Zimbabwe.... 2008.... Potensieel dieselfde ding wag!
Wat doen die Suid-Afrikaanse regering daaraan.... niks! Wat se ons president.... die situasie is onder beheer, wat is die realiteite van die saak?? Sogenaamde oorlogsveterane word in die Zimbabwese regering se busse aangery om mense te intimideer en die laaste wit boere van hulle plase af te verwyder, die verkiesingsuitslae is nege dae later nog nie bekend gemaak nie, hoekom nie dis algemeen bekend dat Mugabe die verkiesing verloor het en volgens berigte die ZEC opdrag gegee het om te verklaar dat die grootste diktator sedert Idi Amin, die verkiesing gewen het.... Die MDC vra vandag dat die Hooggeregshof in Zimbabwe die ZEC dwing om die uitslae bekend te maak, die Zimbabwese weermag en polisie dreig hulle sal geen ander uitslag van die verkiesing aanvaar as 'n Mugabe oorwinning nie...

Wat se ons president daaroor... "Daar is nog geen rede tot kommer oor die situasie in Zimbabwe nie". Nou wanneer de f@k is daar rede tot kommer mnr. Mbeki??
Die Britse premier, Gordon Brown, het privaat beraadslaag met president Thabo Mbeki oor die krisis in Zimbabwe. Die BBC berig dat Brown langer as twee uur probeer het om Mbeki te oorreed om sy invloed te gebruik om die toestand te beëindig. ‘n Regeringswoordvoerder sê die private ontmoeting het in diepte-besprekings oor die kwessie behels. Die regerende Zanu-PF het Zimbabwe se verkiesingskommissie intussen gevra om die uitslag van die presidentsverkiesing verder te vertraag om foute en verkeerde berekenings na te gaan.
In ‘n ander verwikkeling het ‘n regter van Zimbabwe se Hoërhof gesê hy sal vandag uitspraak gee oor ‘n aansoek van die opposisieparty MDC wat eis dat die uitslag onmiddellik bekend gemaak word. Die party wil hê die hof moet die verkiesingskommissie dwing om die uitslag onmiddellik vry te stel.
In Suid-Afrika het die Demokratiese Alliansie Mbeki gevra om dit dringend te oorweeg om te versoek dat die Afrika-Unie se Vredes- en Sekerheidsraad ingryp met die ontplooiing van monitors of ‘n vredesmag in Zimbabwe. Die DA se woordvoerder oor Buitelandse Sake, Tony Leon, sê die oproep is gemaak weens die onheilspellende tekens van ‘n beduidende aanslag teen opposisie-ondersteuners.
Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, sê in haar reaksie dit is duidelik dat Mugabe nie die wens van die mense respekteer nie. Die OD is baie agterdogtig oor die vertraging met die bekendmaking van die uitslag. De Lille het ‘n beroep gedoen op leiers in die AU en die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap om dringend met Mugabe te praat en daarop aan te dring dat hy demokrasie toelaat om sy koers te neem.
Net 'n observasie en iets wat my oor die naweek geirriteer het, op 'n naweek wat ek seer sekerlik in die annale sal aanteken as een wat rerig getel het! Wat kan ek se sonder om te veel te se??
Wanneer jy ek is, dan is dit nogal moeilik om jou mond te hou en kalm en nugter oor sake van die hart te praat, ek is per slot van sake 'n skerpioen en hoewel ons oor die algemeen doodgoeie mense is, loop die mond maar te lekker oor wat die hart van vol is... Kom ons maar net se dat die hart baie impressed is met wat hy tans beleef en dis dit.... donner ek gaan niks verder se nie, ek hoop jy weet wat ek probeer se...


Sondagoggend soos dit 'n ware gentleman betaam is ek vroeg uit die vere kry myself reg vir die visvangekspedisie, sy kom eventueel 'n uur laat daar aan, ons gaan vang vis, die wil nie byt nie, nog 'n awesome ete volg by Carnival City, ek sit net verstom en luister en remind myself kort-kort om my mond toe te maak en nie daai simpel uitdrukking in my oe te kry nie, ek luister na Dicky Loader wat stunning vir ons sing, ek is verlief en verlore ry huis toe en probeer hierdie gemors uitfigure...
Ek kan nie meer nie korporaal, dit was Awesome en dankie...
Jy is wonderlik, een van die beste mense wat ek in my lewe leer ken het, jy verdien baie beter as ek of wat jy gehad het, wou net he jy moes weet hoe ek voel want face to face kom dit simpel uit as ek jou probeer vertel!!
Ai ek is klaar!
Wimpie
12 comments:
jy is snaaks as jy wil, ek breek my vir jou skryfstyl, dankie vir die laggie vand, hoop sy weet wat SY in JOU het...lol!
Hey
Hoop dit gaan nog goed in jou wereld?
Gister met jou boetie gesels by die skou, ek het gedink dis jy, dis scary hoe baie hy na jou lyk. Geniet jou week!
DM
Ek luister elke oggend na jou show, ek dinkjy moet die politieke arena betree, hou van mense wat nie bang is om hulle se te se nie! Die wereld in 15 minute ROCK.
Dankie jy
Robyn
Bevestiging van my comment van laas week, ha ha ha
Hi Wimpie
Im one of your biggest fans, try never to mis your radioshow. A friend told me you have a blog so I started reading what you have to say, just a thought, how about blogging in English and Afrikaans. Love your blog as well, nice to see you being honest on your blog, as on air!
You go boy!
Taryn
praat Janine al met jou?
Ek ken daai gevoel wat jy so raak beskryf vandag, dis lekker ne!
Wimpie
En ek dog ek is die vrou in jou arms vanaand, aaag nee man, sy like jou tien teen een nie eers nie, jy raak mos altyd op hol oor niks.
TMeyer
Ja nee, hy raak alweer halsoorkop verlief op die eerste en beste girl en dan wil sy hom eintlik maar net date om iemand te date.
So wie is sy Wimpie?
Dink nie jy wil se nie want ek dink dit lyk soos net jy wat verlief is hier. LOL!
Jy sal NOOIT gelukkig wees solank EK daarvoor kan help nie.
Hey anonymous
jou slapgat, los die man uit is jy een van sy siek jaloerse ek's girls wat gedink het jy date 'n celeb?
Skryf jou naam by jou comments of hou op kak oor mense uitspreek jou siek verskoning vir 'n mens!
Tania Davel
Well done Tania,lyk my hier is n paar rug raat lose mense wat daarvan hou om sonder hul name te skryf. . . . . . . Wimpie,waneer is jy op Roer?laat weet asb! Andre
Ek salueer jou!
Dink jy onderskat watse lekker naweek ek gehad het! Jy het weer normaliteit in my lewe gebring, en ek besef nou hoeveel ek gemis het in my lewe. Die beste wat ek kan doen is om vir jou dankie te se, uit my hart, en hoop dat jy sal weet ek waardeer dit so baie!
Hoop jou daggie more is beter en dankie dat jy die woef se lewe gespaar het!
Kyk mooi na jouself!
Post a Comment