Wednesday, February 6, 2008

wanneer mag jy kwaad word!

Platkuif maak 'n goeie punt, ek weet self nie wat is 'n "hit" en hoe word dit getel nie, ek dink ek sal bietjie 'n punt maak om uit te vind presies hoe dit werk en hoe word dit bepaal!
Ek stem daar heers totale verwarring want volgens drie verskillende "stat counters" kry ek ook drie totaal verskillende syfers, dankie in alle geval vir die mooi woorde my facebook maatjie!

Ek ry vanoggend in werk toe en probeer dink aan redes om positief te bly in ons land wat op 'n tyd so mooi was en ek vind dit maar moeilik om te doen!

Laat my verduidelik, terwyl ek by my huis uitry dink ek aan al die moeite wat ek moet doen om in en uit my huis te kom....

Vier deure moet oop en toegesluit word voor ek in die pad is om te kan ry, dis nou behalwe my motor se alarm ens.

Terwyl ek wag om in die grootpad in te draai staan ek verstom en kyk hoe twee motors verby my jaag teen seker goed 140km/u....uhm ja in 'n 60km/u zone! Een van hulle 'n taxi met seker goed 20 insittendes? Ek kan maar net my kop in ongeloof skud.

Die pad werk toe bestaan uit bietjie teer en seker so 17 slaggate en ek bly maar so 2 km van die werk af!, by die radiostasie gekom moet ek my weg baan deur nog drie sekuriteits- en veiligheidsdeure...

By die werk gekom vat ek my koerant en lees van 'n 18-jarige dogter, die room van die Suid-Afrikaanse jeug, verlede jaar matriek geslaag met agt ondersleidings en iemand wat grootgemaak moet word om hierdie land in die toekoms te kan lei, en ek lees hoe 'n slapgat rower, iemand wat besig is met 'n oorlog teen onskuldige wetsgehoorsame burgers van hierdie land, sy rewolwer op haar leegskiet en sy is besig om te veg vir haar lewe in 'n Pretoriase hospitaal....

En dan is daar jou werklikwaar mense wat my verkwalik as ek my Ierse ouma se geboortesertifikaat gaan opsoek in die hoop om my kinders die opsie te gee om eendag hulle goed te vat en te waai! Dan moet dit maar so wees ek gaan nie toekyk hoe my kinders se toekoms vernietig word sonder om eers te probeer iets doen nie!

Ek moet 'n aantekening maak van gister se datum want dit sal die datum wees wat ek in die toekoms kan aangee as die een wat die regering daadwerklik ontken het dat daar 'n probleem met Suyid-Afrika se water is, net soos hulle ontken het dat ons enige kragproble gaan he.....

Dit is ongelukkig hoe ek voel en ek is nie 'n huigelaar wat 'n moordkuil van my hart gaan maak nie! Watse toekoms is daar vir 'n jong wit man in die land..... eerstens kan jy nie werk kry nie want daardie poste is gereserfeer vir ons mede lansburgers, as jy dit dalkies durf waag om jou eie besigheid te begin dan kan jy nie met die staat of enige ander instansie besigheid doen nie want jy is 'n voorheen bevoordeelde! Watse snert is dit, verduidelik vir my waar en wanneer is 'n 20 jarige jongman in Suid-Afrika bevoordeel deur seker die grootste van alle vloekwoorde in ons land "apartheid"?

Ek was een van die mense wat nie kon wag vir die nuwe Suid-Afrika nie, ek is besig om vinnig wakker te skrik uit daai blerrie droom uit!

Wil jy nog weet oor hierdie Banana Republic en hoe vinnig ons oppad is om net nog 'n Zimbabwe te word? Okay dan: Die Chevron-raffinadery in Milnerton, Kaapstad, kan nie weer ten volle in bedryf gestel word nie weens die onbeskikbaarheid van ‘n bestendige kragtoevoer. Die ontwrigting het ‘n ernstige probleem veroorsaak met stralerbrandstof en woordvoerder Phumi Nhlapo sê Chevron sal die Kaapstadse Internasionale Lughawe nog net die volgende sewe dae van brandstof kan voorsien. Hy sê noodplanne word beraam om die probleem op te los wat ontstaan het weens Vrydag se urelange, onbeplande kragonderbreking. Chevron kan van vandag nie vloeibare petroleumgas voorsien nie en moet die verkope van skeepsbrandstof aan skepe opskort.

Jammer vir die kille koue waarheid, glo my ek wil ook eerder vir jou vertel van die bytjies en die blommetjies en my stryd om 'n meisie te kry wat die moeite werd is en so aan~!

More is ons dalk weer lus om die wereld om te keer en te verander.....maar vir vandag....ek dink nie so nie.

Lekker dag!
Wimpie

4 comments:

Dame met 'n wil! said...

ek tag jou gaan maak 'n draai op my blog

Anonymous said...

dit is hartverskeurend van hierdie jong meisie, my hart bloei vir haar en haar ouers

Anonymous said...

die tyd het gekom dat ons wit mense saamstaan,maar ja makliker gese as gedaan.en ja dan is ek seka ook maar n fool maar my passpoort is reg,en as ek geleentheid kry is ek weg.hierdie is net die begin.

Anonymous said...

Hi Neef,

ja, ja ek weet ek het lanklaas gesels en hierdie is net hallo.

En ek lewe nog!my email address is kagbudden@chilled.co.za.

laat asb vir ina en danie jou Ma'le weet my cell is gesteel en ek sal een of ander tyd weer probeer bel.

Baie liefdetjies
SPOOK