Wednesday, October 24, 2007

Welkom terug aan die Mechanic Bar!

Great song, Eine Stern van DJ Otzi, gaan luister hom op you tube, of wag nog beter kyk hom sommer hier:



Kyk of jy hom herken!





Vir al jou Engelse pommie maatjies wat se hulle het 'n drie gedruk, met goedkeuring van my maatjies by Ostendo plaas ek hierdie foto, copy en paste hom en e-mail hom aan enige Engelsman wat se dag jy vandag verder wil opvoeter.

So die Bokke is terug bu die huis, die lughawe het gewemel van bewonderaars, dit ws volgens mense wat daar was, en my ma en Pieter Koen was altwee daar, blykbaar 'n hengse belewenis en die trane het weer gevloei van voor af, net vir ons minister van Sport om enkele minute later weer 'n breinlose opmerking te maak oor sporttransformasie op televisie.... het hierdie mense nie raadgewers wat hulle toesprake skryf nie, of se hulle eenvoudig elke breinlose ding wat in hulle koppe kom.... daar is 'n great afrikaanse woord daarvoor....huigelaars!

Die vier mans wat verdink word van die moord op reggae-ster Lucky Dube het gister in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot volgende Dinsdag om hulle kans te gee om aansoek te doen om regshulp. Die staat het borgtog teengestaan en die vier word aangehou. Hulle is aangekla van moord, poging tot kaping en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Ek hoor dat die mans probeer het om hulle gesigte te bedek, maar omstanders het geëis dat hulle wys wie hulle is. Hulle sal eers identifiseer word nadat hulle gepleit het. Miskien gaan ons mede-burgers se oe nou oop en eis almal dat die doodstraf teruggebring word.

Nog 'n pet-hate van my is hoe vuil my dorp is, ek neem volgende week my kamera en ek gaan vir die stadsraad foto's neem van hoe ons monumente , parke en skole lyk! Die meeste van die goed is gesondheidsrisiko's. Ek waarsku nou die stadsraad ek gaan foto's neem van menslike afskeidings, gebruikte kondome en gemors wat ons landmerke vol le, en dan gaan julle verduidelik waar gaan 0ns belastinggeld heen.

Die Gautengse polisie ondersoek ‘n klagte van mishandeling teen ‘n werknemer by die Oprah Winfrey-leierskapsakademie vir Meisies. Die eenheid teen Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings het ‘n verslag ontvang na ‘n aanvanklike ondersoek by die skool wat by Henley-on-Klip op Meyerton geleë is, en ‘n saak vir ondersoek geregistreer. Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het aan Independent Online gesê sodra die ondersoek afgehandel is, sal strafregtelike prosedures teen die verdagte voortgaan. Die slaapsaal-ouer is vroeër die maand geskors vir wangedrag.
WELKOM IN AFRIKA OPRAH!

Dan was die ouens van die Mechanic Bar hArd besig om die bokke se oorwinning te vier maar hulle is vandag terug:

Genadiglik is die wereldbeker verby en iets van die verlede, die Springbokke het gewen en vir die manne van die Mechanic Bar was dit goeie nuus want hulle kon die hele naweek om kuier, nie dat dit ‘n verskil sou gemaak het nie, hulle sou anyway die naweek om gekuier het al he tons manne verloor, dit sou net nie so lekker gewees het nie.

Dis asof die Bokke se wenslag sommer dadelik alles reggemaak het vir ons vrinne met die gevleuelde woorde en skerp kwikslae.

Die grootste verassing wat Divan begroet as hy weer vir die eerste keer ‘n vinnige draai by die Mechanic Bar maak is wanneer hy “Ek like girls” van Jacques de Coning sommer so met die intrapslag op die jukebox hoor en ou Ruds met ‘n leker glimlag op die bakkies sien staan

“Magtig Ruds, wat gaan aan, het jy ‘n bank geroof of lei jy nog aan bokkoors” vra Divan.

“Hy is weer terug by sy girl” laat die man in die hoek hoor “sy het die nuwe boyfriend gelos, vir Ruds belowe sy sal gewig verloor en het hom glo gesoen toe die Bokke die wereldbeker wen….. en daar was glo tong by betrokke” se hy.

