Friday, November 2, 2007

Manupileerders van mense en dinge!


So 'n bietjie van 'n persoonlike noot vanoggend.... jy sien ek is al weer in die moeilikheid en ek weet nie juis oor wat nie, persoonlik en by die werk...

Dit is altyd vir my interessant wanneer die ouens wat in die verlede die hardste geskreeu het vir vryheid van spraak en persvryheid, die eerste ouens is wat moan wanneer ander mense die regte uitoefen waarvoor hulle so erg "baklei" het.

Meer gaan ek nie op hierdie stadium se nie, ek wag maar in spanning om te sien wat gebeur volgende...

Die lewe van bekende mense lyk altyd rooskleurig maar ek weet nie noodwendig of ek so wil wees nie, ek is nou nie noodwendig die bekendste ou in die land nie, maar dis nogal skrikwekkend as jou lewe voortdurend onder 'n vergrootglas geplaas word, jy moet die heeltyd op jou beste gedrag wees, jy kan nerens heen gaan om sommer net bietjie jouself wees nie, mense dink hulle besit jou en almal wil 'n stukkie van jou he....
Die seker maar die dat ek begin leef soos 'n kluisenaar gaan maar min uit en kuier meestal maar net saam met 'n sekere groepie baie close vriende en by die huis....
Hoekom vertel ek die storie? Ek weet nie, behalwe om te se partykeer maak dit my kwaad as mense my naam gebruik om plekke te bel en te hoor of ek daar is wanneer ek nie is nie en die eienaar van sulke plekke bel my om te hoor of ek gaan kom want my "fans" bel hulle mal om seker te maak ek kom.
As ek iewers heen wil gaan dan sal ek se ek gaan hiernatoe of daarnatoe! Moenie my stalk nie!
Ek wil nie soos 'n wannebe bekende persoon klink nie, glo my ek is nie so nie, mens raak net gefrustreerd want jy kan nie rerig iets terugse nie, dan lyk jy soos die vark in die verhaal en ek is nou maar een maal een van daai ouens wat ongelukkig 'n hengse stryd voer om altyd maar 'n wag voor die mond te plaas!

’n Wêreldberoemde sjimpansee wat glo die eerste dier was wat ‘n mensetaal aangeleer het is vroeër hierdie week by die Central Washington Universiteit dood. Washoe, wat 42 jaar oud was, kon omtrent 250 Amerikaanse gebaretaal tekens gebruik. Die Seattle Times berig dat Washoe ook op die dag van haar dood deur middel van gebaretaal kommunikeer het. Sy is in 1965 in Wes-Afrika gebore, en is daar deur die Amerikaanse Lugmag gevang. Washoe het haar aangenome seun Loulis sonder enige hulp van mense geleer om ook gebaretaal te gebruik, kan nie glo dat die nuus van Mugabe se dood nie groter nuus is nie.....(oops!).

Steeds is het einde niet wat die Jake White - sage aanbetref, ek kan maar net my kop in ongeloof skud oor die wyse waarop SA Rugby die een oomblik die kruin van die golf ry om net die volgende oomblik in die dieptes van die hel neer te daal.
Iemand fluister in my oor Jake se biografie, "Black or White" is voor kersfees op die rakke en 'n paar bekendes in rugbykringe gaan geskud word, en miskien is Jake nie heeltemal onkundig in die fyn kunsies van mediamanupilasie en gratis publisiteit nie....

Ag ja dis omtrent my storie vir vandag, gaan bietjie ontspan die naweek en bietjie golf speel, sien uit daarna kan nie eers meer onthou wanneer laas ek 'n golfbaan gesien het nie, wat staan nog 'n game gehad het!

Hey geniet JOU naweek!
Later
Wimpie xx.

7 comments:

Anonymous said...

Hey

Ons hoop nie die moeilikheid is so groot nie. Jy is die een mens wat jou droom leef, en ons it trots op jou ek dink dit is nice om soort van soos 'n "icon" behandel te word. Jy het after all vrede bewerkstellig tussen Steve en Anton en persoonlik dink ek dit is iets om op trots te wees.

Sterkte vir jou vandag en onthou ons dink aan jou.

Liefde

Ina

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie. . .

Ja jong mens kan nie sê of doen wat jy wil nie... daar is altyd "polisiemane" wat ons dophou!

En net nog ietsie....Ek gee nie om of jy betrokke raak in 'n barfight of een van jou "bewonderaars" takel nie ek sal ALTYD 'n groot bewondering hê vir jou omdat ek so baie van jou en Danie geleer het toe ek maar nog klein was!!

En omdat ek so baie van my Pa kan leer deur julle!! Ek weet dat ek hom gaan kan leer ken so op 'n manier deur julle en jou ouers!!

Sien jou binnekort!!


Baie Liefde
Spook

Dame met 'n wil! said...

Môre jy bly om te sien jy voel beter. Stuur die mense wat jou so stalk in hulle se moere in man!! Nou seker so maand terug loop ek ook maar bietjie hier in die stad rond, en op 'n kol kom ek agter dat 'n wit man nogal, heel tyd al agter my aan loop, waar ek in of uit loop is die man, ek het naderhand bang geword, ek het esse en sesse hier in die stegies begin ronddwaal, en elke keer wat ek in 'n venster kyk sien ek die man, ek loop nog so toe iemand wat saam my werk van voor af kom, ons staan toe en chat en ek vra hom of hy so iemand sien, en wragtig daar staan die man, die swarte het toe maar sy my werk toe gestap, ons is dadelik sekuriteit toe, toe hulle buite kom, staan die man daar, wat hulle met hom gemaak het weet ek nie ek gee ook nie juis om nie.

Ek gaan so min uit omdat dit baie beslis nie veilig is om hier in die stad rond te loop nie, veral nie vrou alleen nie.

Lekker dag vir almal en geniet die naweek.

Anonymous said...

Ek kan nogal dink "vryheid van spraak" gaan nie toegelaat word as jy oor die kleurgrense aanmerkings maak nie. Dis mos taboe, lyk dit my. Sekere mense is nou untouchable.

EN as ek party comments lees, glo ek jy word gestalk! Troos jou daaraan, hulle dink jy is 'n "piece of orraait"!

Anonymous said...

Hi Wimpie,
Ek het per toeval op jou blog afgekom. Ek het nog nooit ooit van jou gehoor nie. Het so pas my man gevra of hy al ooit van 'n ene Wimpie vd Sandt gehoor het, maar hy het my ook met sulke vis oge aangekyk! Net uit nuuskierigheid....wie of wat doen jy vir 'n lewe?

Anonymous said...

Hallo daar!
Daar is `n spreekwoord wat die volgende waarheid verkondig:
"Aanvaar die mense soos hulle is en nie soos hulle moet wees nie!"
Ek luister elke more na jou en nog nie eenkeer was daar iets fout met jou veroordeling nie,
Groete,
Wim Willemstijn.

Anonymous said...

Hallo daar!
Daar is `n spreekwoord wat die volgende waarheid verkondig:
"Aanvaar die mense soos hulle is en nie soos hulle moet wees nie!"
Ek luister elke more na jou en nog nie eenkeer was daar iets fout met jou veroordeling nie,
Groete,
Wim Willemstijn.