Tuesday, February 5, 2008

Persvryheid!


Wat is prtopaganda en wanneer gaan dit te ver, wat is persvryheid en wanneer word dit te ver gevat?

In Suid-Afrika weet ons nie rerig wat paparazi is en wanneer word persone deur hulle gejag nie, ons het ons ou skinderstorietjies en ons kan die skuldiges maar so op drie vingers tel.

In Amerika is dit 'n heel ander storie, so lyk dit as Britney Spears gou Quickshop toe ry vir 'n koeldrank! Dit laat die vraag ontstaan of ons dan rerig celebs het in Suid-Afrika, ek dink darem nie ond kan vergelyk word met die buiteland nie, die verhouding tussen publisiteit wat jy wil he, en die wat jy nie wil he nie, is 'n baie fyn lyn.

Hier in Suid-Afrika bedryf Steve Hofmeyr die grootste Afrikaanse blog op die Internet en hy kry so gemiddeld tussen 3000 en 3500 hits per dag, 'n blog soos myne het al op sy tyd darem so 400 hits per dag gehad! hehehe! nie meer nie, maar darem!
Die hoof skinderkolom skrywer in Amerika is 'n site met die naam www.perezhilton.com hoe groot is dit, wel bereken dit maar vir jouself hy kry so tussen 13 en 15 miljoen hits per dag, nou kan jy begin verstaan hoekom ek se ons het nie rerig 'n probleem hier in Suid-Afrika nie, hoekom praat ek hieroor? Nee niks met Steve uit te waai nie, dit gaan oor die arme Britney Spears, sy is nou uiteindelik in 'n hospitaal sielkundige inrigting opgeneem en haar pa is aangestel as toesighouer oor haar geldsake. Arme vrou, geen mens kan heeltemal "normaal" wees in sulke omstandighede nie, ek wonder hoeveel joernaliste sou iemand soos Steve in Amerika moes wetter! Spare 'n thouyght vir arme Britney!

Die mees bizzare storie vir die dag kom met die vriendelike samewerking van die ANC jeugliga, ook bekend as nie nasionale sportkeurders!
ANC-Jeugliga beplan om ‘n nasionale jeugradiostasie op die been te bring. Die planne is bekend gemaak op die bosberaad van die liga se nasionale uitvoerende komitee wat onlangs in Vanderbijlpark gehou is en waarop die president van die ANC, Jacob Zuma, ‘n toespraak gemaak het. Die liga sê die radiostasie sal jongmense se stemme versterk op die land se ontwikkelingsagenda. Die beweging stem saam met die resolusie op die ANC se konferensie dat die eienaarskap van mediainstellings verbreed moet word sodat ‘n wye reeks ideologiese en politieke seinings gehoor kan word. Great, ek is besonder ten gunste daarvan, miskien kan ek aansoek doen om hulle breakfast show aan te bied, groter scope vir my, maar meer belangrik ek kan nie wag om te sien hoe die jeugliga dit gaan regkry om Ikhasa se reels te manupileer om 'n lisensie te kry nie! Ek kan ook nie wag om te sien hoeveel ander organisasies gaan aansoek doen om lisensies nie, die AWB, die Ossewa Brandwag, Solidariteit, Wimpie van der Sandt? En wie gaan dit kry en wie nie??

Aan die Oosrand het brandweermanne ure lank gespook om brande te blus by verskeie fabrieke in Jetpark. Amptenare is bevrees dat giftige gasse vrygestel is en inwoners van die gebied aangeraai om binne te bly. Dit was egter nie nodig om enigiemand te ontruim nie. Daar word vermoed dat die gebied deur weerlig getref is. Swaar reën het gisteraand ook oorstromings veroorsaak op talle paaie aan die Wesrand en in Johannesburg. Maar ja daar is geen verandering aan die gang met ons weer nie, die intensiteit van storms en weerpatrone het nie toegeneem nie, jy kan nog maar jou motor ry wat gifgasse vrylaat, dit doen nie enigiets nie!

3 comments:

Dame met 'n wil! said...

Ek beter maar gou gou my ouers en susters bel, hulle bly redelik naby Jetpark.

Lekker dag.

Anonymous said...

Hi

Dit is soos jy sê 'n mens is al keelvol vir al die Britney stories en ek voel jammer vir haar. Ons sal jou blok maar meer gereeld moet besoek maar deesdae is dit maar stil hier.

Lekker dag vir jou

Ina

Anonymous said...

wimpie!

hoop dit ga goed.lanklaas gecomment...net 'n vinnige een...ek lees jy skryf SSSB is die grootste met 3500 hits/'n dag.Ek lees Frank van DD kry 300 000/maand (http://daagliksedosis.co.za/blog/) en in die 'Sondag' koerant (nou Sondag) was daar 'n paar ander syfers wat genoem is vir van die afrikaanse blogs...iewers maak al hierdie totals nie sin nie.Dalk sal dit 'n goeie stukkie joernalistiek wees,om so bietjie uit te vind hoe werk 'hits','visits','unique hits','page views' en dies meer.Dit wil soms lyk of mens die konsepte verwar en dan in die proses alles en almal confuse met presies hoeveel traffic 'n blog 'tref'.Dalk kan 'n statshoer soos DaMario help ;-)

anyhow,jou blog lyk goed en lees lekker-soos altyd!
platkuif