Wednesday, November 7, 2007

Retrospek is 'n groot woord!

Retrospek is 'n wonderlike ding wat altyd met groot wysheid en heeltemal te laat gepaart gaan...

Hoekom se ek dit vanoggend, ek weet nie, ek weet net een ding en dit is dat ek dink retrospek is 'n woordjie wat ons nog baie, en goed gaan leer ken.... Toema, Wimpie is weer op 'n mission vanoggend en hyself sal eers so deur die loop van die dag uitvind hoekom!

Die minister van Sport, Makhenkesi Stofile, het ‘n dramatiese ommekeer gemaak en aangekondig dat raskwotas nie langer gebruik gaan word in Suid-Afrikaanse sport nie. Stofile, wat tot nou ‘n stoere ondersteuner van die stelsel was, het die aankondiging gisteraand in Pretoria gedoen. Hy sê bronne moet nou aangewend word om talent te ontwikkel. News Now berig dat die minister sê kwotas is slegs gebruik as vensterversiering vir internasionale vertoon. Hy sê die regering wil almal die kans bied om gekies te word. Kan dit waar wees!?


Ek het gister WEER een van daai dae gehad, jy weet, daai dae waar jy wens jy was twee mense dan kan jy by die helfte van die goed uitkom waar jy wil...
Ek het darem kans gehad om by Computicket en by Supersportpark uit te kom. Die goeie nuus is dat besprekings nou amptelik oop is vir die groot Steve en Anton show, as jy by Computicket kom vra net vir kaartjies vir die groot Brugbou konsert met die twee manne.
Hier is 'n foto van die stadion waar alles gaan plaasvind, daar word van Vrydag af 'n vyfdag kriekettoets tussen ons en die Black Caps op dieselfde veld gespeel en ek is genooi om te gaan kyk....nogals in die presidentslosie, ek mag dalk net gaan!

Anyway, more vertel ek jou bietjie meer van die groot DVD wat op 1 Maart 2008 deur EMI verfilm word by die show, sal jou vertel hoe werk alles en vann al die werk wat daar gedoen word voor so iets 'n werklikheid kan word....ek spring al amper uit my vel uit!

Ja en dan staan tyd nie stil vir niemand nie, as jy wil weet hoe gou gaan tyd verby, kyk net hoe vinnig vlieg daai vyf minute in die oggend as jy jou alarm snooze, nou net so vinnig vlieg die ure, dae, weke, maande, jare en helaas ook dekades.
Ek wens net ek het op 'n jonger ouderdom die geheim geken....
Hoekom se ek dit....wel ek stap vanoggend by die werk in en hierdie is die eerste ding wat my groet op die kennisgewing bord, dis nog 'n hele week weg, vandag actually, maar dis asof die hele wereld sit en wag vir die GROOT gebeurtenis.... wel raai wat ek is okay daarmee, ek dink dit gaan 'n wonderlike tyd in my lewe wees en as dit nie is nie.... wel dan doen mens maar wat jy elke ander dag van jou lewe doen, jy deel daarmee! Ek is besig om daarmee te deel so gun my maar my laaste week!

Die Mechanic Bar

Verveeld of vervelig, dis die vraag waarmee die ouens van die Mechanic Bar vandag mee worstel.

Bettie het die hele debat onwetend begin toe sy so ewe in die kroeg met groot fanfare verkondig: “Ek is vervelig”.

Clever Trevor kyk haar so uit die hoogte aan en se: “Juis”

Bettie verstaan nie mooi wat hy bedoel nie en Trev weet dit, maar hy se maar niks, lag net in sy mou.

Bettie is verveeld met haar lewe want niemand kyk meer deesdae juis na haar boobs nie, en sy sukkel om ‘n kerel te kry, die ouens is bietjie bang vir haar vandat sy haar blonde hare bruin gemaak het, sy lyk so bietjie soos Joan of Arc uit die middeleeue, dis nou Joan of Arc……maar met groter boobs!

