Woensdag.... wel dis darem beter as Maandag, hehehe!
As jy soos ek, 'n 1980's babatjie is sal jy hierdie song onthou, Gino Vanelli se Black Cars, hoekom sit ek hom hier in vandag, ek het geen idee nie, ek's net lus vir bietjie nostalgie vandag!
Rassisme is ongelukkig lewendig en gesond in goeie ou Suid-Afrika!
’n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met eergister se moordtog in die Skierlik-plakkerskamp naby Rustenburg in Noordwes nadat die polisie ‘n reuse-soektog van stapel gestuur het. Vier mense, insluitend ‘n baba van drie maande, is dood en verskeie gewond toe die aanvaller sonder waarskuwing op inwoners losgebrand het. Die verdagte het blykbaar op ‘n nabygeleë plaas geskuil, maar is gevind nadat boere die polisie inligting gegee het. Die man se pa is vroeër in hegtenis geneem op aanklag van nalatigheid omdat sy twee vuurwapens in die aanval gebruik is.
Jy is 'n idiot Johan Nel, watse tipe opvoeding het jy gehad, indien enige, jy behoort aan jou nek te hang tot jy dood is jou BOKS, dink jy, jy gaan 'n hero wees omdat jy 'n baba van drie maande oud doodgeskiet het?! Dis sulke stories wat my bang maak vir my en my kinders se toekoms in die land!
Het pres. Mbeki dadelik opgetree toe hy gehoor het van die beweringe teen Selebi, soos toe hy opgetree het teen Jacob Zuma, ek glo nie, ek vind dit moontlik om te glo dat Mbeki nie geweet het wat aangaan rondom die beweringe oor sy polisiehoof nie, maar nou ja die pres. is so min in die land dit sal my ook nie rerig verbaas nie!
Dit is al vir vandag aangesien ek sommer upset is met hierdie klein 18-jarige snuiter wat dink hy is 'n hero omdat hy 'n baba van 2 maande ou kon doodskiet....ek raak bang vir muy toekoms in hierdie land, erger nog, ek raak bang vir my kinders se toekoms in hierdie land!
Later
Wimpie
Wednesday, January 16, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
8 comments:
Wimpie ek is 'n 80 baby, daai musiek van die 80's rock nog steeds!!
Ek wil my nie veel uitlaat oor hierdie siek nuwe SA nie. Hulle mag ons vermoor en skiet en en en - maar laat ons net terug skiet of eerste skiet - dan het jy nou kak!!
Sorry Wimpie maar wat is Kobie Koen se telefoonnommer asb.
011 823 1771
Wimpie,
Stem nei saam met jou eensydige tirade van vanoggend nie. Hoekom het jy so breedvoerig oor die lug verkondig dat jy vir jou Ierse paspoort aansoek doen as jy dan so gelukkig met die ANC is.. Ek het jou nie so teen die huidige regering hoor aangaan nie.
Jammer Tappet, maar dit vat een om 'n ander een raak te sien.
Ek blameer die huidige regering wat dit baie duidelik stel dat hulle nie die blankes in hierdie land herken of hier wil he nie.
Skierlik is daardie plakkerskamp op die map! Ek weet die mense met eiendom naby plakkerskampe het voer 'n stryd, maar dis laakbaar om sommer onskuldige kinders te gaan doodskiet of vermink.
Wimpie, jy het nie klas of morele standaarde nie. Hoekom sal jy die promotor wees van Steve se show en dit dan onbeskaamd op jou show promote? Dit sal nooit in enige maatskappy of ander radiostasie toegelaat wees nie.
Die enigste verskil tussen jou en Nel is jy LYK DOF.
Anonymous
Jy het geen guts nie is oningelig en 'n Idiot!
Skryf jou naam by jou opmerkings dan sal ek respek vir jou he!
My deal met die radiostasie het net mooi niks met jou uit te waai nie, maar vir jou inligting ORS is 'n mediaborg van die Steve en Anton show en ek BETAAL vir my advertensie, wed jou jy lyk nou bietjie dof nie waar nie!
Post a Comment