox, wat albei ‘n lang verbintenis met MIV- en Vigsvoorkomingsveldtogte het, sal die groot trekpleisters wees by die anti-Vigs 46664-konsert wat op Wêreldvigsdag op die eerste Desember in Johannesburg gehou sal word. Hulle sal bygestaan word deur die Amerikaanse kunstenaar, Ludacris, Engelse sanger en liedjieskrywer, Corinne Bailey Rae, die rockgroep, Goo Goo Dolls, die Anglo-Sweedse orkes, Razorlight en die Engelse popsangeres, Jamelia. Die res van die internasionale en plaaslike kunstenaars wat sal optree, sal aan die einde van die maand deur oud-president Nelson Mandela aangekondig word. Wonder of die minister van gesondheid dalk 'n minuut iewers op 'n horlosie kan steel om seremoniemeester te wees!

Later
Wimpie!

14 comments:

Anonymous said...

Hallo Wimpie,
Soeeee toe ek begin lees dog ek iemand het jou verkeerd opgevrywe. Maar ja, dis so dat van ons ander 'broers' altyd iets wil doen of sê om ons Afrikaners dedonner in te maak. (Daar stem ek vir Danie!)

Wimpie, dis verseker suurdruiwe om die All Blacks as die beste span te noem, maar nou ja, klink eder na gatkruip as iets anders.

Kyk as Madiba daar kan wees en handig die beker oor aan John smith is dit verseker 'n nasionale vakansie dag, geen mens sal die volgende oggend instaat wees om te loop werk nie!!

Lekker dag Wimpie en gaan groot!! O jaaa Danie, is jy oop sondae. Ek is die naweek moontlik in Brits en sal jou grag wil kom hallo sê.

Eben

Anonymous said...

more ou ja nee plaas se jy maar net hy is n "boks"......... soos ek g.aand gese het op die lug ons moet nou saamstaan as n nasie byna 65miljoen van ons en die Groen en Goud met trots dra met die Springbok daarop.en ja dankie dat jy my wereldbeker droom verwoes het hehehe...nou ja as jy miskien toe vallig na jou broer gaan koop vir my n trui koop....

Anna Marie Budden said...

Hallo Wimpie,

Wel ek gaan nie eers probeer om rugby met jou te praat nie. . . .
sienende dat jy 'n hele 12 jaar voorsprong op my het!

Maar ek stem heelhartig met jou saam dat die poepolle die simbool van ons nasionale span nou moet uitlos!!!

Het gister geen internet gehaat nie en moes vanoggend alles herinstel omdat helkom soos jy hulle noem se server af was....

ek stem saam dat ons op die oomblik die beste rugby in baie jare speel en weet eendieng verseker- ek gaan huil Saterdag... of ons wen of verloor, ek het juis die laaste tyd sulke piepie oogies!!!

liefde
Spook

Blou Bul said...

Gn wonder die Valke kon nooit produce nie, as die ou wat die kompetisie gewen het hul afgerig het en niks kon uitrig nie, waar sou hulle gewees het as die ou wat tweede gekom het hul afgerig het??En dis dalk as gevolg van die direkteur van rugby in Stellenbosch dat die WP nie onder die top vier is nie.Sien kopkennis is nie die alfa en omega nie.

Wimpie moenie so melodramaties wees nie.Wie het gese ek ondersteun nie die bokke nie?Fok ek is `n moerse bokondersteuner & absoluut 100% parioties.

Mooi man die ou wat die nasionale simbole wil verander is `n halwe doos want `n hele doos kan mens nog gebruik.

Danie jou stelling is puik omtrent drolle wat opstaan en dink hoe hulle ons gatte gaan krap.

Lekker dag.

Gatta-Patata said...

Jy kry kykers en dan kry jy kenners... wimpie jy weet van, I rest my case

Anonymous said...

Hi

Daantjie ons almal weet hoe julle oor die bulle voel so, dit maak nie regtig saak wie in die einstryd sou speel nie sou dit die bulle wees sou julle in elk geval vir die ander span geskree het. In alle geval ek is bly die Cheetas het gewen want ek en Elize het Saterdag oggend al gesê ons moet maar die feite in die oë kyk en weet ons sal Saterdag verloor want die Cheetas was nog die hele jaar die beste span. Los nou maar die Currie beker want ongeag of die bulle hier was of nie die Cheetas het verdien om te wen en ja ek hoop hulle vat die beker Vrystaat toe want ek kan my net 'n sekere radio stasie se arrogansie voorstel as die leeus moet wen aangesien hulle mos die borge is.