“Magtie man dis goeie nuus” se Divan, die ou lyk sommer opgewonde want nou kan hy weer vir ‘n slag na Eden op die jukebox luister en glimlag hy by hom self, hoef hy nooit weer na Roy Orbison se “Only the lonely” te luister nie.

Vir Divan is die Kaap weer Hollands.

“Nou wat het alles gebeur terwyl ek in die beskawing was” wil Divan weet.

“Jack is geban by die Mechanic Bar” se Trev. “Hoekom “ vra Divan. “Aag die ouens het uitgevind sy sussie het ‘n boyfriend” se Trev terwyl hy hard probeer om nie so teleurgesteld te wees nie…

“Ja dis anyway ‘n Afrikaanse Bar die en ons het ou Jack maar net verdra oor sy sussie, hy het nooit vir ons gese die het ‘n boyfriend nie” se Barend.

“Nou maar wie het hom geban?” vra Divan.

“Sagmoedige Neelsie” se Trev, “jy weet mos hy het ‘n ding vir ‘n mooi girl….kan haar net nie uitlos nie” se hy vinnig voor iemand iets oor hom kan se wat heimlik verlief is op ou Jack se sussie se mooi, pragtige, groot, wulpse….uhm blou oe!

“Nou wat se ou Jack daarvan” vra Divan.

“Hy verstaan” se Nick uit die kombuis, want dis mos waar jy enige goeie Griek sal kry…

“Hoe bedoel jy hy verstaan?” vra Divan.

“Ons het verduidelik hy kan weer hier kom kuier as hy haar sover gekry het om die drommel te los” se Barend.

“Ja se Trev, Jack het belowe om dit sommer nog teen vanaand uit te sorteer” se Trev “iets van die ou se bene eers breek en dan hom aan ‘n mooi nursie voorstel”.

“Julle kan mos nie dit doen die” se Divan. “Ons kan maak wat ons wil” se die man in die hoek.

Divan was amper ‘n week in die kaap en weet nou meer as ooit van wyn af, hy is soos ‘n sosiale vlinder in die Kaap en het al wat ‘n wynplaas is aangedoen.

“Ek het baie geleer in die Kaap oor wyn, dis baie beter as water”.

“Hoe so” vra Nick, nog steeds in die kombuis waar alle goeie grieke hoort.

“Wyn is vol wysheid en water is vol bakteriee. Wetenskaplikes het bewys as jy een liter water ‘n dag drink het jy na ‘n jaar se watersuipery ‘n kilogram menslike poef ingekry, wyn gaan deur ‘n baie gesofistikeerde suiweringsproses wat beteken jy kry nie daai menslike afskeidings in nie” se Divan.

“G’n wonder nie” se Barend

Wat vra Divan.

“My vrou drink net water en so nou en dan bietjie wyn”. “Wanneer sy wyn drink praat sy net dom, die res van die tyd wanneer sy nie wyn drink nie is sy net pleinweg vol poef!” se Barend

Ai dink ou Divan, dis darem lekker om terug te wees!

Later!
Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

Welkom terug ouens

Anna Marie Budden said...

Wha ha ha ha ha ha ha ha ha!!!

Net wat ek nodig het na 'n laaaaaaaaaaaaaaaaaaaang dinsdag wat eers na twee vanoggend opgehou het..... maar meer daaroor in my blog!!!

Jitte Wimpie 'skuus man ek het jou stasie nie eers geluk gewens gister nie. . . .
so G E L U K Oosrand Stereo!!

sjoe ja ummmmm die ouens van die M-bar is so puik beskryf dat ek hulle in my geestes-oog noggal kan sien, en "sagmoedige Neelsie" klink maar vir my na die tipe ou waarmee jy nie mors nie-stille waters......

geniet die res van jul dag!!

Liefde
Spook

Feetjieland said...

Wimpie...hoekom het jy toe alleen gegaan?

Dame met 'n wil! said...

Wimpie wie was jou date toe gewees, en waar is die foto's? Geluk julle.

Lekker dag verder.

O ja FEETJIE gaan loer bietjie op my blog het nogal aan jou gedink toe ek dit opsit!!

Feetjieland said...

Ek het gesien...eetbaar oulik...