Thursday, October 11, 2007

Msimang maak die Mechanic Bar deurmekaar!

Smaak my die Aussies is groter drinkers as die Suid-Afrikaners!

Australiese dokters het onthul dat hulle ‘n Italiaanse toeris drie dae lank op aarvoeding van vodka gehou het om sy lewe te red nadat hy homself vergiftig het. Die 24-jarige man het ‘n groot hoeveelheid van ‘n potensieel-dodelike middel gesluk wat in teenvriesmiddel gevind word. Dokters het hom skoon alkohol ingegee wat die gebruiklike behandeling is, maar die hospitaal se voorraad het opgeraak waarop hulle die vodka-bottel nader getrek het. Een van die dokters het aan ABC Online gesê die pasiënt was in ‘n medies-aangehelpde koma en teen die tyd dat hy bygebring is, het sy wingerdgriep ook vervaag. Hehehe!

Ek is jammer maar die minister van gesondheid IS 'n verleentheid vir Suid-Afrika en 'n goue bewysstuk vir diegene wat was glo ons is 'n derde wereld met 'n derde wereldse regering.
Die hele wereld besef dat dr. Manto Tshabalala-Msimang 'n verleentheid is, eerstens vir haar beroep....waar het sy haar studies anyway voltooi? En tweedens vir die Suid-Afrikaanse regering.... As van die wereld se voorste vroue kunstenaars begin liedjies opneem oor jou onnoselheid, moet jy begin besef die tyd om te gaan was al twee jaar terug. Msimang en Mugabe gaan soos twee pitswere op Mbeki se getuigskrif uitstaan aan die einde van sy termyn as president van Suid-Afrika.
Vier en twintig van die wereld se voorste vrouekunstenaars lewer kritiek oor SA se Vigs-beleid in 'n nuwe liedjie, wat ek nie kan wag om op die radio te speel nie, wat pas uitgereik is.
Dié kunstenaars is Annie Lennox, Madonna, Celine Dion, Gladys Knight, Pink, Faith Hill, Joss Stone, Anastacia, Angelique Kidjo, Melissa Etheridge, Bonnie Raitt, Dido, Fergie, Beth Gibbons, Beth Orton, K.D. Lang, KT Tunstall, Shakira, Sarah Mc- Lachlan, die groep Sugababes, Beverley Knight, Isobel Campbell, Martha Wainwright en Shingai Shoniwa.
Die liedjie is ’n oproep om die nasionale instelling van programme in Suid-Afrikaanse hospitale om die oordrag van MIV/vigs van moeders na babas te voorkom en die gebruik van die middels AZT en nevirapien.
“Een uit elke drie vroue in kraamsale in Suid-Afrika het die MIV-virus,” het Lennox gesê. “As hulle toegang tot hierdie medikasie kry, kan hulle ten minste verseker dat hul babas nie ook die virus kry nie.”
’n Uittreksel van ’n liedjie deur die Suid-Afrikaanse groep The Generics, wat bestaan uit vigsaktiviste en lede van die Treatment Action Campaign (TAC), kan ook aan die einde van “Sing” gehoor word. In haar omslagnotas beskryf Lennox vir Zackie Achmat, stigterslid van die TAC, as ’n legende. Msimang beskou Achmat as vyand nommer 1!

Kom ons kuier eerder saam met die ouens van die Mechanic Bar voor ek 'n aar in my kop bars!!!! Jammer dis eers vandag maar, Vodacom, bliksems, en Helkom, bliksems....ag toema jy weet wat ek bedoel...

As dit so baie reen is dit of die ouens van die Mechanic Bar bietjie in hulle dop kruip, dit geld nou vir almal, almal behalwe die man in die hoek, hy is te groot om in sy dop te kruip.

Ruds se liefdesteleurstelling het hom erg depressief en hy kom nou maar min by die kroeg uit. Ou Barend het al daaroor gedink om die jukebox uit te haal want Ruds is nie daar om musiek te speel nie.
Gewoonlik word daar so gemiddeld van 1500 songs ‘n maand gespeel, laas maand was daar net 45 songs gespeel, ‘song for the lonely’ 40 keer en ‘Only Crying’ so 5 keer….

Divan is vir ‘n week Kaap toe en die ouens mis hom nogal, veral met die dat die WP nie eers die halfeindstryd van die Curriebeker kon haal nie, Gordie se juis dis hoekom Divan die week afgevat het, om te gaan rou!

Jack was besig die week, hy praat iets van ‘n groot kontrak, maar hy praat ook in Ingels en dis vir die meeste ouens maar Grieks.

Nick the greek het ook vandag ‘n draai kom maak, hy het self Sondag gekyk hoe die Bokke speel en het skielik ‘n patriotiese aanval gekry. Sy vrou het spesiaal vir hom ‘n Springboktrui gekoop, maar hy dink nie dis rerig een nie want syne het nie ‘n nommer op nie.

Sagmoedige Neelsie probeer verduidelik want hy het meer geduld as die ander manne.

“Jy sien griekie, hierdie is net ‘n ondersteuners trui, daar’s ‘n verskil tussen die ondersteunerstrui en die een waarmee hulle speel!”

“Nou waarvoor is die nommers dan?” wil ou Nick weet, “man dis die ouens se IK” spot Trev. “Dan is die agterspelers seker baie slimmer as die voorspelers” se Arrie.

Gordie vererg hom sommer dadelik, hy was darem per slot van sake ‘n loskopstut op sy dag!

