Die goue reel vir my is , jy kuier nie in die week nie, en jy sorg dat jy nie later as 10 uur in die aand in die bed is nie.... elke enkele reel oortref en oortree ek van in een aand, gistermiddag so teen 18h00 bel Firkin in Boksburg my, die gesprek verloop min of meer so:
"Hi Wimpie Andries hier, jy het nie vergeet van die karaoke kompetisie vanaand wat jy judge nie ne?"
"MM nee natuurlik nie Andries uhm sorry hoe laat begin dit nou weer?"
"Ek is oppad, se vir Wimpie van Klipdrift hy moet hulle solank laat oefen songs sing ek is oppad, sit net vas op die snelweg" Skiet 'n noodgebedjie op om my te vergewe vir die blatante liegstorie wat ek so vinnig uitdink!

Nicky van den Bergh, jy is 'n poephol! Se wie, se ek, jou opmerkings oor Kobus verwys en natuurlik ook jou onderhoud op Gliteratti nou die aand op Kyknet, ek is seker as Nicky op 'n riempiesbank gaan sit verbeel hy hom die son skyn blokkies!
Daar is nou natuurlik mense wat hierdie lees en dink ek is 'n goeie een om te praat, nou ja mag ek dan maar op rekord gaan en se ek sal in my lewe nie so arrogant wees nie al verkoop ek meer CD's as kobus en Elvis saam! Maar dis ou Nicky se probleem en ek gaan nie gal braak daaroor nie, each to himself!
Jacob Zuma se hofsaak is besig om 'n yslike tameletjie vir die ANC te word, het jy nou al gedink as hy in 'n hof onskuldig bevind word watse reg tot appel gaan sy minister van finansies, Shabir Shaik nie he om sy tronkstraf ongeldig te laat verklaar agv so "algemene korrupte verhouding" met Jacob Zuma nie?
Ek vra net, ontwoord my as jy kan!
Die Demokraat Hillary Clinton het New Hampshire se benoemingsverkiesing gewen, met haar vernaamste teenstander, Barack Obama, in die tweede plek. Vroeër het John McCain die Republikeinse stemming gewen met ‘n beduidende voorsprong. Waarnemers sê daar was ‘n rekord-opkoms met sowat ‘n half miljoen mense wat gestem het. Kandidate probeer stukrag opbou voor meer as twintig state verkiesings hou op 5 Februarie, bekend as Super-Dinsdag. Obama het Clinton geluk gewens met ‘n taai oorwinning en gesê sy het ‘n groot taak verrig. Hy het voor die verkiesing ‘n voorsprong van 13 persent in meningsopnames gehad na sy indrukwekkende oorwinning in Iowa.
Die rede hoekom ek die storie noem is 'n interessante een, George Bush sr, twee termyne, Bill Clinton, twee termyne, George W Bush en Hillary CVlinton in die withuis, moontlik ook vir twee termyne sal beteken dat Amerikaanse politieke mag in die withuis oor 'n tydperk van 32 jaar in die hande van twee families was, nou hoe gesond kan dit nie wees nie! Dink daaroor!
Heyneke Meyer en Peter de Villiers loop kop aan kop in die wedloop om die Springbokafrigterspos, en een van hulle het net ‘n enkele stem meer van die onderhoudskomitee gekry as die ander. Dié naam sal vandag aan SA Rugby se Presidentsraad voorgelê word. Die Burger berig dat die raad vanoggend vergader om die keuse te bekragtig. Saru se president, Oregan Hoskins, het ‘n nuuskonferensie vir vanmiddag belê om Jake White se opvolger aan te kondig. Meyer het die steun van die land se voorste rugbyspelers, maar dit beteken nie noodwendig hy gaan die pos kry nie. Ek sidder diep in my binneste terwyl ek, soos jy, in spanning wag!
Later
Wimpie
2 comments:
WiMpIe ja jy die ouderdom is nie vir sissies nie.
Jong hierdie pragtige land van ons is so vinnig besig om 'n Zim te word, dit is al scarry! Lyk jy as jy vandag iewers wil kom in SA - ZIM (ZIM SA) moet jy oor steel, banke beroof, mense vermoor, verkrag, geld verduister - dan word jy sommer die volgende minister van FINANSIES om nog meer te pocket.
Drink maar jou hoofpynpilletjies dalk voel jy net nou wiele.
Moenie worry nie, ek maak elke werksoggend my eie toebroodjies, toe ek Maandagoggend wil ry kom ek agter ek het niks om te eet die dag by die werk nie!
Post a Comment