Jy moet lekker werk en los nou maar ons ou bulletjie's uit ons het nou verloor maar het vrede gemaak sien julle volgende jaar in die eindstryd.

Wimpie jy moet beslis kalmeer, jy sal 'n beroerte kry as jy so opgeklits raak soos ek gister gesê het dit is glad nie goed vir die hart nie.

Ina

Blou Bul said...

Gatta Patata:Ek weet Wimpie weet van ek het nooit gese hy ken nie rugby nie?Hy is briljant met sekere dinge veral rugby en `n ou wat hom wil aanvat moet sy huiswerk deeglik doen.

My probleem is net sekere stellings, soos nou is die Curriebeker afgewater.

Anonymous said...

Wimpie,
Nee, ek sien dit nie as "brag" nie, maar ek dink jy mag maar! As mens in gedagte hou dat jy in 1989 maar nog 'n jongeling was, is dit 'n prestasie om op trots te wees! Dit bring my weer by my vraag van gister: GAAN ONS DIE BEKER WEN OF NIE??!!

Feetjieland said...

Ek weet nie so baie soos die manne , van rugby nie, maar ek weet dis heel onwaarskynlik dat die Cheetahs sou wen as Habana vir die Bulle gespeel het, hehe...
Daar gelaat, dis my beskeie opinie :P, nie nodig om so ophef daarvan te maak nie.

Ja, die naam en embleem verandering is gat krap!!

Feetjieland said...

Wimpie, ek hoop jy verwys na 'n box as jy daardie D-woord gebruik, want so kan jy nou ook nie ons vrouens beledig nie..

Wimpie van der Sandt said...

Hi Boendoe

My voorspelling is dat ons nie net gaan wen nie maar ook 'n rekord gaan opstel deur die eindstryd met die grootste punte verskil nog in die wereldbeker te wen, as jy onthou eindstryde is maar altyd 'n close storie maar ek dink hierdie keer gaan ons ver wen!

Gatta-Patata said...

Hi die Brein: het dit nie op jou bedoel nie - het nogal gedink jou comment was in die kol!!

Lucy said...

Dankie, Wimpie! Hopelik gaan ek rustiger slaap die week!

Anonymous said...

Hi Eben
Ja , ons is oop sondae, maar ek betwyfel of ek daar gaan wees en of ek gaan kan opstaan sondag, maar draai gerus.

Wimpie, Ina en spokie- ag sommer enige een wat my ken en die lees- ons gaan saterdag champaigne breakfast hou by die dam- dan bietjie boot ry en heel dag kuier tot die rugby begin- Eks besig om die aquatic club se saal te huur vir die rugby- ek wil almal wat vir ons iets beteken daar he- laat weet my asb. Eks op n kursus so kan nie gekontak word- bel vir Erika by 072 421 6503 of Annemarie by 073 30 44 681.

Brein jy kan nie eerlik vir my se dat die curriebeker dieselfde euforie het as verlede jaar of enige ander jaar nie, ek hoor nie mense die heel dag praat daaroor nie- ek hoor net bokke, engelse en wereld beker. Ek sien jy se teen die 27e is als vergeet en dan het almal curriebeker koors. I dont think so- '95 se koors loop nou na 12 jaar nog net so in my so 2007 sn gaan nie net 1 week hou nie.

Ja- dit is die toekomstige springbokke wat nou daar speel, maar tot tyd en wyl daar iemand so bekend en geliefd is en hulle hulself bewys het in die graad van n Brian Habana. victor Matfield, Bakkies of Schalk sal hulle nog nie dieselfde gevoelens kan wakker maak nie- Ek se nie dis swak rugby nie maar teenoor die afgelope 5 weke se wereldbeker fees rugby- lyk dit net nie in dieselfde lig nie en maak dit nie dieselfde opgewondenheid in my wakker nie.

Ja Ina, jys reg- ek sal altyd vir enige een teen die bulle skree- maar ek het my redes daarvoor- sal jou eendag vertel al die redes- hoop julle kan dit maak saterdag.

Groete
Danie