Friday, April 4, 2008

Cleavages en die naweek...

Cleavage dag vandag, ek weet nie of jy dit weet nie, maar dit is.... so haal uit en wys!

Hier op my persoonlike tuisfront is alles klop disselboom, ek is baie opgewonde oor die naweek wat voorle, lanklaas so uitgesien na 'n naweek, die hele ding is vooruitbeplan....lekker! Net 'n oop spasie Saterdagmiddag, sal maar moet bietjie rugby inpas, ongelukkig speel die beste span in die Super 14, uhm nee snaaksie nie die Bulle nie... die Stormers speel nie die naweek nie, ons sal maar tevrede moet wees met spel van 'n swak gehalte van die ander spanne.....hehehehe!

Ek en my voormalige skoonfamilie kom baie goed oor die weg, van my eks-skoonma'le tot my eks-vrou, ek nie verstaan hoekom almal nie so kan wees nie, as iets nie tussen jou en iemand anders uitgewerk het nie beteken dit nie jy moet hulle loop en sleg maak nie, dit het net nie uitgewerk nie, nou anyway ek en my eks kom vandag baie goed oor die weg soveel so dat mense nie kan verstaan dat ons nog vriende is nie... wel dit is maar dit, en nie die storie wat ek wou vertel nie.

Sy stuur my gister hierdie foto van my seuntjie wat gisteroggend in die bad aan die slaap geraak het voor skool ek het gedink dis nogals cool.... shame man hy staan vroeg op die skool is in Bedfordview en hy is in Springs. Gister het ek sy eerste rapport gekry, hehehe! pa se kind, hy skitter in Engels, is voor op die wa, nou die dag moes hulle iets demonstreer in die klas, ander kinders wys hoe maak mens skoene vas en trek jy boeke oor, nie my kind nie, hy wys hoe om jou hare reg te gel in die oggend....hehehe!

Gaan 'n awesome naweek wees ek kan nie wag nie, dankie vir gister se comments, Riaan en die res van die bespiegelaars.... ek helaas het.... geen kommentaar nie!

'n Opvolgverkiesing in Zim?? Komaan Mugabe doen die eerbare ding en tree af, okay ek het seker meer kans om Christina Storm se boobs in lewende lywe op cleavage dag te sien as wat dit het om te gebeur... Mens kan mos maar hoop kan jy nie....

Dag 7 wat my dogter nie met my praat nie, Ek hoop nie elke Janine in die wereld is so hardegat soos my dogter nie! Ek sal maar wag tot Maandag dan vat ek haar vir Breakfast as sy my nog nie teen dan gebel het nie...

Cleavage dag, kan nie dit sommer net so laat verbygaan sonder bietjie eye candy vir die manne nie:










En natuurlik kan ons nie van die girls vergeet nie!



Dit gaan 'n awesome naweek wees ek kan nie wag nie, ek hoop jy is reg daarvoor, dans, fliek en visvang, hehehehe!!!

Baaaai

Wimpie

12 comments:

Anonymous said...

jou seuntjie is so cute!

Anonymous said...

So vertel ons van der Sandt, hoeveel girls se cleavages het jy vandag gesien??

Anonymous said...

Jou show is die laaste twee dae witwarm, dis hoe jou fans jou like, ek dink ook daar is iets aan die gang met jou, wat dit ookal is, ek hoop dit werk die keer!
Groete

Tina (Toyota)

Anonymous said...

Wimpels

Jy is vandag op jou stukke!

Riaan

Anonymous said...

O ja, jy het nog nie my vraag geantwoord nie!

Riaan

Anonymous said...

Wimpie, die storie van die demo's in die klas laat my dink aan die kinders wat iets moes klas toe brink wat vir hulle mooi is, en Sannie het 'n klein katjie, en Juffrou sê: Oe dis mooi. En Jannie het 'n klein hondjie, en juffrou sê: Oe, dis mooi.
En Klein-Koos van der Merwe stoot 'n trollie my kabels en pype die klas binne. En Juffrou vra, nou wat is dit, Kosie. "n Hartlongmasjien Juffrou". "Wat jy waar kry?" "By my oupa".
"Nou het jou oupa niks gesê oor jy dit gevat het nie?"

"Nee Juffrou, Oupa het net gesê: Gggggggggggggghhhhhhhhhhh!!!!".

Wimpie van der Sandt said...

KOP

Hahaha! goie een dink jy moet my join in die oggende op my show!

Anonymous said...

Wimpie ek stem saam met jou oor die beste span wat nie speel nie. Dis vir my snaaks hoe min Blou bulle 'n mens nou van hoor.
Ek is bly om te sien jy is positief vir 'n slag ek hoop jy het 'n Grote die naweek.

Wimpie van der Sandt said...

Dankie morras jy is 'n ster!

Wimpie van der Sandt said...

RIAAN

Ja ek onthou jou nog...

en ek het geantwoord! Ek het gese ek het geen kommentaar nie!

Anonymous said...

Heehee...jy gaan dalk oor 'n paar jaar 'n baie embarrassed seun hê as hy hierdie blogpost lees ;)

Anonymous said...

Howzit Wimpie!
Nie net is jou show die beste nie, maar jou blog ook.
Keep it up!
Groete,
Morne Lesley