Meer kan ek ongelukkig nie se nie, behalwe hou die pers dop die 24e Oktober... Ek kan net se dit gaan awesome wees...
Sekerheidsmaatreëls by winkelsentrums is onder die soeklig na ‘n ontstellende vlaag selfoon-pornografie wat in sentrums se kleedkamers gemaak is. Ses tieners is vroeër die week in hegtenis geneem in verband met die gebruik.

Wat is fout met die kinders, daar is net geen morele waardes ie, op die ouderdom van 16 was seks iets waaraan ek net af en toe gedink het, ons was te besig om rugby en krieket te speel, daar was nie tyd vir stront (pardon the pun) in publieke toilette nie! Scary!
Die Australiese premier, John Howard, het beloof om ‘n referendum te hou om burgers te vra om inheemse Aborigines te erken as die land se oorspronklike bewoners – ‘n verrassende beleidsverandering slegs weke voor die verkiesing.

Ek wonder voor hoeveel menseregte verhore sou Howard en sy mede Aussies in Suid-Afrika moes verskyn??
Ek sal totaal my plig versuim as ek nie iets se oor die wereldbeker nie. Ekglo ons gaan heeltemal te goed wees vir die Poemas, al se hulle ook wat, hulle kyk blykbaar verby die Bokke na die eindstryd op die 20e!! GROOT fout!

Die Bokke het nog net een keer vir omtrend 60 minute rugby gespeel by die toernooi en dit was 'n uur van sublieme rugby teen Engeland, die res was maar soos 'n kar wat net idle op die snelweg, ek glo die manne gaan na 'n ander rat oorskakel noudat ons in die halfeindstryd is. Tussen 20 en 30 punte vir 'n Springbokspan in die hoogste rat!
Die ander halfeind reken ek gaan 'n verassing oplewer, die Franse is te tempramenteel om die eindstryd te haal, hulle voorspelers gaan nie opgewasse wees teen die bleekbene nie, en met genoeg balbesit, weet almal wat Jonny Wilkinson op losskakel aan die Franse kan doen.
Ek voorspel die Bokke en die Bleekbene in die eindstryd op de 20e!
Sterkte aan die girls, ons is indielaaste week, julle het mooi uitgehou! Dan nog net die Curriebeker eindstryd die week daarna! Eish.
Dit behoort 'n eindstryd tussen die Cheetahs en die Sharks op te lewer!
Die Reserwebank se besluit om die repokoers met 50 basispunte te verhoog, is wyd veroordel. Cosatu sê in ‘n verklaring die jongste verhoging sal ‘n rampspoedige invloed hê op die mense van Suid-Afrika. Die vakverbond is kwaad omdat die bank sy pleidooi ignoreer het om nie die koers te verhoog nie. Sommige van die groot banke was ook verras oor die verhoging en sê dit is ‘n ongelukkige oor-regstelling van koersverlagings wat in Augustus 2004 en April 2005 gemaak is. Die banke het egter dadelik hulle prima-uitleenkoers verhoog tot 14 persent. Oops!
Ek tree Saterdag op by die Bulfees in Sundra, kom se hallo as jy kan, ek maak my sangdebuut saam met Jacques de Coning en Gerhard Steyn!
He vir jouself 'n great naweek ek gaan ook, kannie meer wag nie! Daar gaan nie tyd wees vir blog die naweek nie so ons chat weer maandag!
Wimpie!
6 comments:
Sundra,waar op aarde is dit? Eerste keer wat ek van hierdie plek hoor of altans lees, as ek geweet het waar dit is sou ek seker 'n draai kom gooi het, maar Wimpie ekke het geen idee waar die plek is nie, is dit in SA?
Hoop maar die krag hou vir die rugby hierdie naweek, anders gaan 'n paar manne en vrouens baie omgekrap wees!!
lEKKER NAWEEK VIR ALMAL VAN JULLE.
Hallo Julle.....
Ja ek wil ook net sê lekker na-week!!!
Liefdetjies
Spook
Howzit
Wat gaan aan met ons kinders? Eintlik is selfone `n euwel, maar ek wil nie meer daarsonder nie.
Bokke 42, Argentinie 18.
Wimpie onthou asb die kontak nommer vir die Campbells se dvd opname by Wildwaters.Die nommer op jul ad is 0825099748 ek het al boodskappe gelos en andersins bly dit beset.
Geniet die naweek.
Wimpy...ek wonder nou hoe oud is jy as julle meer aan rugby en krieket op die ouderdom van 16 gedink het...??? Ek is 28 en my generasie het verseker meer as rugby en krieket op die brein gehad..
Ek stem saam met bleekbene en bokke vir die eindstryd, en sien so uit daarna...rede vir 'n "party"
Sharks en Cheetahs??? Waar is die Bulle dan? Jy dink tog seker nie regtig die Cheetahs gaan die bulle wen nie??
Lekker naweek vir julle almal
xxx
Die Brein, het wel familie in Pta,
Pierre Croucamp, maar nie die mense wat jy genoem het nie...geen Vanessa's in die familie nie.
Wimps, ek dink die Hane gaan die Ingelse oortuigend klop. Die Bokke gaan die Poemas 10-teen-1 klop, maar ek dink dit gaan haarbreedte wees. En natuurlik se my gut feeling nog steeds die Franse gaan daai koppie omhoog hou.
Julle moet almal julle naweek geniet.
Post a Comment