Thursday, November 1, 2007

Domdrolle en hoogvlieg!

Wanneer jy opstaan en dit voel of 'n trein oor jou is en toe sommer 'n paar keer agteruit weer oor jou is en toe sommer vir die fun nog 'n keer of wat jou net kom wys het wie is baas, dan is daar gewoonlik 'n rede voor..... nou ja my rede gisteraand is hierdie mannetjie.... Bok van Blerk! Jou wetter!

Lekker geparty gisteraand saam met die de la Rey sangertjie, en die ergste was, ek het gedink....mmm ja... lekker, die seremoniemeester sal so 20H00 kan wegglip as hy eers die ster aan die woord gestel het, sonder dat iemand dit agterkom......groot fout!
Ek dink ek moes seker 30 keer verduidelik ek werk actually vanoggend 06H00 en ek MOET nou ry... les nommer 1, moenie vir mense se jy ry nou nie, glip by die agterdeur uit en ry net!
Nou ja ek wou nie hoor nie en die gevolg is 4 panado's en twee Red Bulls verder, dan kan jy darem amper weer met die volk oor die wireless gesels,....dit gaan 'n lang brekfis show wees vandag!

Domdrolle van die ewigheid, en ek hoop Steve of iemand wat hom ken lees so nou en dan hierdie blog... hehehe dis Steve se ding 'n domdrol toekenning, maar ek sal sukkel om daai toekenning aan enigiemand anders as SA Rugby te gee, julle is 'n klomp idiots... ek het lank gedink aan 'n ander manier om dit sagter te stel en om dit nie so kras te maak nie, die waarheid is net daar is nie 'n sagter manier om dit te stel nie, geen wonder SA rugby is voortdurend in die spervuur nie, geen wonder daar is altyd een of ander kontroversie as dit by ons nasionale span kom nie, dis eenvoudig bisar, die manier waarop Jake White nou behandel word deur hoofnar Hoskins en adjudant hofnar Johan Prinsloo en kie, is net eenvoudig skandalig, bisar, absurd en 'n fkn skande!
Ek skaam my om 'n ondersteuner van die Bokke te wees, om die Bokke te ondersteun beteken jy ondersteun die hele sisteem wat SA Rugby is, die span, die administrasie, die bestuur, die hele spul....ek weet nie of dit moontlik is nie!
Clowns....was 'n song hier in die 80's weet nie wie van julle kan dit onthou nie, maar dit is van toepassing....

Die beker is nog nie eers twee weke in Suid-Afrika nie toe is daar wragtig iemand wat hom probeer steel.....ernstig!

Singapore Airlines sê dat seksuele eskapades nie op hulle nuwe Airbus A380-vliegtuig geduld sal word nie, aangesien die privaatsuites wat dubbelbeddens het, nie klankdig is nie. Volgens ‘n verklaring kan seksuele aktiwiteite verleentheid meebring vir die passasiers en bemanning van die nuwe superjumbo. Hehehe, vertel bietjie vir ons hoe vocal is julle as dit by daai ding kom, hou jy daarvan as jou partner die dak afskreeu af verkies jy stilte....ek hou nogals van 'n geraas, sal nie lekker die ding op die vliegtuig kan doen nie, mind you .... ek het al! Mile high Club gejoin....uhm ma nou ja dis 'n storie vir 'n ander dag....hehehe!

Ek gaan probeer lewendig deur hierdie dag kom, 'n lekker ene vir julle....rock on!
Wimpie

13 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek is so bly ek is nie die enigste een wat vandag so voel nie, ek het die hele nag wakker gelè - muskiete, en hoofpyn, geen verdompte pille wou werk nie, my maag voel vandag soos 'n apteek van al die pille!! Hoeveel bloggers verjaar in November?

Anonymous said...

Shame, Wimpie, een ding van die 40's, jou lewer wil nie meer saamspeel nie! Probeer 1g Vit C.

Ja, die rugby is 'n disgrace. Net in SA wat so iets sal gebeur. Dink net wat se prestasie sou dit gewees het as Jake die beker "back-to-back" kon wen. Of net die kans gehad het om dit te doen. Maar nou ja. Ons sport is 'n gemors. Miskien moet ons eerder die Drankensbergse Seunskoor begin ondersteun.

Anonymous said...

