Ek blog op Sondagaand want my seuntjie het more, dis nou Maandag sy eerste skooldag en hy slaap vanaand by sy pa, hy is baie opgewonde en sy pa is baie senuweeagtig, go figure!
Dis eintlik 'n weird storie want dit voel so of jy jou kind aan die wereld afstaan, veral as hy soos met Wian, in 'n ander dorp skoolgaan, sy skool is in Bedfordview.
Ek is maar iemand met 'n klein hart so ek weet al dit gaan 'n tranedal wees.
Ek blog weer more, dan vertel ek jou verder van Steve en Anton, ons kyk bietjie na Selebi en ek gaan probeer om die Steve en Anton advertensie te plaas, uhm, ja die TV ad, as ek dit regkry.
Dink aan my, teen die tyd dat jy die lees het die trane hopelik al opgedroog!
Later
Wimpie
Sunday, January 13, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Teen hierdie tyd los jy hom seker al daar, maar sterkte, jy het dit waarskynlik nodiger as hy! Memories as made of this!
Wimpie, vergeet ek om te sĂȘ, dis vandag my oudste dogter se eerste dag van WERK! Ek dink ek is meer op my senuwees as sy, of jy!
Ai ou Wimpie dit is nie lekker nie, hoop maar jou trane is teen hierdie tyd al droog. Sterkte.
Goeie more
Sterkte maar het so ou toppie nog sulke klein kinders?(lol)Ja try daardie TV ad.
Post a Comment