“The poor All Blacks” sug Jack.

“Man hulle gatte,” se Neelsie, “dink jy vir een oomblik hulle sou ons jammer gekry het as ons al in die kwarteind verloor het”, nee ou maat hulle sou vir ons gelag het nou wil ons saam ou kaptein bitterbek Richie Rich McCaw staan en huil!”

“Did you hear the difference between an arsonist and the All Blacks?” vra Jack.

“Hey man, praat Afrikaans” se Barend….

“This one only works in English” se Jack, “an arsonist wouldn’t waste five matches!”

Trev is nie so goed met die Ingels nie en wonder wat is dan nou so snaaks…

“Wat is ‘n arsonist?” vra hy.

“‘n Ou wat vuur maak” se Barend, “O” se Trev, “dan is ek seker een want ek maak altyd vuur by die huis as ons braai!”

“Here’s another one” lag Jack.

“ A man meets a friend and sees that his friend's car is total write-off
and covered with leaves, grass, branches, dirt and blood.
He asks his friend 'What's happened to your car ?'
'Well,' the friend responds, 'I ran over Richie McCaw'.
'OK,' says the man, 'that explains the blood... But what about the
leaves, the grass, the branches and the dirt ?'
'Well, he tried to escape through the park.'”

Die Mechanic Bar lag te lekker vir die Ingelsman met die mooi sussie.

Dit laat Barend dink aan die storie wat hy een keer gehoor het van ‘n prokureur…

Barend is nie mal oor prokureurs nie, dit is iets uit te waai met sy eerste vrou wat hom gelos het vir een….maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag, dink Barend by himself terwyl hy onderlangs glimlag vir die manne.

Ek wonder wie gaan volgende week watse grappe oor die rugby vertel dink hy, so naby en tog so ver…. Nou as ou Ruds net oor die ding kan kom van hom en die girl wat sy hart so gebreek het kan ‘n man darem weer lekker musiek in die kroeg kry.

Betty Big Boobs is middag af, ook maar goed so want sy sal ‘n aanval kry as sy moes hoor wat volgende uit Barend se mond kom…

“Miskien moet ons vir Betty aan ou Ruds voorstel” se hy.

“Is jy mal” se Trev, “Betty se boobs is heeltemal te groot vir Ruds, dit sal lyk of hy met oorfone rondloop!”

Almal dink dis baie snaaks, dis nou almal behalwe Ruds, wat ook seker sou gedink het dis snaaks as hy daar was, maar hy is nie…… Jacques de Coning sing op die jukebox…Ek like girls….

Later

Wimpie

PS: Hierdie is een van die hoof redes hoekom jy nie pirate goed op die strate moet koop nie, jy weet net nooit wat jy kry nie, hierdie ouens moet dringend 'n top pos in 'n groot bemarkingsmaatskappy kry....wat se hulle van 'n sucker born everyday...!

7 comments:

Dame met 'n wil! said...

Môre Wimpie ek lees nou so vinnig as wat ek kan al die blogs, en comment voor ons dalk weer in die donker moet sit en ons self dood verveel. Lekker dag vir julle almal.

Danie said...

Ek moet se ek voel vir die all blacks soos n moeder... ek sal hulle nooit vergewe vir 1981 toe hulle ons met meelbomme uit vliegtuie gegooi het, ons spelers in die kleedkamers moes slaap, en die verneukery in die laaste deurslaggewende toets. Niemand weet nou nog waarvoor daai laaste strafskop was nie

Danie

Blou Bul said...

Wimpie

Ek het altyd gewonder wie sing die song "Ek like girls" want glo my ek doen.

Jy moet regtig nie so baie uitspreek dat jy gaan `n beroerte kry of `n aar in jou kop bars nie, wat dieselfde is nie. My skoonma het ook en altyd `n grap daaroor gemaak en dis nou al nege jaar terug wat sy die beroerte gehad het en wat sy gesaai het het sy gemaai.

Ons almal spreek maar dinge uit, maar vir jou eie onthalwe en ander sin.

Anonymous said...

More Wimpie,

Sjoe, aarvoeding met vodka, sê jy? Ek ken 'n paar mense vir wie dit die ideale vakansie sal wees!

Het die ouens van die Mechanic bar weer geniet, dankie! Hoop maar hulle kry nie kragonderbrekings nie.

Is daai foto veronderstel om 'n memory stick te wees???

Feetjieland said...

Hallo Julle, Die Brein..bly om te sien jy is terug!

Wimpie 'n vriendin van my wat 'n maatskaplike werkster is het my vertel as hulle die jeug vra of hulle "veilig" is, is hulle antw:
"ons wag nie vir vigs nie, ons gaan haal dit"!!! Skokkend!!!

Wat Msimang betref, het sy of enige iemand anders in die parlement, dan verder studeer?
Sover ek weet het jy net 2 kwalifikasies nodig, jy moet donker-groen wees en 'n kriminele rekord he, of van plan wees om te sorg dat jy een kry!

Gatta-Patata said...

Wimpie, more
Machanic bar goed...soos altyd.

Gee bietjie vir ons 'n karakter load down man!!

Stem saam met die brein, jy moet nie dinge oor jouself uitspreek nie anderste moet jy dalk maar op Salusa 45 gaan...LOL

BoerinBallingskap said...

Ek is baie bly om te hoor van die musiek-inisiatief en Annie se betrokkenheid. Dis hoogtyd!