Hi Wimpie

Het jy nog nie gehoor van matiheid voor oë nie. Toemaar ek dink almal was al daar. Drink maar 'n bietjie sprite vir die na dors dit help altyd vir Jasper.

Jy moet 'n wonderlike dag hê

Ina

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie
Steur jou min aan wat daar gesê word van jou 40's (nie dat ek regtig kan praat nie)daar is 'n sê ding wat my man baie gereeld gebruik. . . "you are only as old as the one you feel"

En wat die sport betref.........aaaaaaaaarghhhhhhh wat kan die gewone ou op straat tog doen? Ek het al van sofeel manne (en vroue) in die nie-blank gemeenskap gehoor dat hulle nie as 'n 'token' wil staan nie en ek is seker dat onsrugby spelers selfs na alles wat gebeur het geen trots sal voel as hulle plek kry in die nasionale span net oor hul velkleur ...... Die mense wil gekies word op merite maar aai wil die hoog geplastes iets hoor daarvan? NEE hulle is te besig om op hul gemakstoele te sit en piesangs vreet....

Ek wonder hoe lank die SA Rugby sal neem om weer die beker te wen as die lot hooggeplaastes die selfde ding doen as in 1995 wat hulle die winning coach en die kaptein afgedank het!?!?!?!?!?!?!?!

Dit het die ouens 8 jaar geneem om iemand te kry wat ons manne in 'n wenspan omskep het maar hulle steur hulle min.....

Boendoe ek stem saam..... Miskien is dit nie so slegte idee nie!!!

Lekker dag vir julle Almal
Liefde
Spook

Feetjieland said...

Aaaah, Bok van Blerk, mal oor die mannetjie!!!Wonder of jy weet hoe bevoorreg jy is om hulle almal persoonlik te ontmoet en ken..!!
Ek wens..
Ek ken daai hoofpyn, bewerige gevoel, vreeslike dors, naar gevoel op jou maag - aaklig, ek doen dit so min as moontlik...lol
Ja, ek sak my kop in skaamte oor wat in die rugby aangaan..!

Feetjieland said...

Goed...ek sal maar die eerste een wees om te se...jy kan hoor wanneer ek myself geniet, maar om jou asemhaling en lekker-kry geluide te moet onderduk in 'n opwindende plek...is opwindend!!

Michelle Coetzee said...

Hi wimpie

Ek het toe reggekom op my blog. Dankie vir jou hulp. Ek het gedoen wat jy gese het.

Nog net 13dae en dan die groot B-Day.

Bok is vanaand by Firkins so ek dink Boksburg se strate is weer vol vanaand.

Tot later dan
Michelle

Blou Bul said...

Julle is `n klomp suurgatte op die blog.Vertel van jul sekskapades!Nee seks wat sonder geluide is, is boring, maar steeds lekker.Wel ek gee uiting aan my gevoelens en wat ek ervaar. So ook my vrou,en jy moet vertel waarvan jy hou en nie hou nie. maar dit klink darem nie heeltemaal soos `n x-rated movie nie.(oeps.)

Die rugbystories en Jake White is fokken bad, maar agter alles sit eintlik `n witbliksem.Jake is Greate.

Feetjieland said...

Die Brein jy se nou die wat nie vertel van hulle sekskapades is 'n klomp suurgatte, hulle dink weer tien teen een ons is goedkoop, omdat ons so uitpraat, lol..

Feetjieland said...

Mwahahahaha, kom ek krap almal se gat...YEH BABY, OH, YEH BABY, DEEPER, MMMMMM, OH YES, YES, YES, YES...AAAAAAAHHH....

Dame met 'n wil! said...

Feetjie jy weet mos ek kan nie saam praat nie!!

Ek het dit gemaak, die dag is amper iets van die verlede, ek wil nou net by die huis kom, bad, en in die bed duik.

Lekker aand vir al my blog maatjies!!

Feetjieland said...

Hoekom nie..? Net 'n virgin sal nie kan saampraat nie, jy weet mos hoe jy is, al doen jy dit min..?
Whatever..., lekker aand vriendin.
Hoop jy het bubblebath vir die bad, lol..geniet dit.

Blou Bul said...

Kwaai feetjieland.Jy is `n sport!Nee commen of goedkoop is ons nou nie,mens lewe darem nie meer in 1910 nie.Of hulle het nie `n seks lewe nie.


Sharks, moenie so down klink nie.Jy is meer as oraait man.