Tuesday, November 6, 2007

Oprah se tjankery en die val van die mure!

Aanvanklik toe ek lees van Oprah se getjank vir 'n halfuur aaneen oor haar skool en haar skool se personeel se kak wat hulle aanvang het ek haar jammer gekry en gedink dis jammer dat sy , as 'n internasionale weldoener, nie die realiteite van Suid-Afrika verstaan nie, en ek is seker sy is verkeerd geadviseer deur haar raadgewers.

Die televisie-persoonlikheid Oprah Winfrey sê klagtes van mishandeling by haar meisieskool in Johannesburg is een van die verskriklikste ervarings van haar lewe. Die 27-jarige Virginia Mokgobo word aangekla van aanranding, onsedelike aanranding en aanhitsing van minderjarige meisies om onsedelike dade te pleeg. Sy is vandag vrygelaat op borgtog. Die klagstaat verwys ook na ‘n 23-jarige vrou as een van die beweerde slagoffers. Winfrey erken dat die keuringsproses vir werknemers by die skool onvoldoende is en sê dit sal hersien word.
Ek is seker sy is mooi vertel van regstellende aksie en presies watter mense om aan te stel in watter posissies, in die proses is honderde duisende rande spandeer om sekuriteit op te rig om verkragters en dies meer op te rig om verkragters, rowers en skelms buite die mure van die spog rassistiese skool te hou...
Rassistiese skool sien ek jou mompel.... luister hierdie video clip toe Oprah gevra is hoekom daar nie wit kinders in haar skool is nie:



En daarmee is my simpatie met die huilende Oprah ook in sy maai in... Regstellende aksie, mense wat aangestel word bloot op velkleur en al die gevare wat daarmee saamgaan wanneer gekwalifiseerde mense nie eers die geleentheid kry om vir 'n pos aansoek te doen nie want hulle is wit, is 'n werklikheid en die uiteinde van hierdie idiotiese manier van dienge doen is goed soos hierdie gebeure by Oprah se "spogskool". HEY OPRAH, WELKOM IN DIE REGTE NUWE SUID-AFRIKA, JY HUIL NOU MAAR EERS 'N HALFUUR, ONS HUIL AL MEER AS 'N DEKADE!! WELCOME TO THE REAL WORLD!

Op 'n persoonlike noot, goeie nuus die besprekings vir die Steve Hofmeyr en Anton Goosen konsert is oop van Donderdag af by Computicket, so jy kan jou kaartjies gaan kry by enige Computicket. Die show is op 1 Maart by Supersportpak in Centurion, kaartjie is vanaf R180 en die vertoning begin reeds om 13H00 met meer as 20 van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat saamspan om te kom help om die muur is die Afrikaanse musiek bedryf vir eens en vir altyd af te breek...
Daar gaan geen seremoniemeester of niks op die verhoog wees nie, dit gaan 'n audiovisuele vertoning wees soos nog nooit in Suid-Afrika gesien is nie.
Van die kunstenaars wat gaan optree is Arno Jordaan, Nadine, Hugo, Beeskraal, Jacques de Coning, Joe F, Stefan Ludik, Karlien Husselman, Louis Fivaz, Rudi Muller, Andries Botha, die Straatlig Kinders, Gerhard Steyn en nog vele meer, jy wil nie hierdie show misloop nie.
Die choreografie van die vertoning word behartig deur Steve se vrou, Natasha, wat ook verantwoordelik was vir Laaities en Ladies.
Daar was nog nooit en daar sal ook nooit weer 'n Afrikaanse show wees soos hierdie nie, ek vertel more meer van die muus op die verhoog wat letterlik deur Anton en Steve afgebreek word en van die liedjie wat spesiaal vir die geleentheid deur Steve emn Anton geskryf word wat vir die eerste keer ooit op 1 Maart gehoor word, ek veertel jou ook more van Steve en Anton se deelk van die konsert waar liedjies soos Pampoen, pampoenne oppie dak, Harlekyn en die Bloubul alles saam opgevoer word, en dan natuurlik van Steve se eerste show in meer as 10 jaar met 'n lewendige orkes....
Raak jy al lus, ek kan nie wag nie!

More vertel ek meer!
wimpie

PS: Wimpie van der Sandt Produksies is dringend op soek na twee girls vir poste wat soos in dadelik gevul moet word, (ernstig) een is die pos vir persoonlike assistent, jy moet 'n motor he, bereid wees om snaakse ure te werk, presentable wees en met kunstenaars kan werk.
Die ander is 'n administratiewe pos wat administratiewe werk en kontrakte behels sowel as bietjie boekhou en so aan! Kontak die uwe.

5 comments:

Dame met 'n wil! said...

Goeiemôre almal.


Klink na 'n heerlike konsert, ek dink ek beter my kaartjie gaan boek!! Ekke like baie van Louis Fivaz se musiek.

Anonymous said...

More Wimpie,
Ai, ek was 'n groot Oprah fan gewees. Dis nogal teleurstellend om haar so te hoor praat. Miskien goed dat sy die realiteit van Afrika begin ervaar. En dan op haar kniegies gaan en dankie se dat haar voorvaders as slawe Amerika toe gevat is. Anders was sy dalk ook een van die ousies wat 10 kindertjies aan die lewe probeer hou deur tamaties langs die pad te verkoop.

Anonymous said...

Ek het het ook gisteraand gedurende die nuus die indruk gekry dat sy miskien spyt is oor die voorval, maar nou nog propeer 'skep' daaruit. Sy kon mos sommer skriftelik 'n persverklaring uitgereik het.

Uit die video wat jy ophet, lyk dit vir my sy is 'n rassis, want vir haar beteken "every child" klaarblyklik "every black child".

Anonymous said...

Kyk ou mater hierdie konsert klink alte lekker. Sharky ekke sal saam jou gaan hoor!!

Feetjieland said...

Die konsert is 'n nie-mis!! Baie teleurgesteld in Oprah..
Wens ek kon aansoek doen vir die poste...juis besluit om werk te soek, lang storie..gee sommer alles hier op en doen in elk geval aansoek vir die pos!