Friday, February 1, 2008

Sal die laaste ou die ligte afsit!

Aag ja!

Kom ons begin vandag bietjie op 'n snaakse noot, dit is immers naweek!
Wat kry jy as HILLary Clinton die vrou van voormalige president BILL Clinton die Amerikaanse Presidentsverkiesing wen?

Reggeraai! 'n Hillbilly!

Maar dis die Amerikaners se probleem, hier by ons het ons met veel groter probleme te doen, kragonderbrekings en misdaad!

Dis wanneer maatskappye soos Telkom en Eskom toegelaat word om alleen die rolspelers in hulle markte te wees wat hierdie twee maatskappye alleen die Suid-Afrikaanse ekonomie tot 'n val KAN bring en vinnig besig is om dit te doen!

Misdaad, Telkom (Helkom) en Eskom is die drie grootste uitdagings wat ons in die gesig staar, en ongelukkig is die Polisie nie in staat om 'n duik in misdaad te maak nie want ons almal weet die mense wat in posissies aangestel word, was lank genoeg in die son om 'n ordentlike tan te he!

Daar is tegnologie wat die SAP nog nie eers begin gebruik het om misdaad te bekamp nie, ek gaan bietjie 'n besigheidsplan bymekaar sit om jou dorp se veiligheid dramaties te verbeter en om die Polisie tot verantwoording te roep, dis nie so moeilik nie mense, gaan gesels met die ouens in die sekuriteitsbedryf, die ou wat bietjie inisiatief aan die dag gaan le gaan in 'n oogwink skatryk word!

Ek gaan bietjie iets na kyk die naweek skryf weer Maandag daaroor!

Vakbonde het Eskom gekritiseer omdat hy nie sy onderneming gestand doen om 90 persent van mynmaatskappye se kragbehoeftes te voorsien nie. Hulle sê dit kan daartoe lei dat duisende mynwerkers hulle werk verloor. Eskom het Dinsdag gesê 90 persent van myne se elektrisiteitsbehoeftes sal teen die einde van die week aan hulle herstel word. Die myne is egter gister ingelig dat die kragvoorsiener nie sy belofte kan nakom nie weens verdere frekwensie-verval en stelsel-onbestendigheid. Eskom sê sy nywerheidsverbruikers is ingelig dat kragtoevoer tot 90 persent herstel sal word sodra die stelsel weer bestendig is.
Intussen word berig dat die kragkrisis nie die SAL Ope-tennistoernooi sal raak wat die elfde van die maand in Oos-Londen begin nie. Die organiseerders het besluit om gehoor te gee aan die oproep van Eskom en die regering om krag te bespaar en wedstryde sal nie saans gespeel word nie. Kragopwekkers is egter beskikbaar vir beperkte krag indien nodig.

En toema ek het klaar 'n kragopwekker gereel sommer twee vir die grott Steve en Anton show, so dit gaan nie 'n "unplugged" show wees nie!

Sokker: Bafana Bafana het Suid-Afrika in die skande gesteek deur weereens uitgeskakel te word in die eerste ronde van die Afrikabekertoernooi in Ghana. Die span kon gisteraand net gelykop speel teen Senegal, wat beteken dat albei die lande uitgeskakel is. Angola en Tunisië dring deur in groep D, waar Bafana Bafana heel laaste geëindig het. En ons gaan waar eindig in 2010

Shawn Pollack speel vanaand die laaste keer vir Suid-Afrika in Durban waar sy loopbaan begin het, hoop hulle gee hom 'n ordetlike afskeidsgeskenk!

Lekker naweek!
Wimpie

3 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie jy moet jou naweek geniet, en lekker rondrits met jou kar.

Wimpie het jou broer (is mos jou broer) daai winkel met al daai mooi goed by die dam?

Anonymous said...

Hi Wimpie

Jy moet in fantastiese naweek hê. Sal jy of Danie asb vir my laat weet hoe dit met jou pa gaan.

