
Dit vat my gewoonlik nie baie lank om opgewonde te raak oor dinge nie en as ek eers opgewonde raak is ek soos 'n seuntjie, so is dit letterlik met alles in my lewe, ek wonder of daai klein seuntjie ooit gaan plek maak vir 'n grootmens!
Hoe dit ookal is, ek begin nou opgewonde raak oor die Anton en Steve show op 1 Maart, die TV veldtog het gisteraand in volle swang op kyk-net begin en ek voel 'n opgewondenheid aan seker maar omdat my onderhoude met al die kunstenaars wat vandag ook op my breakfast show beginne.
As jy nog nie kaartjies het nie, ek sal jou graag wil sien op 1 Maart so kom se gerus hallo!
Nog is dit nie die einde van beurtkrag stories nie, weet nie of ek my verbeel nie, maar ek dink ons is bietjie gespaar die afgelope ruk, dink dit het iets met die myne uit te waai!

Tydens die debat het DA-woordvoerder Manie van Wyk die bedanking van Eskom se voorsitter, Vali Moosa, geëis omdat hy die Parlement mislei het. Van Wyk sê die 57-miljoen rand se bonusse wat aan Eskom se topbestuur uitbetaal is, behoort ook aan die Tesourie terug betaal te word.
Die minister van Minerale en Energie, Buyelwa Sonjica, het Suid-Afrikaners om verskoning gevra vir die ontbering weens wat sy noem die ongelukkige gebeure. Sy het daarop gewys dat haar departement reeds in 2003 gewaarsku het dat Suid-Afrika se bykomende vermoë opraak. Die minister sê Kabinetsgoedkeuring is bekom vir voorstelle om te verseker dat Suid-Afrika voldoende kragvoorraad het. Sy sê daar mag ‘n vertraging wees, maar daar was beslis ‘n poging om die kwessie op te los.
Een van die kragbesparingsmaatreëls wat Sonjica voorstel, is ‘n subsidie van 20 persent vir Suid-Afrikaners wat dit kan bekostig om sonkrag-waterverwarmers aan te bring teen ‘n koste van tussen sewe en 20-duisend rand.
Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee op Openbare Ondernemings sê Zimbabwe het vooruit betaal vir elektrisiteit van Eskom. Fatima Chohan het bewerings ontken dat Suid-Afrika sy noordelike buurland se kragverbruik subsideer en sê die komitee het die versekering gekry dat verbruikerstate van Eskom behandel word soos alle verbruikers, wat beteken dat hulle dikwels gebuk gaan onder beurtkrag.

Op 'n persoonlike noot, dit lyk darem vir my of dingetjies in Wimpie-wereld beginne stabiliseer en redelik vinnig na 'n punt toe gaan, ek verwag nie dat die lesers van hierdie blog dit sal weet nie maar ek was die laaste tyd onder geweldige druk en spanning, bly om te sien soos alles gaan dit ook weg en dan gaan die lewe weer aan, mens moet net eenvoudig vasbyt en glo in jouself en dan kan jy enigiets in die lewe oorkom! Wil nie preek nie maar daar is dit dan nou!
Ek gaan slaap sodat ek in die woorde van ons beleerde minister van energie en minerale me. Buyelwa Sonjika kan groei en slimmer raak om te kan verstaan hoe ek die ANC moet bedank vir die leierskapsrol wat die party geneem het in die huidige energiekrises! Hehehehe!
Later
Wimpie
6 comments:
Wimpie die ministers van ons is in my oe 'n lot skape, want ek verneder nie 'n aap!! Hulle gaan hulle self vas lieg oor die krag probleem, en weet jy op die einde is dit nog die NP van ouds se skuld!
Die ergste is dat hulle nie omgee om uitgevang te word, dit lyk my dis vir hulle 'n soort van 'n status om in die koerante uitgewys te word.
Hi ou vriend, moenie dat ek jou later as 20h00 nog sien rondloop! Vroeg slaap!!
O jaaaa wat gebeur as die krag afgaan met die show(?) of maak ons nie slapende honde wakker wat vroeg gaan le?
Eben ja wat gemaak as die krag daai dag afgaan, oeps!!
Wimpie ek het nog nie kaartjies nie, maar is van plan om sommer baie gou gou vir my kaartjies te kry.
Lekker dag.
As die krag afgaan, gaan die show "un-plugged". Vat maar jou eie kers saam vir n bietjie lig
groete
gerrit
Nadat ek self op my eie blog gewaarsku het mense moet sorg dat hulle ander sleutels het om in die huis te kom as net die garage-remote, gaan ons gisteraand in 'n restaurant eet met net 'n garage-remote en die sleutel van die garage se binnedeur. (Nodeloos om te sê ek was nie die een wat die sleutels gevat het nie!)
Gelukkig het die hek se battery gewerk en ons kon vir 'n halfuur lekker in die donker in die tuin sit en ontspan - ook gelukkig was ons vir die grootste deel van die onderbreking in die restaurant.
Ek dog aktiviste doen dit vir die liefde vir 'n saak, nie vir persoonlike gewin or roem nie?
Ek sien klaar 'n probeem met daardie sonverwarmers teen sulke verskillende pryse, dus gaan jy self moet besluit. Ek sou wou hê Eskom moet die waarborg dra. Of gaan dit net 'n manier wees om die subsidie in BEE-verskaffers se sakker te kry met geen verantwoordelikheid agterna nie?
musiek by kerslig sal mos net lekker wees met 'n sexy girl langs jou sy, mmmmmmm ek is daar, gaan daar darem 'n paar sexy lyfies wees, wat my nou laat dink, kerse, kombers, sexy lyfie, dit kan mos net lekker raak, veral as die krag afgaan, daar gaan dan gevry word, o fok ouers pas julle dogters (vrouens) op Steve gaan ook daar wees .........
Nee UNDERTAKER wie jy ook al is, want ek sien jy los comments op my blog ook, nee kyk as jy met daai idee na hierdie show toe wil gaan, sal al wat vrou is sorg dat sy haar staal pantie aantrek wat met slotte toesluit en die sleutels veilig by die huis in 'n kluis los.
Post a Comment