Dit het natuurlik nie vir ou Ruds afgeskrik nie, hy is nog al die tyd besig om haar te probeer beindruk op die enigste manier hoe hy weet…. en dis met musiek, elke keer as hy Beautiful van James Blunt of Hemel op Tafelberg van Kurt Darren speel, dan kyk hy betekenisvol in haar rigting en glimlag liggies…..Bettie wonder eintlik net wat met ou Ruds aangaan!

Die Griekse konneksie staan nog sterk in die Mechanic Bar en ou Nick the Greek kuier al hoe meer saam met die manne, die manne wonder op hulle beurt of ou Nick dan nie ander pelle het nie, maar hulle verdra maar die uitlander omdat hy, soos dit ‘n regte griek betaam, weet hoe om russians die regte manier voor te berei.

Jack was amper weer geban oor sy sussie want die ouens het iets nuuts van haar uitgevind, sy is nog steeds baie mooi, maar hulle het regtig nie gedink sy al al so oud nie, maggies sy ken musiek van die 80’s wat haar eintlik so half bejaard maak, bejaard as jy in ag neem sy ken George Michael en kan onthou toe Queen een keer by Sun City was! Dit alles in ag geneem het die ouens besluit om ou Jack maar te laat begaan, hy kan immers nie help vir wanneer sy sussie gebore is nie…. Die ouens het ook uitgevind dat Jack nog 'n boetie ook het....sy naam is twee, het die boere besluit want geen mens kan een genoem word nie, al spel jy dit ook met 'n I en 'n A...die bleekbene is darem interessante wesens dink ou Barend, sy naam moes seker self 140 gewees het en nie Barend nie, dis nou te se as sy ma hom ook na sy IK vernoem het!

Gordie het intussen getrek in ‘n nuwe huis in wat hy omtrent afgebreek het en weer oorgebou het, die ouens kan nie rerig verstaan hoekom het hy nie net ‘n ander huis gekoop van die begin af nie.

Sagmoedige Neelsie is weer vrouloos en dit vang die ou bietjie, hy kan nie verstaan wat hy regtig verkeerd doen nie…..dis nou behalwe dat hy elke dag saam sy pelle kuier en laat by die huis kom nie, hy kan nie verstaan dat die ander ouens dan daarmee wegkom nie…..miskien het dit iets te doen met die feit dat die ander ouens klaar vrouens het en hy nog een moet kry….. hy begin die ander opsie nou ernstig oorweeg en kry so ‘n glimlag op die gesig as hy vir die man in die hoek kyk.

So van die Man in die hoek gepraat, hy is vir ‘n verandering besig om bietjie te werk en kuier gevolglik maar min by die Mechanic Bar deesdae. Dit maak nog steeds nie vir hom sin dat mens vir jou geld moet werk nie in die ou dae was dit baie makliker…. Maar in die ou dae het ‘n ou daai blink klippies ook baie makliker in die hande gekry!

Gister was die een dag in die jaar wanneer die mense die honde kan pla wat hulle die ander 364 dae van die jaar elke aand uit die slaap hou met hulle geblaf en getjankery.

Ou Barend het ‘n sagte lekkie vir honde en het belowe om die eerste ou wat hy sien met ‘n cracker in sy hand…. te wys waar skyn die son nie eintlik nie!

Clever Trevor is een van die ouens wat dink die honde verdien alles wat hulle kry op die 5e November, sy buurman het so ‘n lelike Jack Russel hond wat hom baie aan Robert Mugabe herinner….. Trev het so duisend rand se crackers gekoop spesiaal vir Mugabe en hy het de laaste een geskiet, by die buurman se muur!

“Hey Barend het jy gehoor die ontvanger het die boere wat Viagra gebruik bietjie belasting verligting gegee?” se Trev.

“Hoe dan so” wil ou Barend weet.