Undertaker dit is mense soos jy wat altyd negatief is wat almal om jou nagatief maak. verander jou naam dan sal jy dalk self bietjie meer positief wees. Moenie op die Steve bandwagon klim nie. Ten minste erken hy, hy het 'n fout gemaak dit maak hom meer van 'n man as sekere mense wat tot vandag toe nie hulle kinders wil erken nie

Anonymous said...

Wimpie,

Ek werk vir die Ekurhuleni Metro in die Elektriese departement vir 12jaar al.

Die krag situasie is ook baie polities. Ons het verskeie areas waar minder "bevoorregte" mense bly wat geheel en al nie betaal vir hulle gebruik van elektrisiteit nie. Wat sal jy doen as jy jou elektrisiteit vir nuut kry, sal jy nie meer gebruik as wat jy nodig het nie, wel dit is wat gebeur ek het persoonlik ondervind hoe van hierdie huishoudings tot 4 verwarmers aan het in winter vanaf vroeg oggend tot laat aand.

Die "steel" van elektrisiteit is ook ñ groot faktor in ons krag krisis,van die konneksies word nie ordentlik gemaak nie en dit veroorsaak ñ "hot connection" hierdie "hot connection" in vergelyking met ñ behoorlike konneksie gebruik amper twee keer meer energie.

Die area van die Metro waarin ek werksaam is het ±35000 verbruikers waarvan ±20-25% elektrisiteit misbruik / vernuut kry / steel.

Waar dit my werklik grief is die politieke sy van die storie, meeste van die huidige regering se stemme is in die gebiede waar krag na hartelus gebruik word.Probeer daaroor kla en jy trek aan die korste end.

Het jy al probeer om een maand nie jou rekening te betaal nie, hoe vinnig word jy nie afgeskakel nie en dan moet jy nog ñ boete betaal voordat jy weer aangeskakel word, terwyl daar mense vrylik krag gebruik sonder enige betaling.

Ek was persoonlike betrokke laas winter by huishoudings kleiner as die gemiddelde huishouding wat se krag verbruik ±30-35% meer is as die gemiddelde die rede elektrisiteit is vir hulle verniet.

Ek vra my self die vraag af hoe gaan jy hierdie persone oorreed om te bespaar?

Dit is my eerlike opinie dat nie net Eskom alleen die blaam moet kry nie maar dat daar baie Metro's ook bydrae tot die krisis wat toelaat dat mense wegkom om krag vernuut te kry ter wille van stemme om aan die beheer te bly.

Die ander probleem wat die Metro's veroorsaak is nie om hul voet neer te sit vir nuwe huis / paleis ontwikkelings. Het julle al gewaar watter masiewe paleise word gebou en wat nog vir die toekoms voorlê. Die mense sal skrik as hulle rerig weet hoe oorlaai sekere netwerke is en dat daar net blindelings toegevoeg word. Buiten die oorlaaide netwerke is daar ook te kort aan personeel om ordentlike instandhoudings werk te verrig. Die Metro's word ingelig deur Eskom dat hulle soveel Mega Watt moet afsit, die Ekurhuleni Metro verdeel hierdie aanvraag deur 9 dit is die 9 areas waarin die Metro verdeel is,met ñ te kort van personeel moet jy ook nou die hele dag rondry om krag aan en af te skakel.Die toerusting wat ook die hele tyd aan en af geskakel word kry ook ñ knou weg omdat dit abnormaal is om so te werk dit verkort die lewensduur van die toerusting.

Solank as wat politiek die Metro's oorheers gaan jy niks bereik nie soos ek reeds genoem het, ek werk al 12jaar vir die Metro en het dat al mooi beleef in hierdie tydperk, so weet ek ook van persone wat al vir hierdie tydperk krag verniet kry, wanneer is genoeg, genoeg, wanneer gaan ons die situasie nie meer aanvaar nie? As jy jou somme mooi maak en almal en ek bedoel almal bring hulle kant is daar genoeg krag vir ons in Suid-Afrika politiek uit geskakel. Ek dink dit is tyd om ons eie Metro in die bek te ruk in plaas daarvan om Eskom alleen die blaam te gee.

Let op geen krag draade gaan deur hierdie meters nie, hierdie is net een van duisende gevalle.