“Hy se hulle kan dit maar aftrek van belasting” se Trev…..”dis glo deel van hulle pomptoerusting” grinnik Trev.

“Genuine” vra Bettie.

“Juis” se Trev!

En vroue kyk gemiddeld elke dertig minute in die spieël, met mans wat nie ver agter is nie. Die bevindings is gemaak in ‘n aanlyn-opname onder twee duisend mense wat die skoonheidsmaatskappy Transformulas in Brittanje gedoen het. Die opname toon dat vroue 34 keer in die spieël loer tydens ‘n gemiddelde wakker-dag van 16 uur. Mans kyk gemiddeld 27 keer na hulleself. Mense van 27 jaar is die meeste behep met hulle voorkoms, terwyl oor-sestigs gemiddeld net vyf keer per dag kyk of alles nog reg is. Wat is jou telling hoeveel keer 'n dag kyk jy in die spieel!

Lekker dag!
Kry julle kaartjies want ek wil saam julle party op 1 Maart!
Wimpie

5 comments:

Blou Bul said...

Goeie more

Ja om terug tekyk in mens se lewe is belangrik en mens kan baie daaruit leer en ook baie genot daaruit put veral as mens al die orgasms weer kan beleef.

Wimpie fourties is great en ja dan is mens geneig om lekker stout te raak en dis dieselfde as twintig..Jy moet bietjie Feetjieland se blog inskrywing lees van gister, gee haar asb mooi raad.Sterkte vir jou feetjie.

Dame met 'n wil! said...

Wimpie jou comment op feetjie se blog is great. die brein, my hart bloei vir hierdie feetjie, sy is nog so jonk, sy kan iets met haar lewe doen, ek is al klaar te oud vir enige veranderings, my kinders is maar die rede hoekom ek myself in 'n goor huwelik bevind, ek sien nie kans om hulle weer te ontwrig nie, nie nou nie, dalk oor 'n jaar of twee kan ek ook my move maak, en die keer move ek PE, die keer sal ek na my hart en nie na my pa luister nie!!!! Die van julle wat my blog lees sal weet waaroor my bohaai gaan.

Vanoggend met die beste wil in die wèreld kom werk, was skaars hier toe hoor ons nee ons MOET die stoor nogal in die basement gaan skoon maak en reg pak, my wit toppie is swart en bruin. Ek is nou so te duiwel in vir hierdie klomp. Dit stink so daar onder, ek is skoon naar!!

Lekker dag vir almal, en FEETJIE baie sterkte, NET JY KAN IETS OMTRENT JOU SITUASIE DOEN, JY KAN JY MAG, JY IS MOOI EN JY IS NOG JONK.

Doen dit wat vir jou reg voel, wat jou hart vir jou sè om te doen, te hel met die res.

Anonymous said...

Ai ou Sharky nou het jy my in trane, nee kind jy is nie te oud om 'n goeie en regte move te maak nie!!

Feetjie ek ken jou nie, sal later jou blog besoek, maar sterkte vir jou ook kind.

Sharky magtig kind kom sit hier by my. Daai stoor in die basement is 'n vrot aaklige vuil grillerige plek, ek sit nie my voete in daai basement nie.

Feetjieland said...

Dink net hoe lekker sou dit wees as ons almal wat hier comment, so ook die res van die bloggers, almal bymekaar kon kom die 1ste Mrt! Ons sou partikuleer, ek weet ek vir een sal nie veel slaap inkry nie en lekker babelaas wees die volgende oggend.

Feetjieland said...

Ai julle...baie dankie vir julle almal se raad en bystand. Julle is great. Elkeen van julle het 'n spesiale plekkie in my hart..!
En Sharks-maatjie, moenie laf wees nie, jy is g'n oud, in die fleur van jou lewe, jou kinders is een van die dae uit die huis...en dan??
JY VERDIEN DIT OM GELUKKIG TE WEES!